Dagse mense
Lank laas hier op die forum gewees
Ons het dinge wat ons moet doen die naweek van die 21ste tot die 24ste in Vanderbyjl park en will nie op en af ry nie.
ken iemand vielige visvang & kamp plek daar naby?
groete
My aarde Shark! Val ek…
My aarde Shark! Val ek amper op my rug toe ek jou hier sien. Dit is lekker! ![]()
Ja wat was so biekie missing…
Ja wat was so biekie missing in action gewees, maar nou weer trug kan sien hoeveel mense ek kan omkrap hee hee
Shark lekke man
Eastco caravan park in Parys 0833792872 prober hulle
Shark, ek bly langs die…
Shark, ek bly langs die Vaalrivier, Vaalpark, maar kan jou ongelukkig nie raad gee nie, ek hengel nie![]()
Vaaldam is ook nie ver van Vanderbijlpark af nie, so ook Erina Spa, maar ek dra geen kenneis van hul geriewe nie.
Howzit Shark!! Wanneer maak…
Howzit Shark!!
Wanneer maak ons weer n kappie my ou maat?
Donderdag klink heel ok met…
Donderdag klink heel ok met my, se vir Elaine sy moet weer die wors en dipsousie maak!~
Wat van Malonjeni Game Farm…
Wat van Malonjeni Game Farm of Koppiesol ?
Emerald Resort & Casino (016 982 8000), sien hulle het karavaan staanplekke ? emeraldcasino.co.za
Ken ook nie kampe daar in die Suide nie.
Koppisol, so ver ek onthou,…
Koppisol, so ver ek onthou, het nie visvangplek nie,en Malonjeni, glo ek ook nie?
Albei is goeie oorde, daar is ook Soetdoring in Vereeniging,weet ook nie van hengel daar nie.
Emerald resort, is op die oewer van die Vaal, daar behoort visvang geriewe te wees, en is in Vanderbijlpark (in Suid Wes van die dorp)👍
Shark!!!!! Ai man lekkerom…
Shark!!!!! Ai man lekkerom weer van jou te hoor! Ek het al amper vergeet van jou, hoor so nou en dan van jou rugby spanetjie, maar ook nie veel nie.
Wou net groet, kan jou nie help met daai visvang storietjie nie.
Nou nie weer wegraak vir jare nie, gesels saam hier en begin 'n paar fights, my popcorn masjientjie is besig om op te roes!
sal so maak maar wil nie…
sal so maak maar wil nie verban word nie
Willie Weet als is nie hier…
Willie Weet als is nie hier nie, so hier word g'n mens [of dier] verban nie!!
Mag ek vra wie is die…
Mag ek vra wie is die langverlore Shark, wat almal so bly is om weer te sien? 'n Ou Wegsleper? Popcorn? Dalk familie van Speknek. ![]()
Welkom terug Shark. Moet nou nie weer missing in action raak nie.





(No subject)