Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bome omwaai November 2026 Geert -4 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -17 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -18 hours ago
Hael November 2026 Geert -18 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -18 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -23 hours ago

Wat is 'n meatball in afrikaans?

Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel
Submitted by GeesWatWandel on

So week terug kuier ons by my skoonsuster en sy begin toe die interesante gesprek.

Aan tafel vra sy vir ons. Wat is n meatball in afrikaans? Die antwoord was vinnig frikadel.

Sy sê toe nee, dit is 'n vleisballetjie en dat 'n frikadel 'n vleisballetjie is wat volgens afrikaanse kultuur/resep gaar gemaak word?

Hey, ek watch julle! Baie maklik om die twee te onderskei. Nou die dag loop oom Frikadel in die tuin en sien nie dat Sam die yster hark daar laat lê het nie. Sam is my tuinier. Ewentwel, hy loop nog so en trap op daai hark se tanne en daai steel skiet op, baie sekuur en trek die Frikadel senter Mr Venter tussen die bene. Die meegaande pyn met die slag op die vleisbal laat trane skiet in die oge van Frikadel. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 14/10/2018 - 15:21

Arie - Ek het aanvaar dit is die rede vir jou spelling.

Maar gou 'n vragie aan jou: Hoe spreek jy Arie uit? Asof met 2 of 1 "r"? Sommer net nuuskierig.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 14/10/2018 - 15:40

Chris, soos met een 'R", maw 'n lang a klank.

Die Nederlanders is van nature maar lui mense, en as jy name soek vir 'n kind dan vat jy die maklikste pad. Jy sal baie kaaskoppe kry wat in Januarie of Februarie gebore is neem die ouers maar net die laaste vier letters van die maand en dis jou naam. Vir 'n dogter pas hulle dit so effens aan, Marie, Adrie, Arien of so.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 14/10/2018 - 15:45

Ons kaap die Skim se draad nou vreeslik, maar ek ken hom - hy is gewoonlik min gestoor?

Sit nou lekker lui hier oppie stoep, regtig 'n trietsige dag, bietjie reen, bietjie wind maar geen son.

Ek het tot 'n langbroek aan vandag, die pastoor het spesiaal vanmore melding gemaak tydens die diens van my wat 'n langbroek aan het!

Sit hier met 'n lekker glas OBS en 'n bord met verskilende soorte kaas blokkies, cocktail worsies met hot English mosterd, warm aspersies met bottersous oor, en dill agurkies.

lekker verveeld sit ek so en sluk, sluk en proe, proe.

Sien g'n mens innie kamp nie en dit is doodstil.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 14/10/2018 - 15:57

Petra het 'n lekker skaapboud innie oond met aartappels, sal so half sewe klaar wees, my gunsteling kos!

En dan more oggend oorskiet boud op toebrooidjie met mosterd!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 14/10/2018 - 16:48

Julle praat my nou honger hier, ek vrek oor gebraaide wors, maar eers die volgende oggend. Wat die rede is, weet ek nie, maar wors is eers more lekker.

Ja, frikkadel is die korrekte Afrikaans soos Chris noem, vleisballetjie is nie 'n erkende Afrikaanse woord nie?

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 14/10/2018 - 17:26

Miskien moet ek oom frik liewer vleisballe noem in plaas van vleisballetjies?

Hy het immers 'n pragtige dogter en twee ysters gebou??

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus