Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -29 minutes ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -41 minutes ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -14 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Daai veranderlikes in mens se lewe!

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

En so bly niks dieselfde nie!!

Mooi alles gereel vir so wegbrekie na Ponta Malangane en skielik draai alles op sy kop!

Petra se klein boet van Zimbabwe bel en reken hy verlang na ou sus en wil bitter graag kom kuier. Petra is gelukig in die opsig dat sy darem nog 'n broer het, arme ek is heeltemaal familie loos, arme weeskind sonder enige broers of susters wat nog leef. Baie mense vertel my dat Petra my familie is, maar sy is natuurlik aangetroude familie, anders sou dit bloedskande gewees het en ek gaan nie daarvoor nie!

Soos meeste hier seker weet is Zim 'n vrek arm land, die inwoners kan daar darem redelik 'n potjie krap, soos my swaer altyd vertel hulle eet pap en kyk. Dit werk so, jy plak 'n foto van 'n stuk steak teen die muur, dan kyk jy vir dit terwyl jy die droe pap afsluk. Anyhow, ek se toe vir Petra ons moet maar help dat die man kan kom kuier - nou ja............. hy land Sondag hier op Richards Bay lughawe en sal by ons bly vir 'n week, weg is trippie mosambiek toe. MAAR hierdie gaan lekerder wees, sien baie uit om weer 'n slag met die blikskottel te kuier, en ek glo dit sal Petra goed doen om weer kleinboet te kan druk?

Gisteraand laat bel my groot vriend van London af, hulle was nou vir drie maande daar, en het besluit hulle gaan daar bly, kom net terug om huis en karre en goed te verkoop dan is hulle weg, dus sal ons nou maar by Trevor en Elaine gaan kuier in plaas van 'n latere trip Mos. toe Trevor hulle bly in howick dus darem nie te ver om te ry nie?

My hart is seer, ek en Trev is al vir meer as 40 jaar boesem vriende, en die UK is bietjie ver om sommer net vinnig te gaan kuier.

Hulle is altwee nog steeds Britse burgers, sy kom eintlik van Malta af maar het nog altyd 'n Britse paspoort. Hulle het 'n dogter met Downs sindroom, [sy is een van 'n tweeling, en haar boetie is heel normaal] Kerrie is no 34 en sy het voltydse versorging nodig, Trev en Elaine is nou nog nie regtig oud nie - pas maar sewentig - maar hulle is bang as hulle oud raak gaan hulle sukkel met die versorging.

In die UK sorg die regering, hulle stuur elke dag 'n suster om na Kerrie om te sien en sou sy later vererger sit hulle haar daar in 'n tehuis - alles heeltemaal gratis! So ja ek kan dan seker nie kwaad wees vir die twee nie, hulle het seker 'n goeie rede om arme ekke alleen agter te laat met my aangetroude familie??

Darem is my twee kinders darem bloed  familie - so ek het darem ook so ietsie?

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 01/06/2017 - 16:51

So verander jul vakansie binne 'n vakansie nou sommer na twee vakansies binne 'n vakansie.  Om kleinboet daar te hê gaan sekerlik baie lekker wees en 'n kuier by goeie vriende net so lekker.   Dit wys net weer, ons maak planne maar dit werk nie altyd so uit nie.

Trevor en Elaine doen wat reg is vir Kerrie.   Ek haal my hoed af vir hulle, mag dit met hulle baie goed gaan.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 01/06/2017 - 20:55

Arie, so werk die lewe net ons,  wen soms, verloor soms.

Soms wens ek die see wil opdroog, dan hoef ek nie meer te sê my kinders is oorsee nie, net flippen ver.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 23/09/2017 - 07:12

Ek die draad nou gelees en moet ook se ja nou die dag het ek drie meisiekinders in huis gehad nou is twee reeds getroud en ander een amper klaar met matriek en bygese 5 kleinkinders ook  die lewe staan nie en wag hy beweeg

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 17/07/2018 - 19:39

Assurance betaal more uit ek gaan nie weer n nissan 1400 koop al is hy n staadmakker donderdag gaan ek en Berdien Boksburg/ Pretoria toe opsoek na wiele vir my ja ons staan op al gooi die lewe wat ook voor jou in

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus