Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -1 hour ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -1 hour ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Montagu Oktober 2026 saam gesels maurits1 -2 hours ago
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -3 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 05/12/2018 - 14:26

Die saak werk mos eintlik so: As die baas weg is, soos in land uit is, dan mag mens so lekker stout wees:

Laat ek begin deer die eerste vloekwoord te los:

MOER.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 05/12/2018 - 14:42

Ai tog Gees, net toe my mond begin water, toe kry ek skielik so bitter smaak?

Wag laat ek forum los, ek het werk wat wag!!!??? Kersfees is naby en dan wil ek nie werk nie!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 05/12/2018 - 15:08

Gees, is jy nou op die breë pad?   Voories beter gou terugkom.    Weet ook nie van wanneer af wag jy vir die baas om weg te wees om stout te raak nie.  Jy is altyd verdomp stout!!

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 05/12/2018 - 15:22

Dit is vandat ek met oom Arie deurmekaar geraak het op die forum. Hoe verlang ek na die "days of innocence." Toe gebeur oom Arie!

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 06/12/2018 - 05:06

More forum lede julle moet n gatskop dag he sien ou gesie is op sy stukke laat loop mrt die koffie

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 06/12/2018 - 05:58

Arie, lyk my jy ly aan staarsiekte nog voor jy gaan lê het.   Wat sit en doen jy tot half drie in die oggend?  Ek hoop nie jy vang kattekwaad aan nie.

Die week loop alweer uit.   Mag julle Donderdag bedonderdag goed wees.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 06/12/2018 - 06:20

Goeie more almal geniet julle dag, dit is effens bewolk vandag, net dalk kry ons bietjie verligting.

Dankie vir die koffie, lekker gesmaak vanoggend.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 06/12/2018 - 07:05

Julle moet n wonderlike dag beleef.

Ek het n nuwe groot dubbel deur vertoon yskas gekoop in Parys en moet hom vandag gaan haal. Weeg meer as 200kg. Dit gaan nogaal n ding wees om hom te hanteer en op sy plek te kry.

Dit gaan Yvonne baie help met die "catering". Die enkel deur een wat ons so twee jaar terug gekoop, het al meer as R 7000 gekos in die tyd aan regmaak. 

Hoop die een se 2 jaar waarborg help.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus