6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -44 minutes ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -6 hours ago

VISVANG NABY VANDERBYJL PARK

BOKSBURG
Submitted by SHARK on
Forums

Dagse mense

Lank laas hier op die forum gewees

Ons het dinge wat ons moet doen die naweek van die 21ste tot die 24ste in Vanderbyjl park en will nie op en af ry nie.

ken iemand vielige visvang & kamp plek daar naby?

groete 

 

Vaalpark

Johann L

Mon, 10/09/2018 - 11:14

Shark, ek bly langs die Vaalrivier, Vaalpark, maar kan jou ongelukkig nie raad gee nie, ek hengel nielaugh

Vaaldam is ook nie ver van Vanderbijlpark af nie, so ook Erina Spa, maar ek dra geen kenneis van hul geriewe nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 10/09/2018 - 11:57

Wat van Malonjeni Game Farm of Koppiesol ?

Emerald Resort & Casino (016 982 8000), sien hulle het karavaan staanplekke ?  emeraldcasino.co.za

Ken ook nie kampe daar in die Suide nie.

Vaalpark

Johann L

Mon, 10/09/2018 - 12:41

Koppisol, so ver ek onthou, het nie visvangplek nie,en Malonjeni, glo ek ook nie?

Albei is goeie oorde, daar is ook Soetdoring in Vereeniging,weet ook nie van hengel daar nie.

Emerald resort, is op die oewer van die Vaal, daar behoort visvang geriewe te wees, en is in Vanderbijlpark (in Suid Wes van die dorp)👍 

Waar my wa staan

Arie

Mon, 10/09/2018 - 13:00

Shark!!!!! Ai man lekkerom weer van jou te hoor! Ek het al amper vergeet van jou, hoor so nou en dan van jou rugby spanetjie, maar ook nie veel nie.

Wou net groet, kan jou nie help met daai visvang storietjie nie.

Nou nie weer wegraak vir jare nie, gesels saam hier en begin 'n paar fights, my popcorn masjientjie is besig om op te roes!

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 10/09/2018 - 15:43

Mag ek vra wie is die langverlore Shark, wat almal so bly is om weer te sien?   'n Ou Wegsleper?  Popcorn?   Dalk familie van Speknek. wink

Welkom terug Shark.   Moet nou nie weer missing in action raak nie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus