Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -2 hours ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -3 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago

Eina kyk hoe lyk my sleepvoertuig!

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike
Submitted by Slowstrike on
Forums

Bakkie accident

Bakkie accident

Bakkie accident

Bakkie accident

En die ander voertuig.. 

Bakkie accident

Bakkie accident

Namens Slowstrike.

Arie:     Danie en Elise was laasweek Dinsdag op pad na hul lang verwagte breek by die eiland toe iemand by 'n kruising die stop straat skip en hulle tref!

Danie se sleutelbeen is op 4 plekke gebreek, gewrig versplinter, ribbes en borsbeen gebreek.

Elise gelukig net baie kneusplekke en gekraakte ribbes. Hulle is vandag ontslaan uit Tzaneen hospitaal.

Ai tog en so verander 'n mens se opgewondenheid in 'n oogwink, soos Danie se, dit is met genade van Bo dat hulle darem nog die storie kan vertel.

En ons sit hier in spanning en wag vir die fotos en stories oor Die Eiland.

Danie, Elise julle is in ons gebede, ek weet julle is nou op pad huis toe, en ek wil julle nie pla nie, maar ons vertrou dat jy baie vinnig die hele verhaal self hier kan vertel.

Sterkte my maters ons dink gereeld aan julle.

Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 28/09/2018 - 15:07

Eina!, dit is groot gesukkel/ongerief om weer reg te kry!

Sterkte.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 28/09/2018 - 15:24

Eina, dit is groot skade, maar niks in verlykiging met wat kon gebeur het nie.

Sterkte vir jou en Elize Danie, julle is in ons gebede.

Ek sien Danie is vol op sy deur getref, groot genade dat dit nie erger is nie!!!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 28/09/2018 - 16:15

Agge nee, ek is baie jammer om dit te hoor.   Al die breuke wat Slowstrike het moet seker deksels seer ook wees!    Sterkte met alles wat nou gesond moet word en herstel moet word.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 28/09/2018 - 17:20

Danie, dit is nie lekker om deur dit te getref te word nie. Sterkte vir julle twee. Ek glo en vertrou dat julle volkome sal genees. Ek dra julle twee aan die Vader op

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus