Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -4 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -5 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -9 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 16/12/2018 - 05:48

My vakansie het toe nie lekker begin nie. 60 km buite Vereeniging, ruik ek erg diesel en stop met Froggy. Diesel pyp van diesel pomp na nommer 4 injector is mors af en spuit die hele wereld vol.

Ek het my mechanic gebel vir hulp, want dit ies iets wat ek nie self kon regmaak nie. Ons kon nerens die part kry nie. Hy het hom kon regmaak, maar met die in sit breek nommer 1 pyp ook. Wil voor kom of almal moeg is na 21 jaar. Part kos R 800 per pyp en daar is 5 van hulle. Plaaslik geen voor raad tot woensdag 

Het Froggy so huis toe gery. 60 km en so 30 L diesel later.

Geniet julle dag. 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 16/12/2018 - 06:07

Moet sê ek en Yvonne het nie veilig ge voel langs die pad nie. Tussen Vereeniging en Villiers. In die middel van nerens nie.  6 ure in die son sonder aircon. Het darem kos en water gehad. 

AL die trokke en verdage persone wat jou so uit kyk. Veral die groepies.

Daar het darem so 3 plaas boere ge stop wat wou help. 

Ons was n groep van 4 waens. Hulle was voor my en het by Engen se Wimpy gewag. Ek het almal n lekker breakfast belowe. Het vir hulle gesê hulle moet voort gaan en gaan kamp op slaan. 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 16/12/2018 - 06:12

More Gesie en Harry.

Gesie, dit is n plesier.

Harry jammer oor die probleem/skade. Glo dat dit gou herstel gaan word en dat jy die res van die jaar gaan geniet

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 16/12/2018 - 06:19

Goeie môre!   So het die dag aangebreek dat ons ook die pad kan vat vir ons 15 nagte kamp.

Ek het nou maar die Here gevra om met ons te wees net voor ek hier kom inloer het, voertuie en als sodat ons veilig kan reis en arriveer en as gesin mekaar kan geniet met die kampery.  Wil dit nie sonder Hom doen nie.

Ai tog Harry, dit is nou slegte nuus.  AL die voorbereiding en afwagting en dan gebeur so iets smiley - Ek kan net dink hoe lus jy moes gewees het vir daardie Wimpy Breakfast.  Dit is nou 'n super bad een en enige kampeerder se nagmerrie - Jammer man.

Julle moet almal 'n lekker dag hé!  Stoffel ek sal koffie neem as daar nog is.   My verkoue pla my nog lekker, maar voel darem beter as gister.   Ek haat son en snot so saam frown

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 16/12/2018 - 06:54

Môre sê aan al die mense op die forum.   Ek hoop daar wag 'n heerlike Sondag op almal.  Mag dit luilekker wees, vol seën en liefde.

Harry, dis nou glad nie lekker nie, wat 'n teleurstelling!  En om 6 ure so langs die pad te sit moes aaklig gewees het.    En boonop terug by die huis, julle kamp in sy maai.   Jammer daaroor jong!

Voories, ek is so bly julle dag is uiteindelik hier!   Julle moet die super baie geniet.   Ek glo die Heer het jou gebed gehoor en dat julle rit veilig gaan wees.   Die kabouters is seker in hul element.  Hoop daai verkoue raak gou beter.   Bly maar soveel moontlik uit die son vir eers, verkoue en son is nie maats nie.

Antie en die Uncle gaan maar 'n alleendag by die huis hê, so bietjie boring!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 16/12/2018 - 06:58

Sterkte daar Harry Anton en gesin gaan groot en geniet die wat ook kamp lekke julle ou gesie ek hou jou dop los ons bier Freda jy en uncle kan lekke beplan aan volgende kamp trip die Jacobs loop soos stroop hier by my so wat wag jy skink n koffie of tee vrede

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 16/12/2018 - 07:09

Ons is darem by die dam. 

Het met donker hier aangekom. 

Het meeste goed in die HiLux ge gooi en selfde waentjie gehak. Moes eers HiLux jump start want die se battery was pap. Dalk moeg, wou hom volgende week vervang het. Het jumpers saam gebring smiley

Ons het n cabin gehuur, maar dit is nie dieselfde as kamp nie. Alles is mos maar altyd in Froggy. So baie goed is vergeet. Ons forum mense is mos kampers. 

Gelukkig het Vrede dam se admin al ons kamp staan plek se geld as krediet gegee op cabin. 

So ons hou vakansie, net vêr van ons groepie af. 

Dankie vir julle wonderlike mense se omgee. Dit altyd lekker om deel te wees van julle, al verskil ons almal, soms baie. heart

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 16/12/2018 - 07:12

Harry en so kry die donker wolk toe 'n silver rand smiley    Dit is goed om te sien dat daar 'n wil was  en nou is julle langs die dam - wie wil nou by die huis sit na die afwagting.  Geniet dit!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 16/12/2018 - 07:27

Gorie more Kampforum, julld moet die dag geniet.👍 

Anton, en almal wat nog moet ry, julle moet veilig wees.

Harry, jammer om van die probleem te hoor surprise,  gelukkig kon julle darem nog weer weg kom, al is dit nou so "upstairs" in 'n cabin.

Kuier maar bedags by die vriende, dan kamp julle ook mos.

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sun, 16/12/2018 - 07:38

Mag julle 'n wonderlike Sondag beleef.

 Harry ek is ook jammer oor jou teenspoed maar bly dat jy veilig daar is. Vat maar 'n enetjie op die forum ook. 

Anton geniet julle trippie en die kamp.

Freda ja, Suzette en ek gaan ook maar vandag alleen hier by die huis vir mekaar sit en gril. Maar miskien gaan ons na kerk so 'n bietjie rivier op met die boot, sal maar sien.

So by the way, ek weet nie of die vraag al vantevore gevra is nie, maar terwyl ons nou koffie drink, is daar ander soos ons wat soggens net filterkoffie drink? Deur die dag sal oms nog Jacobs (kitskoffie) drink maar in die oggend net filterkoffie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus