Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -18 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -19 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -20 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -20 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -20 hours ago

Maandag is hy myne, myne, myne.

Tussen hemel en hêl
Submitted by GeesWatWandel on
Forums

Maandag is payday vir die gesie. Ja ons eet maar droe brood en water die naweek en rook die hondedrolle.

Maar kom Maandag, gaan die laaste paaiement vir die bakkie af en hy is hy myne, myne,myne en nie meer die bank sin nie.

Kan nie wag om die bank te bel en te se stuur asseblief die papiere, wil hom op my naam sit.

Volgende maand gaan ek n oulike verhoging op my salaris he asgevolg van hy is myne,myne,myne,myne.

Jiiiiipppppeeeeee!

😀😀😀😀😀😀

Waar my wa staan

Arie

Sun, 14/10/2018 - 16:06

In my jong dage toe ons nog met pennies en shillings gewerk het en ook met myle en jaarts, voete en duime, het al die slim manne gereken jy vervang 'n kar as dit 100,000 myl op die klok het.

Toe ons  oorgaan na die metrieke stelsel toe verander hulle daai 100,000 myl sommer na 100,000 kilos??

Tegnologie, smeermiddels, ens het intussen ook al baie verbeter, persoonlik glo ek dat meeste voertuie vandag kan met bietjie liefde en aandag maklik 500,000 kilos maak?

 

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 14/10/2018 - 16:53

Gesie, ek was besonder gelukkig met die waarborg, Kia het binne 'n jaar na dit hul waarborge na 5 jaar, of 100 00 Km verander.

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 14/10/2018 - 17:01

Sit nou al so rukkie en wonder, sou die Ford vervang moet word wat kry ek met 'n Tarra van 2100kg wat nie my in die 💩 gaan sit op my lekker ouderdom nie ?

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 14/10/2018 - 17:54

Ek glo ook voertuig moet sy dienste kry.

My HiLux laas week gevat vir sy 90,000 diens (al was dit 1000 km voor sy tyd)

90,000 km diens by Toyota agente was R 1340,00 en sy 80,000 km diens was R 1405,00. Was verbaas met die prys. Daar sal seker diense wees wat baie meer gaan kos.

Ruitveers en remme nog soos ek hom gekoop het 12 jaar terug. Al wat ek in die tyd geruil het was Bande op 81,000 km en battery na 8 jaar.

0

Kom nou ou Gees, jy is mos nou al gewoont aan daai paaiement en jy het self vir ons nou die dag kom vertel hom mooi daai nuwe Navara is.  Maak jou oë toe en dan dink jy hoe mooi daai nuwe lorrie in jou driveway gaan lyk.   

Kom, jy is dit aanjouself verskuldig, jy werk hard hoekom kan jy jouself nie bietjie bederf met nuwe wiele nie. As jy dit dan nie vir jouself wil doen nie, doen dit vir die vrou en kindertjieswink

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 15/10/2018 - 08:03

Gees, moenie jou aan Spek steur nie!!   Stuur vir hom ook 'n paar mieliestronke.laugh

Dis Maandag vandag, Gees.   Ons skink vanaand 'n glasie op jou.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 15/10/2018 - 10:58

Sê sommer op hoeveel ouens moet ons 'n glasie skink, dan skink ons vir elkeen een.   Kan nogal in 'n jollie party verander.   Môreaand kan julle een op my en Uncle skink.yes

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 15/10/2018 - 11:49

Voories, ons het bespreek vir 30 nagte.   Tussenin moet ons hof toe kom en Uncle het 'n doktersafspraak, so ons hoop die mense los ons in vrede dat ons heeltyd kan bly.   Ek is klaar gepak, gister al.   Uncle pak tans die voertuig en moet nog sy klere pak.   Nou kan ek sien hoekom word ons vrouens gadgets genoem.wink

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 15/10/2018 - 11:55

Antie, Petra pak maar altyd my klere, as ek pak is dit net 'n tanneborsel, die sit ek sommer in my hempsak.

Baie mense vra nou wat van skoon onderklere, kyk mens kan 'n onnie 4 keer drae, jy moet dit net omdraai en dan omdop, na 4 dae gaan ek sommer "comando".

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 15/10/2018 - 12:23

Arie, hierdie mannetjie van my doen sulke dinge self.   Sal nooit werk as ek dit doen nie.   Hy is vol fiemies met sy  pakkery.   Hy weet presies wat hy wil saamvat en hoe dit gepak moet word.   By die huis ook, hy pak self sy klere weg in sy klerekaste.   Sy kaste is so netjies, ek jok nie, sulke netjiese hopies en dit word nooit deurmekaar nie.    Baie netjieser as myne! laugh  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus