Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kampeerplek-foto's Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -54 seconds ago
Aaaa! Dankie Padlangs Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -46 minutes ago
Brandstof vergelyking Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof !!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Brandstof prys Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Brandstofheffing Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Koro-koro Dit was lekker!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

 

koro-koro safari lodge

Dit was baie lekker en baie mooi!   Kliek hierbo om die Artikel te lees.

More mede kampers

Dankie vir die bemoediging. Ek sal my ervaring, of is dit nou indrukke, hopenlik met foto volgende week deel.

Die "beste" spruit uit bolandse opvoeding, wat ek ingekry het saam met kaas en wyn tydens grootword en studeer in deesdae se DA-land.

Groete

Wessel

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 26/09/2018 - 09:13

Wessels, nee wat daai 'beste" is reg met my, net bly jy het nie begin met; "Liefste Arie" nie, dan het het gehol!!

En die 'pun" op "gehol" is bedoel.

0

Hello mede kampers

Ek was toe afgelope naweek by Koro Koro. Ek vermoed daar moet 2 wees, want wat ek op die internet gesien en wat ek ervaar het, is beslis nie dieselfde nie.

Ek is seker dat dit lowergroen mag wees in die middel of na die reentyd, maar tans, voor die somerreen is Haak  en steek 'n brandgevaar. Die veldgras staan heuphoogte kurkdroog en die erge winde skep 'n groot brandrisiko. Dan is dit so naby as 2 meter van jou staning. 

Koelte is daar weinig, want die bome is blaarloos en net reg vir brand. Ek het so draai gestap en daar is beslis nie juis enige voorsorg getref om 'n veldbrand te bestry nie. Ek het wel 'n brand-waterkar gesien, wat nie baie vertroue ingeboesem het nie. Ek het hele nag wakker gelê en besluit, as die brand kom, los ek die wa net daar en maak dat ek wegkom.

Nou 'n oningeligte vraag-- wat is die doel/idee van die gruisgat, soos 'n dubbelgraf sonder steen, in die middel van staanplekke. Staan mens op die ding, langs die ding en wat se voordele hou dit in. Twee ouerige mense sukkel om wa bo-op te kry, as mens nie met voertuig dit daar kan trek/stoot nie.

Ek was beslis verkeerdelik onder die indruk dat mens tussen wild kamp, waar mens kan stap/ry, maar dit is ook nie 100% korrek nie.

Ek sal moet hand in eie boesem steek en mooi besin---wat verwag ek  van 'n kampplek in terme van vermaak en aktiwiteite. Seker maar die tekens van ouderdom.

Die plek was so vaal, ek het nie eers kamera uit sy sak gehaal nie.

Groete

Wessel  

 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 01/10/2018 - 11:21

Wessels baie dankie vir jou terugvoering en ervaring se deel.   

Ek dink nogal aan dieselfde omdat ek komende naweek net so 'n entjie die pad af kaan kamp by 'n ander kampplek en my groot vraag / wonder is hoe dit daar gaan lyk gedurende die tyd van die jaar net voor enige reën geval het!   Ek verwag ook droog en koelteloos frown en sal maar moet sien.

Ons was by Koro-koro, en die aangehegde artikel, tydens 'n tyd wat dit vreeslik baie gereën het.  Ons moes eintlik 'n naweek vroeër daar gaan kamp het, maar het 'n week uitgestel asgevolg van die baie water.   Ek kan dus goed verstaan dat jou en ons ondervinding heeltemaal anders moes gewees het wat groenigheid en skadu bome aanbetref. 

0

Middag mede kampers

 

Julle moet asb onthou dat ek niemand verkwalik nie, my verwysing na die "internet" was na Koro Koro se eie webblad, en nie wat julle hier geskryf/vertoon het nie.

Groete

Wessel

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 10/09/2020 - 06:45

Ek sien vanoggend op FB Koro-Koro maak toe.

Einde van ons tyd by Koro-Koro het aangebreek......

As gevolg van ‘n grond-eis, het die Staat hierdie eiendom gekoop.

Met onderhandelinge was dit nie duidelik wat van die plek gaan word nie.

Aan al ons ondersteuners van die afgelope 6 jaar wil ons baie dankie sê. Baie het vriende geword en ons gaan beslis almal se geselskap mis.

Ons afsny-datum is 12 Oktober 2020.

Daan & Anneke

0

More Anton en ander

Dis jammer om te hoor. Ek wonder net skielik hoeveel plekke om Koro Koro het ook in die slag gebly!! Staat sal nie net hulle uitgekoop het nie. 

Dalk het die eis al lank gebroei, en daarom die min aandag en verbeteringe.  tog is dit 'n gatslag.

Groete

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 17/09/2020 - 07:28

Het weer in kontak gekom eienaar van Koro Koro sy is baie hartseer oor die verwekelinge maar aanvaar sy en haar man moet aanbeweeg

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 12/12/2020 - 11:35

Ook net gesien, maar weet nie wie die nuwe eienaar is nie.

0
Pretoria

Geert

Sun, 13/12/2020 - 07:06

As staat grond ontein het, sal dit seker onder hulle bestuur wees? ....weet nie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus