Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -1 hour ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago

R1000 Kompetisie > Foto's deur na die finaal

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt
Submitted by Harry Du Randt on
Forums

Hier is die 4 foto's wat gekies is deur Cadhouse om deur te gaan na die finaal.

Die 5 de foto moet deur anoniem gekies word en hier geplaas word.

Cadhouse foto's is gekies deur die Cadhouse staf. Dit is foto's waarvan hulle gehou het. Daar is nie noodwendig n onderwerp of riglyn waarvolgens hulle gekies is nie.

Foto's is nie in n spesifieke volgorde geplaas nie.

No 1

Skelm foto

No 2

nr 2

No 3

Tietiesbaai

No 4

nr 4

No 5

pic

Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 03/09/2018 - 16:49

Ek seg nog steeds daar is gekroek.....  hoekom is die tafeldoek nie tussen die boonste 2 nie.....  Die Borge probeer natuurlik weer iets wegsteek....devil

0
Nelspruit
Profile picture for user Koos Mol

Koos Mol

Mon, 03/09/2018 - 18:09

Hier vanuit 'n baie warm Shingwedzi sal ek graag Anton se statistieke deurmekaar gooi, hy sal nou sy spreadsheet moet aanpas.

Die paddatjie het gepraat en sy keuse nommer is 77.

Groete vanuit oom Paul se plaas. (Altyd lekker om hier te wees)

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 03/09/2018 - 18:56

No. 1  WilSur (Willem) >>> 03

No. 2  Big G (Gerrit) >> 25

No 3  Voortrekker (Anton) 67

No. 4  Koos Mol (Koos) >> 77

No. 5  Sleep nou (Shawn) >> 66

Ek het nou net van die werk af gekom en gaan gou n dop drink en sal dan die wen nommer bekend maak.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 03/09/2018 - 19:15

Sjoe, dis nou hopeloos te veel spanning die.  Julle dryf my ook na drank toe!   Ek wag nou net hier om te hoor wat die uitslag is....

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 03/09/2018 - 19:30

Ok.

Ek het gou vir my n dop gegooi en n lekker warm hoeder kerrie geskep.

Wil eers weer mooi verduidelik hoe ons op die 'n "nommer" gekom het.

Voordat ek vir mense gevra het om nommers te gee, het ek eers vir n onafhanklikke persoon gevra om vir my n nommer te kies van 0 tot 100.

Die nommer is aan my verskaf en ek het dit aan anonien ook verskaf. Baie dankie vir anoniem se bydrae en saam speel.  Asook die onafhanklike persoon vir sy hulp.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 03/09/2018 - 20:12

Dit wil so voorkom. yes

Baie geluk Voortrekker.

Oom Arie se keuse met 69 was in die kol met die raai van die nommer.

Ek sal weer R 700.00 borg, maar julle moet kies hoe en wat. 

Ek sal op die kantlyn sit en kyk. Dit is baie moeilik om n keuse te maak sonder om mense se gevoelens seer te maak.

Anton laat weet my wanneer jy reg is en wanneer jy wil kamp. As jy reg is, is ek ook reg.

Anoniem baie dankie vir jou bydrae en saam speel. Jy was "grate"

 

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 03/09/2018 - 20:14

Baie dankie aan die borge almal. Wat saam gespeel het. Dit het dit lekke gemaak om deel van die forum te wees.

Baie geluk aan die wenner.....

 

En dankie vir die R500.devil

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 03/09/2018 - 20:29

Baie dankie aan die Borge.  Lyk my hierdie kompetisie gaan nog lank loop?   Ek gooi die R1000  terug innie pot saam met Cadhouse se volgende R700  wat vir ons dan  'n R1 700 prysgeld gee!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 03/09/2018 - 20:42

WOW, Anton, eerstens baie geluk, en tweedens dit is baie nice van jou om so iets te doen.

Geluk Arie, jy kry twee fotos volgende keer, as ek reg onthoudevil

Mense, hierdie forum is so lekker, ek raak sommer van voor af lid hier.

Harry, jy is baie onbaatsigtig om soveel vir die forum te doen, ek glo dat een en almal dit waardeer.

Ek het later gisteraand, na hierdie inset, eers besef dat my woord "eerbaarlik" totaal verkeerd deur gekom het, dit was die laaste ding wat ek werklik bedoel het.

Daarom, dat ek vroeg kom reg stel het, en ook Anton om verskoning vra vir die verkeerdelike gebruik van daai oneerbaarlike woord.

Anton, ek is werklik jammer, ek voel jy of enige leser, sou daai stelling verkeerd kon vertolk, en bied my verskoning hier aan.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus