Ek is ongelukkig een van daardie ouens wat van 'n blink, silwerskoon karavaan hou, of jy nou gaan kamp en of hy hier in sy motorhuis staan. Tot op hede het ek die taak nog altyd self aangepak, maar dis 'n helse taak met die Exclusive wat redelik hoog en nog groot ook is. Ek het nog altyd 'n trapleer gebruik om oral bo en op die dak by te kom, maar dit bly 'n groot risiko vir val, veral as jy moet rek om oral by te kom want dan kantel die trapleer maklik. Veral vir 'n ou wat anderkant 70 staan, het ek besluit 'n val van die leer af gaan my kamp-moontlikhede permanent tot stilstand bring.
Dus, ek het na alternatiewe opsies begin soek. Die meeste karwasplekke hier in ons omgewing se ruimte is te beperk om karavane te was, maar ek het nou een plek opgespoor wat die spasie daarvoor het en hulle prys is R200 vir 'n standaard karavaan of boswa en R250 vir 'n Exclusive.
Hoe maak jy en dink jy R250 is 'n billike prys ?
Hoe maak jy en dink jy R250…
Hoe maak jy en dink jy R250 is 'n billike prys ?
Oom Len, is dit nou vir binne en buite of net buite?
Wonder ook oor daai net…
Wonder ook oor daai net buite ?
Ek het ook hoeka vanoggend oor die straat gesien daar staan 'n opwip ouerige karavaan wat gewas word en het ook gedink om te gaan hoor wat vra hulle ?
Ek betaal R45 vir wash and…
Ek betaal R45 vir wash and go in alberton
Nee.....
Nee die kwotasie van R250 is net buite - binne is ons "huis" en dit maak ons self skoon. Binne is die risiko van (soos Johan hierbo sê) "'n besering aan diens" maar skraal.
Dankie vir die fotos Ski. Dit gee my nou ook die idee om fotos te neem hoe hulle dit doen.
Solank hy skoon lyk aan die…
Solank hy skoon lyk aan die buitekant ![]()
![]()
Len, ek dink nie R250.00 is…
Len, ek dink nie R250.00 is buitensporig duur nie, ek sou net nie toelaat dat hulle met daai hoë druk spuite naby my Penta kom nie, ek is bang dat water sal penetreur, of selfs die alluminium panele kan beskadig.
Maar, ek stem saam met jou oor die netheid van my voertuie, my oorlede pa het altyd gesê hy is bang hy gaan staan, en dan sê die mense - ook geen wonder nie😃
Hoëdrukspuit
Ek wonder wat doen die ouens wat daarbo in Gauteng karavane met stoom laat skoongespuit het - is daar nie ook die moontlikheid van water-penetrasie nie ? Dit was nogal hoog mode op 'n stadium en ek wonder of dit nog so populêr is ?
Len, die stoom ding, dink ek…
Len, die stoom ding, dink ek, word net binne gedoen, ek mag verkeerd wees.
Hallo Len, R250 is 'n klomp…
Hallo Len, R250 is 'n klomp geld, hang net af hoeveel keer jy dit moet laat doen, as dit een keer in 3 maande is, is dit seker nie so erg nie? Ek is gelukkig bietjie jonger en kan nog self was.
Ek het ook 'n hoëdruk spuit, maar hou dit bietjie verder weg om skade te voorkom. Ek was met 'n besem waar ek nie bykom nie, soos op die dak. Sluit die was vir R250 'n politoer in, want dis baie werk om te doen?
Ek gebruik 'n seil oor die wa en hy hou hom darem so bietjie skoner.
Stoom :-
Johann : Die stoom skoonmaak-proses was beslis vir aan die buitekant, veral ouens wat hul plakker-tekens wou verwyder.
Leeu : Die prys is net vir was aan die buitekant en sluit nie politoer in nie. Ek verkies om my wa skoon te maak net voor ons weggaan daarmee en dit sal beslis nie meer as elke kwartaal wees nie, dus nie meer as elke drie maande nie. (My naam is ongelukkig nie Willem Brits nie wat beslis Suid-Afrika se kamp-rekordhouer is !)
Jy spog verniet dat jy nog jongerig is en self kan was. In my 50 jaar van karavaan-eienaar het ek nog elke keer self my karavaan gewas, maar het nou besluit dis nou tyd om hiermee halt te roep.
☺😊☺😁😂😃(My naam is…
☺😊☺😁😂😃
(My naam is ongelukkig nie Willem Brits nie wat beslis Suid-Afrika se kamp-rekordhouer is !)
Ek moet nog opvang wat jy vergeet het
...ek dink SKI is die…
...ek dink SKI is die huidige kampioen met se 11 kampe sedert Des.
Kamp moet daar gekamp word…
Kamp moet daar gekamp word maar kan wel se my wa is huidiglik baie vuil na die naweek by OutdoorX. wa gaan sondag ogend gou vir n bad.
Sondag ogend 8 uur het wa…
Sondag ogend 8 uur het wa weer afspraak vir n bad.
My tuinjong gaan more die…
My tuinjong gaan more die karavaan en die bakkie was.
My tuinjong gaan more die…
My tuinjong gaan more die karavaan en die bakkie was.
My tuinjong is ek





Ek dink R250 vir 'n…
Ek dink R250 vir 'n Exclusive is baie billik. Om 'n dubbel kajauit bakkie of 'n kombi te laat was kos deesdae in die omgewing van R100. Dus klink die R250 vir my heel aanvaarbaar, veral gesien in die lig van die risiko van 'n "besering aan diens" wat daarmee gepaard gaan as jy dit self doen.