Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -1 hour ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -1 hour ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -1 hour ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -2 hours ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago

Luuks versus spartaans

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Hello alle kampers

As ek so kyk na fotos van julle kampe en staanplekke, is dit duidelik dat meestal in "luukse" gekamp word. Allerhande goed word saamgesleep, opgeslaan om lewe te vergemaklik. Inderdaad is daar niks mee verkeerd nie, maar ek wonder;

1] waar pak julle alles. Dit voel vir my dat selfs my dubbelkajuit trokkie te klein is, en ek kamp nie met soveel ondersteuning toerusting nie.

2] hoe lank neem dit inbeslag met kamp staanmaak en weer afbreek en wegpak vir terugrit. Is daar tyd oor in 'n naweek vir ontspan.

die wat kamp moet dit geniet en mag die weer saamspeel.

Wessel

 

Secunda

Sleep nou

Fri, 05/10/2018 - 09:16

Wessels toe ek en Berdien begin kamp het het ons leterlik die huis saam gevat maar met tyd soos jy kamp leer jy wat nodig is en nie ja ons almal kamp op ons unieke manier ek self kamp met net die nodige maar een ding staan uit kamp sal ons kamp

0

Stoele, tafels, gazebo, latte se tent, kleure, kos, drinkgoed en yskasgoed reeds gepak in die kereven.

Agter op bakkie - fietse, braaigereedskap, grondseile en hout.

Slegs die Howling Moon afdak vas aan die kereven word uitgetrek en word die dak, gazebo onder ons bed vir incase daar geen koelte is nie en daar kamp ons!

0
Meyerton

Segekok

Fri, 05/10/2018 - 10:23

Dit hang af vir hoe lank ons gaan kamp en waar.  

As dit met die wa is net die stoep tent word staan gemaak stoele uitgehaal en n klein tafel. Kombuis gebruik ons die een wat in die bakkie is. Dit is die maklikste en die minste werk. Slaan op in onder 20 min.

Met die daktent en die bakkie.  ( Het gister n tyd toets gedoen vir die afslaan en reg om te ry in ongeveer 6 min.ek was aleen as Hel1 by is sal dit seker langer vat. 

As ons met die tent en trailer gaan neem dit bietjie langer kan seker nie meer as n uur wees nie, dit met die groot tent.  ( Ons kamp gewoonlik baie lig )  Kombuis is weer eens die een in die bakkie.

Soos Shaun gesê het elkeen op sy eie manier.  Maar die waar, waarmee , hoelank en die weer speel beslis n rol 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 05/10/2018 - 11:13

Ons probeer baie hard om met elke kamp steeds minder te vat as die vorige een.  Iets wat jy dalk net een of twee keer gebruik het, word by die huis gelos en jy kom dan sonder dit klaar.   Onder ons bed is ons kampmeubels:   4 tafels en elkeen van hulle het 'n doel, 3 stoele, 3 TV trays en skottelgoedwas "stand".   Ons het net 'n 2 plaat gasstofie, anders kook ons op die kole.  Nikse verdere gadgets.  Die tente en ysmaker gaan in die voertuig.   Binne in die karavaan moet alles in 'n kas inpas.   Ons kan eintlik nie meer sny op wat ons saamvat nie.   Ek het al mense gesien wat met net een tafel en 2 stoele onder hul afdak kamp.   Ek wens soms ons kan dit regkry.

0
Centurion

Dusty

Fri, 05/10/2018 - 13:03

een tafel en 2 stoele onder hul afdak kamp

 Freda, ons vat gewoonlik net een tafel (dubbel tafel - een bo en een onder mekaar) en 'n smal ene vir die ketel en 2 plaat stofie wanneer ons lank kamp

Dan ook die ralle en extra rally met 3 kante.

Tafel 4

Tafel 5

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 05/10/2018 - 14:23

Spekkies, jy is heeltemal reg.  Ons wil darem een spaar stoel hê.  Een staan permanent buite op die stoep met een van die tafels.   As daar twee mense kom gesels, dan gee ek my stoel vir die een en ek sit op die deur se trappie, het mos maar kort bene.yes   Genooide mense wat kom kuier, word aangesê om stoele saam te bring.   Die een TV tray is vir my laptop, dan hoef ek hom nie rond te skuif nie.  Dassie, die ander 3 tafels is een vir die TV, een vir die stofie en waar ek kook en die ander tafel vir die mikrogolfoond en waar ons kos neersit en opskep.   Onder die tafel met die stofie, het ek 'n trommel met die potte in, sommer naby.   Alles mooi uitgewerk.laugh  So tafeltjie, soos jy daar het met die stofie op, sal lekker werk.  Ek sal dan my potte op die onderste rak bêre.  Een voordeel van die trommel, die potte bly stofloos.

0

Ons slaan rally tent op sit 1 tafel uit 4 stoele en dit is dit. as ek lank staan of daar nie gras nie gooi ek grondseil. Kinders slaan hulle eie tent op. As ek lank staan sal ek 2de tafel saamry en exstra yskas

0

Hello Ski

As ek so na foto kyk, wonder ek--waar is die plek waar julle op so 'n uitgestrekte grasperk staan.

Dan lei ek ok af dat kampgoed agter op trokkie vervoer word. Ek verstom my dat mede kampers wat in luukse kamp , en met sedan of SUV sleep alles gepak kry.

Ek moet dalk vir inpak lesse gaan.

Wessel 

 

0
Meyerton

Segekok

Wed, 10/10/2018 - 16:09

Riaan.  Daar is niks windgat aan die kombuis nie.  Ek sal so n paar fotos neem die naweek as ons gaan kamp  en dit dan hier vir jou plaas.   

Dit is sommer  n selfgeboude klomp goed wat saam geflans is.  

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus