Jy was jou gesig met 'n ander ou se waslap - Dit is soos om met 'n ander ou se osse te ploeg -
Hy is fyngelap - netjies aangetrek -
Elke donkiemerrie dink haar vul is 'n reisiesperd - elke ma dink haar kind is die beste -
Wind sny vir iemand - om behulpsaam te wees -
Afval wat vleis word en dink dit is rugstring - 'n arm persoon wat ryk trou en homself dan belangrik voordoen -
Kop vol tande, bek vol bril - Hy dink nie voor hy praat nie -
Hy is soos 'n satelliet sonder sein - Iemand wat kan hoor, maar nie kan luister nie -
Maak vir jou vriende vir die jongste dag - om vriende te maak wat jou sal bystaan deur dik en dun -
Om lakens uit te deel - om baas te speel in die huis -
Iemand wat op droe grond visvang - iemand wat sy bes probeer om 'n geheim te wete te kom -
Kriekspring - lynreg van mening verander -
Ons wag vir nog (-:
Daai fyngelap, klink vir my…
Daai fyngelap, klink vir my eerder na iemand wat lekker getrek is. 😁😁
Aah Gesie, 'n nuwe kampforum…
Aah Gesie, 'n nuwe kampforum gesegde? Hy is "lekkergelap"
Sy het so baie plooie, sy…
Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!
Hy is so skelm, hy bid onder ‘ n skuilnaam
Ek is nou so lui my hol hang…
Ek is nou so lui my hol hang oop! ![]()
![]()
Jy’s so skeel jy kyk jouself diep in die oë!
Hy is so kort hy slaan tot…
Hy is so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
Hy is so skeel, as hy huil…
Hy is so skeel, as hy huil loop die trane by sy rug af.
Hy is atleties gebou : lyk soos 'n rolbal.
Ek is baie atleties gebou: lyk soos 'n spies.
Hy het 'n kop soos 'n diskus, nie so rond nie, maar so plat (nie baie slim nie)
Hy is so kort, as hy by die…
Hy is so kort, as hy by die sypaatjie af klim, stamp sy boude deur.
Hy is 'n Stof poepper, want…
Hy is 'n Stof poepper, want hy is so kort.
Hy is so kort, wanneer hy…
Hy is so kort, wanneer hy oor die teerpad loop stamp sy boude op die witstreep
‘My vrou is so lelik, as sy…
‘My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toe krap..’ (n.v.t) ![]()
‘Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!’
‘As jy lyk soos jou paspoort…
‘As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy ‘n reis nodig.’
‘As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag.’
‘Ondervinding is iets wat jy…
‘Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het.’
‘Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.’
Vroeg ryp, vroeg vrot. Ek…
Vroeg ryp, vroeg vrot.
Ek word nou eers ryp ![]()
Spyt is n baie goeie ding…
Spyt is n baie goeie ding net jammer dit kom te laat





Ek hou van nr 2. Gesie was…
Ek hou van nr 2. Gesie was gister fyngelap
