Goeie more medekampers.
Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking
Geniet die dag tenvolle
Hehe, ek kry julle klein…
Hehe, ek kry julle klein bietjie jammer![]()
ons moet nog werk tot 14 Desember
Ek ook!
Julle beurt kom, dan lag julle weer vir ons wat Desembers die tuin roete doen, 15 dae in die voor tuin, en 15 dae in die agter tuin, ons ry natuurlik met jan tuis bly se tjor
Ek moet nog sien tot waneer…
Ek moet nog sien tot waneer ek werk?
Ek is terug in SA. Sit nou…
Ek is terug in SA. Sit nou oppie Gautrain oppad Centurion stasie toe. Is lekker honger en lus vir koffie ![]()
Oom Johann...
Oom Johann ons doen ook die tuinroete en as ons moeg is vir die tuinroete, sal ons die wynroete aanpak. ![]()
Welkom terug Anton
Welkom terug Voorie. Ek het…
Welkom terug Voorie.
Ek het ook 21:00 terug gekom van die tandarts, die arme Dr. lê nog in ICU vir meer as 'n week. Twee van sy dogters en seun help nou maar na hulle skofte uit. Die seun ry elke middag van Middelburg af om te kom help. Die oudste dogter kom van haar praktyk in Cullian elke middag.
My bek wou nie heeltemal dood gaan nie, nou sit ek met my dikbek en kan nie slaap nie.
Goeie more almal. Geniet…
Goeie more almal. Geniet julle dag. Nog 2 weke voor ek afry Danabaai toe. Dit is nie my jaarlikse verlof nie. Nee, dit is eers Maart.
Goeiemôre almal! Dit is…
Goeiemôre almal! Dit is weekend! Julle moet dit geniet!
Gerhard ek hoop daren die tandarts het 'n mooi dogter?
' n Lekker dag en naweek vir almal!  Dig is lekker om terug by die huis te wees![]()
O ja! Oor 'n week maak ek…
O ja! Oor 'n week maak ek ook reg om te gaan kamp vir 2 weke ![]()
More
Geniet julle dag.
Ek het n nuwe dubbeldeur Coke vertoon yskas gekoop, vir Yvonne se catering.
Hy staan nog buite in die reen. Sukkel om hom in my huis te kry. Hy is baie groot en vrek swaer, meer as 200 kg.
Die ou een (enkel deur) het Yvonne tweedehands gekoop vir R 3500.00. Hy breek gereeld en sy herstel koste rekening staan al op merr as R 7000.00. Laaste regmaak n maand terug was R2000.00 toe breek hy weer n week terug. Waarborg was 8 maande. Waaier vervang, waaier het nou weer ingegee, nou sê hulle, dit is n elektriese fout, want waarborg dek mos dit nie en vra R 700 vir reg maak.
Genoeg is genoek. Gat vol. Nuwe een het 2 jaar waarborg.
Geniet julle dag en naweek.
Goeie morê aan almal
Goeie morê aan almal
Lekker gereën deur die nag.
Geniet die Vrydag en naweek.
More julle
Sterkte daar Willem met die mond die koffie hier langs my loop soos stroop so skink maar vir jou ook een in lekke vrydag vir almal vrede





Môre almal. Mooi Dag vir…
Môre almal. Mooi Dag vir almal.