6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -15 minutes ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -2 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -2 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -10 hours ago

Sionbergh Saamtrek groepsfoto

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on

Sionbergh

sionbergh

Secunda

Sleep nou

Mon, 25/02/2019 - 05:27

So kom alles wat lekke is tot n einde sien julle het hond uit n bos gekamp

Centurion

Voortrekker

Mon, 25/02/2019 - 12:32

Wel, daai twee manne in die middel met die swart aan is Obie links en Johan Van Heerden regs. Obie se vrou met rooi links van hom.   Die 2 kannaries met die geel aan is die 2 love birds Nico (ski) en Mandy.   Die 3 jong manne heel regs en een links wat die KF banier vashou is Daleen (amper Kamper) se 4 seuns.   Langs die 3 seuns aan die regterkant staan Fransie se Pa (met strepies hemp), Fransie se buurman en dan Fransie homself.  Fransie se verloofde Carmen sit net so links voor hom

Voor regs sit Lukas en Alida(spore vir Jesus)  en dan Daleen (met swart hemp)en haar man agter haar.  Links van Daleen sit Ronel,  Noel se verloofde langs Noel.  Links voor Noel sit Warren agter die 3 laaities (Klein Anton,Wijan en Jovan)

Links voor sit Patrys en agter haar staan haar man JJ (met ligte blou hemp), langs haar is ek en Lolla en dan JohannL en sy vrou en dan Surette en Willem Brits (strepies hemp)

Agter links na Regs, net agter Patrys se man staan Wimpie se vrou en dan Wimpie Davis, Regs van Wimpie staan stoffel met die wit baard en sy vroutjie voor hom.  Regs van Stoffel staan Pieter Britz en sy vrou voor hom met die pienk hemp.  Regs van hulle staan JohnB en sy vrou en dan Gideon en Esabe (regs van Nico met geel hemp)

Regs en agter Willem Britz sit Judy en haar man (JoJuRa) en regs van hulle sit hulle vriende.

Die groepie mense wat ek gemis het wat tussen Johan vanHeerden met swart hemp en Fransie met blou hemp staan is die groep Dowes.  Links van Fransie staan Wim en sy vrou en dan Gert. Voor Wim se vrou met die ligte blou staan Christo (donker blou hemp en links van hom sy vrou Kleintjie.  Langs haar staan Cora, Johan se vrou en dan Gert se vrou staan regs van Johan van Heerden agter.   Net agter agter Christo met die donker hemp staan 2 mensies, dit is Fransie se buurman se seun en sy vrou.    

FranShark en sy vrou het laat teruggekom van die skou af en is nie in die foto nie!

Centurion

Voortrekker

Mon, 25/02/2019 - 13:15

Ok, nie geweet dit is Judy se ousus nie - sy het hulle net voorgestel as vriende - of dalk het die son my kop teveel gekletter en kon ek nie meer lekker hoor nie laugh

Middelburg

Noel

Mon, 25/02/2019 - 13:59

Judy se man wat linkerkant sit, is Johnny. Baie oulike  mense. Hulle gaan oor 2 maande Suid Namibie, Weskus en Cederberge toer aanpak. Wil by se die forum is oulike smart mense yes

Vaalpark

Johann L

Mon, 25/02/2019 - 20:28

Daar was nou 'n versameling van talentvolle mense:

Karavaan / kamp sleepwa bouers,

kamp toerusting wat skrik vir niks,

Rek binders (die wat onder by die seil kom om panele te anker),

"Home made" koordlose woonwa skuiwers wat op die wiele werk soos die wat ons ken, ens ens...

Centurion

Voortrekker

Tue, 26/02/2019 - 06:26

Louw gesin met hul trotse forum

 Hey!   Wie is daardie seuntjie in die middel!?    Ons het mos net 2 surprise

Dit is Wijan, Willem se laaitie -  die 3tjies het darem lekker gejol die naweek -  3 terroriste!

Baie dankie vir die foto Noel yes

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus