Manyane sekuriteit
Dankie Voortrekker
Dit blyk dat daar wel gepoog word om sekuriteit te verbeter.
Ek los maar egter nooit duur elektriese goete buite in tent nie. Ek dink daaraan om maar my ou hond, net 15 tande in mond, genaamd Beretta, saam te neem.
Groete
Wessel
Ons het van 20 tot 24 Mei…
Ons het van 20 tot 24 Mei 2019 met die karavaan in Manyane gestaan. Het in die tyd geen probleme gesien of ondervind nie (nie eers van die blou-ape of bobbejeane nie). In die algemeen word die kamp billik bestuur en sigbare sekuritets patollies is snags gesien. Persoonlik beskou ek die betrokke insident as 'n uitsondering, maar ek waardeer dit dat die bestuur sekuritet opskerp. Ek gaan egter nie dat hierdie insident my daarvan weerhou om weer in Manyane te gaan kamp nie.
Len. My ondervinding is dat…
Len. My ondervinding is dat die geraas vanuit die naburige woongebiede hoofsaaklik tot naweke beperk word. En hier verwys ek veral na die doef-doef van die bas en tromme as die plaaslike manne bietjie partytjie hou. Ek beperk derhalwe my besprekings tot weeksdae om hierdie moontlikheid the minimaliseer. Het geen sulke probleme gehad tydens die 5 dae van my laaste besoek nie.
Maar ek moet ook terselfdertyd beklemtoon dat alles in Manyane nie altyd perfek is nie (veral instanhouding) , maar mens leer om daarmee saam te leef omdat dit steeds vir my 'n lekker kampplek is met gelyk staanplekke, hulp met kamp opslaan, die rooibokke en vlakvarke wat tussen die karavane rondloop en oulike voëlewe.
Met ons laaste kamp het hulle daagliks die asblikke leeg gemaak, die as in die braaiers skoongemaak, die badkamers ten minste twee keer skoongemaak en behoorlik ontsmet en daar was altyd warm water. As die kampeerders gekla het oor lastige droë takke het hulle dit afgesaag.
Daar was eerlik nie veel om oor te kla nie
Ek verstaan dat Manyane hul…
Ek verstaan dat Manyane hul veiligheid op knap, sulke dinge gebeur oral, en as ons oorde vermy waar dit geisoleerde gevalle is, gaan ons nêrens meer kamp nie?
Kampeerders moet ook van ons eie kant af, ons veiligheid verbeter, deur oa. paraat te wees, ons moet "uit kyk" na ons mede kampeerders se omstandighede.
Oorde waar daar voortdurend voorvalle is, sal hulself toe maak.
Veiligheid by 'n oord is 'n baie hoë prioriteit.
henkrits by Manyane Resensie ...
Ek wil nie die Resensie in 'n gesprekslyn verander nie.
Kamp was propvol, maar ongelukkig was daar vreeslik baie mense wat nie kampreëls gehoorsaam nie, drink en dan met hul karre jaag om af te show voor hul ander maatjies, kliphard hierdie eentonige musiek speel, tot 3 uur in die more suip en skree en raas, so dit het alles bederf. Almal kuier maar nou en dan in n kamp, dis te verstane, maar hierdie het die grense heeltyd oorskry. Bestuur het dit nie uitsorteer nie. As jy wil slaap en sulke eentonige vuvuzela musiek speel 4 uur in die more, is dit nie lekker nie. Die water was dag en nag koud, die opwasplekke het net 1 wasbak, so jy moet 2 gebruik as jy wil afspoelwater hê, en die badkamers was vuil (te min toilette vir so groot, vol kamp) en die toilette was so vuil ek het dit nie eens gebruik nie. Ongespoel, besmeerd, nie papier nie. Ek het al voorheen daar gekamp, ook koue water gehad en dit was nie toe so vol mense nie, so daar word nie plan gemaak met die ablusie nie. Dink hul laat te veel mense in vir wat terrein kon hanteer. Dagbesoekers by raasmakers het 00h00 in more teen 100km/h deur park gejaag met hul gesuipte lywe en Audi's en BMW's. Laaste keer daar, dankie.
Resensie skakel.
Dit is beslis nie lekker as jy so naweek beleef nie. 😢😫👎
Ongelooflik
Middag Willem en Henk
Ek kan nie glo wat ek lees nie!! Dit is net mooi 100% die teenoorgestelde as wat ek 2 weke terug ervaar het met my mid-week.
Alles was silwerskoon, alles het gewerk en omtrent geen besoekers/mense nie. Ons maak al jare 'n punt daarvan om NOOIT oor 'n langnaweek na enige oord te gaan nie.
Ons het ook al verlede jaar die lawaai ervaar, maar dit het letterlik oorgewaai vanaf die omliggende dorp, Mokwase. Het jy fisies self die jaery gesien in die oord? Ek weet die plaaslike bevolking hou straatrenne in Mokwase en dit klink of dit by jou woonwa is.
Ek lei af dat julle die klagtes onder bestuur se aandag gebring het. Ek sal jou aanraai om dit formeel aan Golden Leopard Resorts te epos.
Ervaar
Ons gaan loer 1x per jaar daar in. Ons sou ook lang naweek soontoe gaan, maar moes toe kanseleer as gevolg van siek mense tuis. Omdat ons gewoonlik oor September lang naweek gaan, ken ons die plek ook meestal as propvol. Ek dink ek het die afgelope 3 jaar seker net 1x n lekker warm stort gehad,kry .....of dreine is verstop, jy staan in dam water in stort....en opwas area ook altyd probleem met warm water. So ek verstaan volkome skrywer van resensie se ervaring van ablusie en opwas geriewe
As ek Geert se inset lees ......
.... kan ek nie help om te wonder waarom mens dan teruggaan Manyane toe nie?
Dit wat ek gelees het op ander forums asook die kommentare op CP.com se "ratings", is ek nóg meer verbaas dat Manyane nog enigsins aftrek kry.
Chris B
Chris....dis maar die liefde vir Pilanesberg wat trek. Dieselfde met KNP oorde....neem byvoorbeeld Satara, as die wildtuin nie daar was nie, twyfel ek of hulle baie aftrek sou kry met hul geriewe.
Ek moet egter sê.....ek glo wel Manyane word beter onderhou as wildtuin kampe.....al wat pla by Manyane is die ablusies se min warm water, en dan soms die plumbing
Elektrisiteit
Middag Geert
Dit is nie soseer die liefde vir Manyane nie, in ons geval is dit eerder;
1]die nabyheid aan Brits, dus groot brandstof besparing
2] deesdae kan ek die mid week tariewe benut.
Die volgende moet ek wel noem, ek het opgelet met ons laaste besoek dat;
a] hoewel instanthouding en herstel gedoen word, die diensverskaffer blykbaar baie traag is om te reageer.
b] dat elektrisiteit gereeld wegval, en dan word staatgemaak op opwekkers. Ek ry altyd my sonpanele saam, want ek het al geleer dat die opwekkers soms nie "opgewek" is nie.
Ter versagting, ek ry my sonpanele saam waar ookal ons gaan kampeer. Weens verskeie redes hier rond soos, kabeldiefstal, ESKOM onbetroubaarheid, swak instanthouding is kragvoorsiening nie 'n 100% gegewe nie.
Bakgatla
Ons het darem nog nie krag onderbrekings daar ervaar nie. Ons wil ons volgende besoek buite seisoen maak oor n gewone naweek en dan so 1 of 2 weeks dae byvoeg, behoort dan ook lekker rustig te wees vir ritte in wildsreservaat.
Dink julle Bakgatla gaan ooit weer oopmaak?
Bagatla???
Middag Geert
Ek sal nie Bakgatla oorweeg nie. Ek is bekommerd oor die lang ent wat mens deur die beboude gebied moet ry om daar te kom.
Ek vermoed Bakgatla se standaard is nog laer as Manyane s'n. Ek wil uitvind of mens met 'n woonwa deur die wildtuin kan ry Bakgatla toe.
Sleep deur reservaat
Nee Wessels, geen karavane word toegelaat om binne Pilanesberg se reservaat te ry nie. Ek het egter al 2x gesien waar persone deur reservaat sleep.....weet nie redes agter dit nie





Hieronder 'n berig + iemand wat daar was
SKAKELS:
http://nwdc.co.za/latest…
https://www.4x4community…