Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Skerp! November 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Tax free savings account November 2026 Geert -14 hours ago
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -1 day ago

Gesegdes en Uitdrukkings

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on

Jy was jou gesig met 'n ander ou se waslap - Dit is soos om met 'n ander ou se osse te ploeg - 


Hy is fyngelap - netjies aangetrek -


Elke donkiemerrie dink haar vul is 'n reisiesperd - elke ma dink haar kind is die beste -


Wind sny vir iemand - om behulpsaam te wees -


Afval wat vleis word en dink dit is rugstring - 'n arm persoon wat ryk trou en homself dan belangrik voordoen -


Kop vol tande, bek vol bril - Hy dink nie voor hy praat nie -


Hy is soos 'n satelliet sonder sein - Iemand wat kan hoor, maar nie kan luister nie - 


Maak vir jou vriende vir die jongste dag - om vriende te maak wat jou sal bystaan deur dik en dun -


Om lakens uit te deel - om baas te speel in die huis -


Iemand wat op droe grond visvang - iemand wat sy bes probeer om 'n geheim te wete te kom -


Kriekspring - lynreg van mening verander -
 

Dankie Petra     afrikaanse forum

Ons wag vir nog (-:

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 31/08/2020 - 11:50

Hierdié van Chris gekry wink

 

Ouderdom is soos `n steeks donkie. Hy briek jou. Jý wil, maar jou bene steek vas. Viervoet vat hy jou vloer toe. Loopraam toe. Soos `n kind. Só stroop hy jou selfvertroue. Gister se bravade maak plek vir vandag se bang.

Ouderdom steel. Jou onafhanklikheid. Jou karsleutels. Jou lisensie...Hy lewer jou oor. Aan ander se genade. Hy maak jou sag. Weerloos. En eensaam. Hy laat jou huil. Sommer oor niks. Sommer oor alles.

Die ouderdom is `n wetter. Met `n hoofletter!

Hy ruk jou uit jou huis uit. Ontvoer jou. Teen jou wil. Huis Herfsblaar toe. Waar Matrone jou baas is. Huisreëls jou bind. Styf. Vas. Met oumenstoue. Waarvoor jy `n helse prys betaal. Letterlik. Terwyl jy Genadebrood moet eet...En perdesalf op ou spiere se seer smeer.

Ouderdom druk jou smaakkliere toe. Jy verloor jou proe. Hy vat jou eetlus weg. Jou energie. Hy breek jou spoed.

Maar ouderdom leer jou ook geduld, want die kinders kom kuier op húlle tyd.

Ouderdom laat jou spog. Te veel. Oor die kleinkinders. Wat jou siel lawe!

Saam met die jare se grysheid, kom daar darem ook `n bietjie wysheid. En diepe dankbaarheid. Vir gespaarde jare uit Sy hand uit.

Maar dan. Later. Raak jý stadig maar seker weer kind. Moet jy gewoond raak aan die alewige verkleinwoordjies... En om na jou kinders te luister!

Geskryf deur Barney Louw

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 22/09/2020 - 07:47

Op fb gekry.

  • If you are skinny, you are on drugs.
  • If you are fat, you need to lose weight.
  • If you smoke weed you’re a druggie.
  • If you drink, you are an alcoholic.
  • If you get dress up, you are conceited.
  • If you dress down, you’ve let yourself go.
  • If you speak your mind, you are rude.
  • If you don’t say anything, you are snobbish.
  • If you are sociable, you’re a party animal.
  • If you stay to yourself, you are detached. 

 

You can’t do anything without being criticized. We live in a society where people can’t survive if they are not judging the next person. Let’s build each other up. We are all the best we can, in the same game called life. ❤

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus