Kyk ek is nog lekker jonk so dit is beslis nie ouderdom nie, maar ek begin sukkel om goed te onthou.
Sit gister middag op die strand die natuur en bewonder. Stap daar so laaaang been godin met n baie skrapse bikini verby. Daai bikini is so klein ek glo sy kan dit in n vuurhoutjie boksie inpak.
Mense en is sy mooi en met n LYF wat skrik vir niks! Sy het bulte en duike op al die regte plekke, sulke lang blink sagte hare, n pragtige skepping.
Sit haar so en bekyk en kry toe die gevoel dat so visioen iets in .y moet wakker maak en selfs een of ander biologiese verandering in my lyf te maak. MAAR ek kan om die dood nie onthou wat nie, ai maar dit is nie maklik nie!
Arie,…
Arie,
Jy klink nou soos een van my afgetrede kollegas. Sy woorde:
"ek het altyd van vroumense gehou, kan net nie onthou hoekom nie." en ook:
" Ek was verlede week by die dokter en vertel hom die een oomblik onthou ek iets en net daarnaa vergeet ek daarvan'
Dokter: "Wanneer het dit begin?"
Sy antwoord:"Wanneer het wat begin?"
Raad daarvoor
Oom Arie daar is raad daarvoor.
Vra vir die dokter om vir oom pille voor te skryf... sulke bloues!
Raad daarvoor
Waarvoor is die bloues ?
Hulle is mos maas swak dié jaar ?
Ja Willem ek weetnie of die…
Ja Willem ek weetnie of die bloues iets sal beteken vir my nie -lyk my hulle "buig" hopeloos te maklik?
Spekkies sal seker beter weet hy is mos sterk op die bloues of hoe?
Het julle gehoor daar is 'n…
Het julle gehoor daar is 'n hele krat van die blou pilletjies gesteel by die verspreidingsmaatskappy? Die polisie soek nou na die geharde kriminele.
Julle is skerp op hierdie…
Julle is skerp op hierdie lekker wintersdag??
Ek hoor daar het gisteraand…
Ek hoor daar het gisteraand n vragmoter wat die blou pilletjies aflewer omgeslaan in Empangeni.
Blykbaar was die hele Empangeni op horings laasnag?





Jaaa, Arie, dit sal net jy…
Jaaa, Arie, dit sal net jy wees!
Jy meen "gone, but not forgotten" werk ook nie eers meer nie?