Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bome omwaai November 2026 Geert -3 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -16 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -17 hours ago
Hael November 2026 Geert -17 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -17 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -22 hours ago

Gesegdes en Uitdrukkings

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on

Jy was jou gesig met 'n ander ou se waslap - Dit is soos om met 'n ander ou se osse te ploeg - 


Hy is fyngelap - netjies aangetrek -


Elke donkiemerrie dink haar vul is 'n reisiesperd - elke ma dink haar kind is die beste -


Wind sny vir iemand - om behulpsaam te wees -


Afval wat vleis word en dink dit is rugstring - 'n arm persoon wat ryk trou en homself dan belangrik voordoen -


Kop vol tande, bek vol bril - Hy dink nie voor hy praat nie -


Hy is soos 'n satelliet sonder sein - Iemand wat kan hoor, maar nie kan luister nie - 


Maak vir jou vriende vir die jongste dag - om vriende te maak wat jou sal bystaan deur dik en dun -


Om lakens uit te deel - om baas te speel in die huis -


Iemand wat op droe grond visvang - iemand wat sy bes probeer om 'n geheim te wete te kom -


Kriekspring - lynreg van mening verander -
 

Dankie Petra     afrikaanse forum

Ons wag vir nog (-:

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 25/10/2018 - 21:30

Hy is so skeel, as hy huil loop die trane by sy rug af. 

Hy is atleties gebou : lyk soos 'n rolbal.

Ek is baie atleties gebou: lyk soos 'n spies.

Hy het 'n kop soos 'n diskus, nie so rond nie, maar so plat  (nie baie slim nie)

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 26/10/2018 - 08:37

More kampers

In die goeie ou Kaap het ond die sêding vir 'n dronke;

" sy gat stamp"

Bloot afkomstig van die manier van loop.

Groete

Wessel [kapenaar van geboorte]

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus