Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -6 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -14 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -14 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -15 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -16 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -18 hours ago

Die Smalle Tuinroete en Karoo Des ‘21

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn vir terugvoer oor ons vakansie van 14 - 28 Des by Dwarswegstrand, 28 -29 Des in Oudtshoorn en 29 Des - 2 Jan by Karoo NP.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 14/12/2021 - 12:44

Dankie Chris, ek sien uit na die vakansie saam met julle, al sit ek by die huis !

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 14/12/2021 - 15:44

Chris, as julle dalk die Swartbergpas gaan bekyk, kontak my as jy tyd het, dan kry ek jou daar by Kobus Se Gat, n eetplek net voor die pas, vir n koffie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 14/12/2021 - 16:05

Middag neef Herman

Het die Kobus dalk per ongeluk sy gat daar gesien, vandaar die beskrywende naam.

Chris S: Waar bly jy oor in Oudshoorn, of is dit dalk in de Rust. Ek het so 'n sawe plekkkie vir de Rust, daar in die bek van Meiringspoort .

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 14/12/2021 - 18:56

Wessel, die ou maat was eers n boer. Het so klein stukkie van die plaas gehou waar daar roosterbrode en braaivleis op die menu staan. Paar los biere in die yskas en sy koffie...wel, daar is nie n Barista nie, kom so uit n blik met n teelepel. Neef is n Koffiesnob soos jy weet.

Soos oorle pa gese het. Daar is 3 maniere om van jou geld ontslae te raak. 1. Maklikste is dobbel. 2. Lekkerste is slegte vroue. 3. Sekerste is boerdery.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 14/12/2021 - 22:30

Herman

Ek het nie gesinspeel op finansiele gat gesien nie. Ek het werklik gedink dat hy sy moses tee gekom het betreffende die Swartbergpas.

Boerdery is niemand se maat nie, mens moet jou storie ken.

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 14/12/2021 - 23:03

Ek het halfdag gewerk en het bietjie later weggekom as wat ek wou (13:50 ipv 13:00). Die kinders was heel rustig en ons het net in Robertson gestop om die een tou waarmee ek die kayak vasgemaak het se oorskiet punt weer op te rol na dit losgetorring het.
 

A

Toe maak ek dit met ‘n kabelbinder vas en ons ry verder to hier. 17:41 hier aangekom. Ons het vir ons eerste keer oor die nuwe brug in Ashton gery. Die padwerke is nog nie 100% voltooi nie, maar mens ry reeds baie lekkerder deur Ashton. 
 

B

Die linkerbaan op die N2 Oos tussen Swellendam en Albertinia is plek-plek lelik voos gery deur vragmotors en daar is ‘n hele paar slaggate. Ek het ‘n hele paar ander karavane gesien wat oppad Kaap toe was. Kamp opslaan was ‘n redelike uitdaging sonder Salomien. My suster Anita kon darem hier en daar help, en ‘n tiener seun van ‘n naburige staanplek het dadelik hulp kom aanbied toe ek afhaak, maar ek het reggekom. ‘n Paar ander kampeerders het ook kom welkom heet en groet. Nou gaan ek doeksag slaap met die see se geluid in my ore. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 15/12/2021 - 06:17

Dankie vir die opdatering Chris  -  nou vir die lekker uitspan !

Ek wonder wat is op die ontbyt-spyskaart  ?

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 15/12/2021 - 06:55

Môre Chris

jis man, daai foto met die kayak op laat my vêr terug verlang na my dae met die Malibu kano op my bakkie se kappie. Ek het sommer die stroppe met die "ratchet" meganisme gebruik vir vasmaak.

Dit is sekerlik die aangenaamste van kampeerders, die hulp en hand bysit met aankoms en vertrek. 

Wat 'n indrukwekkende brug oor 'n relatief kleinerige stroompie, maar dit is seker meer so gebou om die verkeer en voetgangers veilig te hanteer

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 15/12/2021 - 07:46

as julle dalk die Swartbergpas gaan bekyk,

Oom Neef, ons is net die een aand in Oudtshoorn en het die pas in 2016 van die anderkant af gery toe ons die Hel besoek het. Ons sal seker die kinders wil volstruis plaas en dalk Kango toe wil vat as ons genoeg tyd het. Ek sou graag wou ontmoet, maar eerder vir ‘n bier - ek drink nie koffie nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 15/12/2021 - 07:55

Ek sien dat YR wys vir daardie omgewing reën vir vandag en môre, maar gelukkig nie veel van wind nie.

Hier by ons sukkel die somer ook maar om sy plek te kom inneem. Soos ek nou hier tik, val die reëntjie. Ek maak maar staat op die naweek se warmer weervoorspelling.

Nietemin - geniet Dwarswegstrandoord. Die gedeelte tussen Hartenbos en Wildernis bly maar my gunsteling area vir 'n seevakansie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 15/12/2021 - 08:01

Wat 'n indrukwekkende brug oor 'n relatief kleinerige stroompie,

Die ou brug is in ‘n vloed beskadig maar die nuwe brug en ‘n dubbelpad deur die dorp maak dit baie makliker om deur die dorpie te ry. Hier is ‘n interessante berig en video oor hoe die nuwe brug langs die pad gebou en toe geskuif is. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 15/12/2021 - 12:40

Ek sien dat YR wys vir daardie omgewing reën vir vandag en môre, maar gelukkig nie veel van wind nie.

Ek het op Accuweather gekyk, en moet sê hulle was sover nogal akkuraat. Het vanoggend 1,9mm voorspel, en ons kon dit sien aankom van Mosselbaai af. Het vir so halfuur baie liggies gereën. Hulle het wel ook 57km/h maksimum wind gusts voorspel, maar dit het nog nie gebeur nie. 
 

A

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 15/12/2021 - 12:54

Verlede jaar se kaap toer is deur 'n virus vermoor, 2022, sover, as die virus dit toelaat, beplan ons om weer Australia toe te gaan en dan DV Feb / Maart 2023 weer kaap toe.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 15/12/2021 - 13:53

Pragtige foto van jou opset, veral met die wolke en see in die agtergrond.  Daardie tent lyk regtig spoggerig.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 15/12/2021 - 15:46

Hello my Kavango vriend

Wat is so geel regs voor en bo jou badkamer op die foto? Het jy daar ook 'n buitelig gemonteer.?

Ek sien nie stormtoue nie, het jy dit nie nodig op daai mooi staanplek nie. Sit tog jou staanplek nommer hier, vir as ek volgende jaar dalk eerder daar wil staan, as by Jongensfontein of Hartenbos. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 15/12/2021 - 16:36

Wat is so geel regs voor en bo jou badkamer op die foto?

Dis ‘n stukkie pool noodle wat oor die grendel kom wat die opwip dak vashou wanneer dit toe is. As ons die silwer seil oorsit (wat nie lyk of dit nodig gaan wees nie) keer dit dat die grendel die silwer seil beskadig. 
 

Ons is op staanplek 30 maar ek het die ander goeies by die  resensie beskryf wat ek verlede jaar gedoen het as ek reg onthou. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 15/12/2021 - 20:38

brand daar 'n vuurtjie vanaand?

Dis maar koel en winderig, so vanaand het ons lui kos geëet (Mince Mate). Terwyl ek hier tik begin die druppels weer neerstuif op die tent, en môre lyk nie veel beter nie, maar ons het lekker bordspeletjies ingepak en was darem so 10 minute op die strand vanmiddag sodat die kinders kon tone natmaak. Daar hou die druppels sopas weer op met val. Lekker slaap weer, die wind het darem effens gaan lê en die seile flap nie meer so erg nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus