Hier is die 4 foto's wat gekies is deur Cadhouse om deur te gaan na die finaal.
Die 5 de foto moet deur anoniem gekies word en hier geplaas word.
Cadhouse foto's is gekies deur die Cadhouse staf. Dit is foto's waarvan hulle gehou het. Daar is nie noodwendig n onderwerp of riglyn waarvolgens hulle gekies is nie.
Foto's is nie in n spesifieke volgorde geplaas nie.
No 1
No 2

No 3

No 4

No 5

Ek seg nog steeds daar is…
Ek seg nog steeds daar is gekroek..... hoekom is die tafeldoek nie tussen die boonste 2 nie..... Die Borge probeer natuurlik weer iets wegsteek....![]()
Daar is maar altyd iets…
Daar is maar altyd iets onder in die kas wat daar moet bly. ![]()
Die paddatjie het gekies........
Hier vanuit 'n baie warm Shingwedzi sal ek graag Anton se statistieke deurmekaar gooi, hy sal nou sy spreadsheet moet aanpas.
Die paddatjie het gepraat en sy keuse nommer is 77.
Groete vanuit oom Paul se plaas. (Altyd lekker om hier te wees)
Naand Koos, geniet oom Paul…
Naand Koos, geniet oom Paul se tuin👍
Nou ja, die keuses is in, nou wag ons afgunstig om te sien wie is die gelukkigste van julle vyf👍
Al die nommers is gekies :
No. 1 WilSur (Willem) >>> 03
No. 2 Big G (Gerrit) >> 25
No 3 Voortrekker (Anton) 67
No. 4 Koos Mol (Koos) >> 77
No. 5 Sleep nou (Shawn) >> 66
Ek het nou net van die werk af gekom en gaan gou n dop drink en sal dan die wen nommer bekend maak.
Ek gaan ook nou 'n dop drink…
Ek gaan ook nou 'n dop drink, my senuwees kan dit nie meer hou nie ![]()
Sjoe, dis nou hopeloos te…
Sjoe, dis nou hopeloos te veel spanning die. Julle dryf my ook na drank toe! Ek wag nou net hier om te hoor wat die uitslag is....
Ok. Ek het gou vir my n dop…
Ok.
Ek het gou vir my n dop gegooi en n lekker warm hoeder kerrie geskep.
Wil eers weer mooi verduidelik hoe ons op die 'n "nommer" gekom het.
Voordat ek vir mense gevra het om nommers te gee, het ek eers vir n onafhanklikke persoon gevra om vir my n nommer te kies van 0 tot 100.
Die nommer is aan my verskaf en ek het dit aan anonien ook verskaf. Baie dankie vir anoniem se bydrae en saam speel. Asook die onafhanklike persoon vir sy hulp.
Die nommer wat gekies is, is ..................
69
Die nommer die naaste daar aan is die wenner.
M.a.w. dit is die…
M.a.w. dit is die Voortrekkerkamp by Tietiesbaai as ek reg verstaan?
Dit wil so voorkom. Baie…
Dit wil so voorkom. ![]()
Baie geluk Voortrekker.
Oom Arie se keuse met 69 was in die kol met die raai van die nommer.
Ek sal weer R 700.00 borg, maar julle moet kies hoe en wat.
Ek sal op die kantlyn sit en kyk. Dit is baie moeilik om n keuse te maak sonder om mense se gevoelens seer te maak.
Anton laat weet my wanneer jy reg is en wanneer jy wil kamp. As jy reg is, is ek ook reg.
Anoniem baie dankie vir jou bydrae en saam speel. Jy was "grate"
Baie dankie aan die borge…
Baie dankie aan die borge almal. Wat saam gespeel het. Dit het dit lekke gemaak om deel van die forum te wees.
Baie geluk aan die wenner.....
En dankie vir die R500.![]()
Baie dankie aan die Borge. …
Baie dankie aan die Borge. Lyk my hierdie kompetisie gaan nog lank loop? Ek gooi die R1000 terug innie pot saam met Cadhouse se volgende R700 wat vir ons dan 'n R1 700 prysgeld gee!
Daarshy, nou begin dinge…
Daarshy, nou begin dinge lekker raak? R2000 te wen tot die kampeerplek van jou keuse! ![]()
![]()
Dit gaan meer as net n…
Dit gaan meer as net n naweek wees.
Dalk n naweek met n midweek aangeheg. ![]()
Of iemand gaan 'n lekker…
Of iemand gaan 'n lekker afslag kry op sy Desember vakansietjie
![]()
WOW, Anton, eerstens baie…
WOW, Anton, eerstens baie geluk, en tweedens dit is baie nice van jou om so iets te doen.
Geluk Arie, jy kry twee fotos volgende keer, as ek reg onthou![]()
Mense, hierdie forum is so lekker, ek raak sommer van voor af lid hier.
Harry, jy is baie onbaatsigtig om soveel vir die forum te doen, ek glo dat een en almal dit waardeer.
Ek het later gisteraand, na hierdie inset, eers besef dat my woord "eerbaarlik" totaal verkeerd deur gekom het, dit was die laaste ding wat ek werklik bedoel het.
Daarom, dat ek vroeg kom reg stel het, en ook Anton om verskoning vra vir die verkeerdelike gebruik van daai oneerbaarlike woord.
Anton, ek is werklik jammer, ek voel jy of enige leser, sou daai stelling verkeerd kon vertolk, en bied my verskoning hier aan.





Ek haal my hoed af vir Harry…
En vir anoniem ook