Goeie more medekampers.
Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking
Geniet die dag tenvolle
Goeie more kampvrinne. Gaan…
Goeie more kampvrinne.
Gaan nou n lekker beker koffie maak. Wie gaan saam drink
Mag elkeen n rustige en geseënde Sondag geniet.
More oom Dusty, Dankie dit…
More oom Dusty, Dankie dit sal lekker wees. ☺
Môre Môre
My vakansie het toe nie lekker begin nie. 60 km buite Vereeniging, ruik ek erg diesel en stop met Froggy. Diesel pyp van diesel pomp na nommer 4 injector is mors af en spuit die hele wereld vol.
Ek het my mechanic gebel vir hulp, want dit ies iets wat ek nie self kon regmaak nie. Ons kon nerens die part kry nie. Hy het hom kon regmaak, maar met die in sit breek nommer 1 pyp ook. Wil voor kom of almal moeg is na 21 jaar. Part kos R 800 per pyp en daar is 5 van hulle. Plaaslik geen voor raad tot woensdag
Het Froggy so huis toe gery. 60 km en so 30 L diesel later.
Geniet julle dag.
Moet sê ek en Yvonne het nie…
Moet sê ek en Yvonne het nie veilig ge voel langs die pad nie. Tussen Vereeniging en Villiers. In die middel van nerens nie. 6 ure in die son sonder aircon. Het darem kos en water gehad.
AL die trokke en verdage persone wat jou so uit kyk. Veral die groepies.
Daar het darem so 3 plaas boere ge stop wat wou help.
Ons was n groep van 4 waens. Hulle was voor my en het by Engen se Wimpy gewag. Ek het almal n lekker breakfast belowe. Het vir hulle gesê hulle moet voort gaan en gaan kamp op slaan.
More Gesie en Harry.Gesie,…
More Gesie en Harry.
Gesie, dit is n plesier.
Harry jammer oor die probleem/skade. Glo dat dit gou herstel gaan word en dat jy die res van die jaar gaan geniet
Goeie môre! So het die dag…
Goeie môre! So het die dag aangebreek dat ons ook die pad kan vat vir ons 15 nagte kamp.
Ek het nou maar die Here gevra om met ons te wees net voor ek hier kom inloer het, voertuie en als sodat ons veilig kan reis en arriveer en as gesin mekaar kan geniet met die kampery. Wil dit nie sonder Hom doen nie.
Ai tog Harry, dit is nou slegte nuus. AL die voorbereiding en afwagting en dan gebeur so iets
- Ek kan net dink hoe lus jy moes gewees het vir daardie Wimpy Breakfast. Dit is nou 'n super bad een en enige kampeerder se nagmerrie - Jammer man.
Julle moet almal 'n lekker dag hé! Stoffel ek sal koffie neem as daar nog is. My verkoue pla my nog lekker, maar voel darem beter as gister. Ek haat son en snot so saam ![]()
Goeie môre Gesie! (Al my…
Goeie môre Gesie! (Al my bier is nog hier
)
Môre sê aan al die mense op…
Môre sê aan al die mense op die forum. Ek hoop daar wag 'n heerlike Sondag op almal. Mag dit luilekker wees, vol seën en liefde.
Harry, dis nou glad nie lekker nie, wat 'n teleurstelling! En om 6 ure so langs die pad te sit moes aaklig gewees het. En boonop terug by die huis, julle kamp in sy maai. Jammer daaroor jong!
Voories, ek is so bly julle dag is uiteindelik hier! Julle moet die super baie geniet. Ek glo die Heer het jou gebed gehoor en dat julle rit veilig gaan wees. Die kabouters is seker in hul element. Hoop daai verkoue raak gou beter. Bly maar soveel moontlik uit die son vir eers, verkoue en son is nie maats nie.
Antie en die Uncle gaan maar 'n alleendag by die huis hê, so bietjie boring!
More Forum
Sterkte daar Harry Anton en gesin gaan groot en geniet die wat ook kamp lekke julle ou gesie ek hou jou dop los ons bier Freda jy en uncle kan lekke beplan aan volgende kamp trip die Jacobs loop soos stroop hier by my so wat wag jy skink n koffie of tee vrede
Hehehe, oom Voorrie, wag…
Hehehe, oom Voorrie, wag totdat jy hul oopmaak, SPOOKASEM. ☺😂
Ons is darem by die dam. …
Ons is darem by die dam.
Het met donker hier aangekom.
Het meeste goed in die HiLux ge gooi en selfde waentjie gehak. Moes eers HiLux jump start want die se battery was pap. Dalk moeg, wou hom volgende week vervang het. Het jumpers saam gebring ![]()
Ons het n cabin gehuur, maar dit is nie dieselfde as kamp nie. Alles is mos maar altyd in Froggy. So baie goed is vergeet. Ons forum mense is mos kampers.
Gelukkig het Vrede dam se admin al ons kamp staan plek se geld as krediet gegee op cabin.
So ons hou vakansie, net vêr van ons groepie af.
Dankie vir julle wonderlike mense se omgee. Dit altyd lekker om deel te wees van julle, al verskil ons almal, soms baie. ![]()
Daarsy oom Harry, nou kan…
Daarsy oom Harry, nou kan oom lekker relax. 👙🍺🍻🐠
Harry en so kry die donker…
Harry en so kry die donker wolk toe 'n silver rand
Dit is goed om te sien dat daar 'n wil was en nou is julle langs die dam - wie wil nou by die huis sit na die afwagting. Geniet dit!
Julie moet my verskoon TOE…
Julie moet my verskoon
TOE WORD EK DORS.
Julle moet almal geniet en gaan groot.
Wees net veilig
Harry geniet maar aitog ou gesie
Les daai dors Harry maar hou maar vir ou gesie dop hy is duidelik uit om almal se bier te gaps en n groot kersdag te hou ![]()
Gorie more Kampforum, julld…
Gorie more Kampforum, julld moet die dag geniet.👍
Anton, en almal wat nog moet ry, julle moet veilig wees.
Harry, jammer om van die probleem te hoor
, gelukkig kon julle darem nog weer weg kom, al is dit nou so "upstairs" in 'n cabin.
Kuier maar bedags by die vriende, dan kamp julle ook mos.
Oom Sleep sien dwarsdeur my…
Oom Sleep sien dwarsdeur my planne😠😆😆
More aan al die kampforumlede
Mag julle 'n wonderlike Sondag beleef.
Harry ek is ook jammer oor jou teenspoed maar bly dat jy veilig daar is. Vat maar 'n enetjie op die forum ook.
Anton geniet julle trippie en die kamp.
Freda ja, Suzette en ek gaan ook maar vandag alleen hier by die huis vir mekaar sit en gril. Maar miskien gaan ons na kerk so 'n bietjie rivier op met die boot, sal maar sien.
So by the way, ek weet nie of die vraag al vantevore gevra is nie, maar terwyl ons nou koffie drink, is daar ander soos ons wat soggens net filterkoffie drink? Deur die dag sal oms nog Jacobs (kitskoffie) drink maar in die oggend net filterkoffie.
Wat is filterkoffie...... ?
Wat is filterkoffie...... ? 😁, klink of dit kan lank vat.





Nou is ek lekker verveeld,…
Nou is ek lekker verveeld, dink ek aan maar inkruip.