Wie gaan waar kamp in Augustus & September ?
Wees net bedag met die pad,…
Wees net bedag met die pad, was nie laas mooi nie.
Ek wil dalk Letaba toe gaan ?
Ek het nou die ander dag 'n…
Ek het nou die ander dag 'n foto op fb gesien wat sy voete gekruis sit en oom Olie teen die draad. Soek daai foto want dit het my laat dink, al was die foto as ek reg onthou by Pafuri geneem.
Ons...........
Ons oorweeg dit om te gaan blomme kyk middel Augustus teen die weskus op, maar sal mettertyd eers kyk hoe lyk die blomme. Lekker reën gehad, maar die afgelope 10 dae het dit nie gereën nie en die voorspelling vir die volgende 10 dae lyk ook nie blink nie.
As die blomme-berigte vroeg in Augustus goed klink, gaan ons kamp by Leentjiesklip (naby Langebaan) en dan vandaar blomme gaan soek - vanaf die Weskus Nasionale Park (teenaan Langebaan) tot by Lambertsbaai.
Vir die res van die jaar het ons nog nie beplan nie en sal maar so op die ingewing van die oomblik 'n kort wegbrekie of twee maak. Ons het ook besluit om volgende jaar Februarie-maand se Hartenbos-kamp oor te slaan en so ook die Maart/April KKNK by Oudtshoorn. (Freda, ons moet ook maar sente omdraai !) En dan teen Mei 2019 is dit weer Kruger Wildtuin-tyd !
Augustus is ons nog bietjie…
Augustus is ons nog bietjie besig. September gaan ons beslis n week of 2 vat. Wou KNP toe gegaan het maar besluit om Marakele toe te gaan.
Ons taan Augustig vir tien…
Ons taan Augustig vir tien dae Natalia toe, Dassie het belowe hy gaan kon kuier.
Ja swaer, is swaar swaer, ons moet ook nou die sente omdraai, en druk dat die voëltjie se oë traan voor ons net kan uitgee.
Ons gaan langnaweek in Aug…
Ons gaan langnaweek in Aug by Bosveld Oase kamp saam my dogter en kleinkinders. My seun kamp by Dube aangesien hulle te laat wakker geskrik het met bespreking.
Johan ek hoop darem jy kry…
Johan ek hoop darem jy kry vir dassie te sien, dit sal nice wees ![]()
Anton, hy het gesê hy sal…
Anton, hy het gesê hy sal kom inloer, ek glo hy sal. Sien nogal regtig daarna uit om hom te ontmoed.
Die langnaweek in Augustes…
Die langnaweek in Augustes het ek `n bike trip Vaalwater Ellisras Alldays Makoppa Mussina Louis Trichard en terug. Slaap oor by vriende en kamp
September gaan ek Phalaborwa toe om vir vriende te kuier en van daar na die Eiland vir 10 dae.
Groetnis
ons kamp die naweek saam die…
ons kamp die naweek saam die klub dan einde augustis saam klub in tent en dan eers weer as die wa klaar is
Slegte nuus. Letaba is…
Slegte nuus. ![]()
Letaba is heentemal vol tussen 20 en 31 Augustus.
Dit is vir 11 nagte …
Dit is vir 11 nagte - 20 en 31 Augustus.
Ek het Dube se e-pos terug gekry en dit het vir my goed gelyk - R2,300.00
Volgende was Weesgerus maar die naweek tussen is vol
en ek skuif nie - R150.00 p/n.
Toe besluit ek om Eastco Magalies ook 'n kans te gee na ons op die Forum daarvan gepraat het, hulle e-pos sê :
More ons tarief is R100.00 per nag
Koste R100.00 x11 nagte
R1100.00
Neem kennis ons warm swembad is n verhitte swembad en is tussen 25 en 30 grade.
Ek besluit toe vanoggend ek sal dit dan maar vat.
Later sien ek op die gesig boekie dié ouens "RUST OORD - In The Heart Of the Bushveld" het ook so spesiale prys, R500 vir die week en R250 vir die naweek. Die web lyk nogals heel nice, hulle het glo laas jaar oop gemaak.
Sal hom maar op die lys sit vir 'n ander keer.
Hier behoort die kaart te wees ?
Ons gaan nie kamp nie, maar…
Ons gaan nie kamp nie, maar gaan vir ons ver kinders in Roemenië kuier. Vertrek 12 Aug en keer 16 Sep terug. Dan vertrek ons 29 Sep na Noord-Kaap en suide van Namibië vir 'n kort toertjie saam met Tzaneen-vriende na Augrabies, Kgalagadi en Lüderitz.
Ons haak eers weer 12 Des die wa vir 6 aande in Hartenbos (vir die kleinkinders se onthalwe) en dan in Maart vir 'n week by Oppi Dam, Oudtshoorn vir die duur van die KKNK.
Vanaf 5 Mei tot 14 Junie op oom Paul se plaas bespreek en hoop om plek te kry by Eiland Spa vanaf 15 Mei tot 16 Sep (besprekings open eers 1 Sep).
Ons mis vanjaar uit op kamp.
Chris, gaan ons n opvolg…
Chris, gaan ons n opvolg storie van Roemenië kry sodra jy terugkeer





Oom Willem...
Oom Willem ons wil graag Augustus gaan kamp maar ek moet nou eers elke sent omdraai en dan weer omdraai na Mei maand se goed. Ons wil graag voor einde Augustus by Onverwags wildsplaas gaan kamp, hulle het 'n winter aanbieding en 'n onder dak swembad.
My pa-hulle gaan nou die naweek van 3 Augustus daar kamp.