So week terug kuier ons by my skoonsuster en sy begin toe die interesante gesprek.
Aan tafel vra sy vir ons. Wat is n meatball in afrikaans? Die antwoord was vinnig frikadel.
Sy sê toe nee, dit is 'n vleisballetjie en dat 'n frikadel 'n vleisballetjie is wat volgens afrikaanse kultuur/resep gaar gemaak word?
'n "Meat ball" is 'n…
'n "Meat ball" is 'n frikkadel (gespel met 2 "f's"). Enige tweetalige Afr/Eng woordeboek dui dit só aan.
Die Afrikaanse naam het sy…
Die Afrikaanse naam het sy oorsprong van die Franse "fricadelle" - wat "meat ball" beteken.
Hey, ek watch julle! Baie…
Hey, ek watch julle! Baie maklik om die twee te onderskei. Nou die dag loop oom Frikadel in die tuin en sien nie dat Sam die yster hark daar laat lê het nie. Sam is my tuinier. Ewentwel, hy loop nog so en trap op daai hark se tanne en daai steel skiet op, baie sekuur en trek die Frikadel senter Mr Venter tussen die bene. Die meegaande pyn met die slag op die vleisbal laat trane skiet in die oge van Frikadel.
Chris, ja ek het met een "F"…
Chris, ja ek het met een "F" gespel want dit is hoe oom Frikadel sy skuilnaam spel.
Dankie oom Chris, wens ek…
Dankie oom Chris, wens ek het daai kennis daai dag gehad. LOL, ook oom Frikadel se weergawe. 😂😂😂
Skuilnaam, ek like daai een…
Skuilnaam, ek like daai een Arie. Voel nou soos Terrie van melewe wat altyd in die Beeld koerant weggekruip het!!
Arie - Ek het aanvaar dit is…
Arie - Ek het aanvaar dit is die rede vir jou spelling.
Maar gou 'n vragie aan jou: Hoe spreek jy Arie uit? Asof met 2 of 1 "r"? Sommer net nuuskierig.
Chris, soos met een 'R", maw…
Chris, soos met een 'R", maw 'n lang a klank.
Die Nederlanders is van nature maar lui mense, en as jy name soek vir 'n kind dan vat jy die maklikste pad. Jy sal baie kaaskoppe kry wat in Januarie of Februarie gebore is neem die ouers maar net die laaste vier letters van die maand en dis jou naam. Vir 'n dogter pas hulle dit so effens aan, Marie, Adrie, Arien of so.
Ons kaap die Skim se draad…
Ons kaap die Skim se draad nou vreeslik, maar ek ken hom - hy is gewoonlik min gestoor?
Sit nou lekker lui hier oppie stoep, regtig 'n trietsige dag, bietjie reen, bietjie wind maar geen son.
Ek het tot 'n langbroek aan vandag, die pastoor het spesiaal vanmore melding gemaak tydens die diens van my wat 'n langbroek aan het!
Sit hier met 'n lekker glas OBS en 'n bord met verskilende soorte kaas blokkies, cocktail worsies met hot English mosterd, warm aspersies met bottersous oor, en dill agurkies.
lekker verveeld sit ek so en sluk, sluk en proe, proe.
Sien g'n mens innie kamp nie en dit is doodstil.
Petra het 'n lekker…
Petra het 'n lekker skaapboud innie oond met aartappels, sal so half sewe klaar wees, my gunsteling kos!
En dan more oggend oorskiet boud op toebrooidjie met mosterd!
Nou water my mond, ons het…
Nou water my mond, ons het gister lekker gebraai en peusel peusel heeldag so aan die oorskiet.
Julle praat my nou honger…
Julle praat my nou honger hier, ek vrek oor gebraaide wors, maar eers die volgende oggend. Wat die rede is, weet ek nie, maar wors is eers more lekker.
Ja, frikkadel is die korrekte Afrikaans soos Chris noem, vleisballetjie is nie 'n erkende Afrikaanse woord nie?
Miskien moet ek oom frik…
Miskien moet ek oom frik liewer vleisballe noem in plaas van vleisballetjies?
Hy het immers 'n pragtige dogter en twee ysters gebou??





Gesie, nou hoekom dink jy…
Gesie, nou hoekom dink jy noem oom Frikadel, Vleisballetjies?