So is dit
So is dit dat daar soms 'n tyd in jou lewe kom wanneer jy NIE meer KAN kamp nie, en met ons gebeur so 5/6 jaar terug en ons wa maar verkoop het.
Ons het egter LANK voor dit ook wel in alternatiewe blyplekke gaan uitspan, en wa by huis gestaan. Met bietjie rondsoek het ons by Uvongo blyplek raakgeloop, waar jy ongeveer 50m van die strand/see af is, en in Glentana is plek waar jy 15m van die soom van grasperk/strandbossies is.
Vir ONS werk dit goed, omdat as gevolg van mediese probleme ons nie KAN kamp nie, en ons geniet dit net soveel as om te kamp. Elkeen het sy eie bekoring.
Ek kan dan ook getuig dat soos ons dit doen, en die blyplekke wat ONS gebruik, dit baie goedkoper uitwerk as wat ons in dieselfde areas sou moes gaan kamp het.
Ek kan net noem dat ons vir seker 35 jaar gekamp het, met minstens 6 woonwaens en 'n motorwoonwa, en ons kinders het 'n WONDERLIKE tyd gehad, want ons het feitlik landwyd gekamp, en soms 3 skoolvakansies per jaar.
Ons huidige omstandighede bied ons egter die geleentheid om natuurlik NET buite seisoen rond te rits (ook dan nou eintlik moet ek sê - as die gesondheidsomstandighede dit toelaat!), maar is DANKBAAR dat ons wel kon kampeer vir baie jare.
Gaan groot Frans
Bly vir julle Frans geniet dit julle het kamp se naam gedra geniet die reis![]()
Hier's 'n paar interressante…
Hier's 'n paar interressante syfers oor die afgelope twee en 'n half jaar se kamp:
Betalende kampnagte - 784. Die 784 sluit 59 nagte in SANPARKE kampe in.
Kampe - 51 (meeste het ons meer as een keer by gestaan).
Gemiddelde kampkoste beloop R110,76 per nag; dit sluit Wildcard fooie uit.
Ek het laasweek 29 nagte op Oom Paul se Plaas bespreek, vir die Aug/Sept pensioenaris afslagperiode. Gemiddelde koste per nag werk uit op R260.04; wildcard fooie uitgesluit.
Ons hou die koffie reg Sarel.
Kamp is glad nie meer, soos…
Kamp is glad nie meer, soos in die ou dae, 'n goedkoop vakansie nie.
As mens in berekening bring wat elektrisitdy kos, die minimum loon wat betaal moet word en al die ander bedryfskostes om 'n oord op 'n goeie standaard te hou kan mens maar verwag dat dit al duurder word. Dan praat ek nie eers van wat kamp goed kos nie.
Ek dink dat seker meer as 80% van oorde juis in die skoolvakansie moet skep om kop bo water te kan hou.
Ons was in 2018 vir 3 weke by ATKV Eiland Spa in die Junie/Julie skoolvakansie. Wat my opgeval het is dat daar baie mense was wat net 'n week of maksimum 2 weke gekamp het, baie min het die volle 3 weke van die vakansie gekamp, dit is nou sonder die "lang kampers". Ons het langs ons 3 verskillende bure gehad.
Mona buite seisoen
Did net soos jy se Morne binne seisoen is duur jou beurt sal kom vir buite seisoen baie goedkoper maar ja kamp sal ons kamp
Ek dink nie mens moet koste…
Ek dink nie mens moet koste in berekening bring met 'n vakansie nie, jy moet doen wat vir jou lekker is.
Ja kamp en veral met woonwa of Boswa is baie duurder as wat mens dink, ja en ek weet die goed behou hul prys soos iemand hierbo genoem het MAAR;
Neem die koopprys van 'n wa [bos of pad] deesdae seker so gemideld R200,000. Kom ons neem aan dat dit kontant gekoop was, op skuld gaan die som nog slegter wees, met finansierings koste.
Rente verlies op die R200,000, konserwatief is so R1100 per jaar, tel by lisensie, versekering, instandhouding en dan die swakker petrol gebruik.
Dit mag dalk 'n aardige bedragie per jaar uitwerk, natuurlik hoe meer jy kamp hoe minder is die 'vaste" koste per maand, teen net drie weke per jaar mag mens dalk vind dit is goedkoper in 'n chalet?
Herverkoop waarde, ja die goed behou hul prys nogals redelik goed, maar dan moet mens die tyd waarde van geld in berekening bring, R200,000 10 jaar verder koop baie minder as vandag, dieselfde geld natuurlik indien jy die R200,000 bele het en die rente trek om die vakansie te help finansier.
Mens kan somme maak soos jy wil, vakansie is duur ---punt!
Doen wat vir jou lekker is en wat jy kan bekostig, onthou 'n lekker vakansie is 'n belleging in jou en jou gesin se fisiiese en geestelike gesondheid, daaraan kan mens geen prys koppel nie.
Dis hoekom ek kamp
Ek geniet kamp soveel meer as die woonstel rondafel ding jy het net meer ruimte en maak so meer vrinne





Gryskoptyd
Ons probeer ook so ver moontlik tydens die afslagtyd die parke besoek, maar hierdie jaar werk dit ongelukkig nie so uit nie. Behalwe as ons eers heel later in die jaar sou gaan en ons is nie lus om so lank te wag nie. Dit bly egter steeds 'n bargain as jy kamp, ook buite gryskoptyd.
Net in antwoord op Leeutemmer se vraag/ opmerkings: ek dink weer dat kamp besig is om sterk te groei. Of altans, dis wat ek lees in die buitelewetydskrifte. Ook so as 'n mens kyk na die verkoopsyfers van waens en ander kamptoerusting. Kyk maar hoeveel vervaardigers genoodsaak is om hul persele/vervaardiging uit te brei. Dan praat ons nog nie eens van al die nuwe vervaardigers wat die mark betree nie. En hulle het klaarblyklik nie 'n probleem om hul produkte van die hand te sit nie ten spyte van die hoë pryse.
Om terug te keer na die kosteverskil tussen kamp en bv. chalets - dis die grootste rede waarom ons begin kamp het. So ook ten minste 3 van ons vriende/oud-kollegas. En daarna verskeie van hulle familielede (4 van die bg. het Skipper Oysters gekoop nadat hulle ons terugvoer gekry het). Ek glo dus dat meer en meer mense gaan begin kamp omdat alternatiewe verblyf eenvoudig te duur geraak het, en dan lief raak vir die kamplewe. In Brackenfell (Len se wêreld) kan ons enige tyd van die jaar, vir so lank ons wil, gratis in 'n gemeubileerde 2-slaapkamerwoonstelletjie gaan bly, maar ons verkies om eerder te gaan kamp.
Koos, sien jou volgende week by Van Zylsrus.