Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -1 hour ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -2 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -2 hours ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -4 hours ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Middelburg

Noel

Mon, 22/07/2019 - 13:44

Goeie middag maters. Ek is trots op julle manne  en n dame wat ophou gerook het. Dit is n groot deursetting vermoe om daai vieslike goed te los. Dit is n eer om gesonder te lewe. Ek het nog nooit gerook nie. Ek het net n sigeret n trek gevat en het so verstik en nooit weer aan n sigeret geraak. Danie, baie sterkte en lekker rus en geniet jou kampe. Daar is segde wat Johann gese het, dit is n groot eer om oud te word. Leef voluit elke dag. 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 22/07/2019 - 14:59

Dankie manne ek gaan dit geniet. 

Snaaks genoeg as ek nie die ongeluk gehad het nie sou die dokters heel moontlik nie op die ding afgekom het nie en sou ek heel moontlik te laat daarvan uitgevind het en behandeling sou te laat gewees het

Dis nou wat jy geluk by die ongeluk noem. Letterlik en figuurlik. Steeds is my seëninge te veel om te tel en dit gaan net beter.

Groetnis

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 22/07/2019 - 18:12

Wat meer kan ons as mens vra.

Danie, hoewel ek jou nie persoonlik ken nie, wil ek jou toe bid--- God se aanraking vir volkome genesing.

Wessel

Amen. 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 22/07/2019 - 20:00

Die werkery by ons huis het toe nie vandag begin nie.   Ons het uit die oog verloor, met die reën verlede week het hul agtergeraak met die ander huise.   Ten minste het ek nie nodig gehad om wasgoed te doen nie. laugh 

Dit was warm vandag in die Baai, soort van warmwind toestande.

Nouja, goodnight almal.  Ek gaan nou lê, ek is besig met 'n baie goeie boek.

Lekker slaap en ek hoop niemand het staarsiekte more oggend nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 23/07/2019 - 04:58

Ek wou goeie môre sê, maar hier is niemand aanlyn om te groet nie.  Sal dus maar later weer probeer om iemand te groet wat reeds wakker is.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 23/07/2019 - 05:11

Goeie môre oom Len en ook die ander.

Sien vanoggend het die kwik gedaal tot 2°. Kollega se voertuig wys net gelyke grade.

Tee maak ook weer warm vanoggend.

Lekker dag vir elkeen

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 23/07/2019 - 07:33

Het gisteraand laat slegte nuus gekry, dat Yvonne se seun se beste vriend, sy vrou en 3 kinders in hulle huis dood gebrand het. Weet nog nie wat die omstandighede was nie.

Hulle was saam in chef skool en hy het as blokman gewerk in Meyerton.

Die man kon lekker kos maak en het gereeld hier kom kos en spitbraai hou by ons. Het hom nie veel gesien na sy troue nie. R.I.P Tommy.

Maand staan einde se kant en ek hoop die winter ook, dit voel nog nie so.

Geniet julle dag en wees veilig.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 23/07/2019 - 07:35

Goeie môre vriende, hier is dit ook nie so koud nie, maar more word dit glo maksimun 12°C.

Julle moet 'n lekker dag hê, en gesêls op die ander drade ook lekker saam.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 23/07/2019 - 07:58

Môre,  Praat van Kaap van storms, laasnag tot nou nog storm dit darem erg hier. Die jaar het die Noord-weste winde in Maart begin,  en tel nou eers behoorlik spoed op. Mooi dag.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 23/07/2019 - 08:08

Goeie môre vanaf Eiland Spa. Nog 'n lekker dag (29°C word voorspel) wag op ons. Gisteraand die eerste keer die weeklikse Maandagaand bring-&-braai bygewoon. Was dit nou lekker! Ek en Ralie het vir die eerste keer in jare lekker gedans. Watter wonderlike oord om te oorwinter!! Daardie cliché "as ek geweet het dit is só lekker om afgetree te wees, het ek nooit begin werk nie" is baie waar.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 23/07/2019 - 08:10

Danie dit is nou die eerste keer wat ek van jou ongelukkige geluk met die ongeluk hoor.  Sterkte daar en ek hoop vir volkome genesing.  Dankie dat jy dit met ons deel en hou ons asseblief op hoogte van vordering.  

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 23/07/2019 - 08:11

Môre almal.

Dit is so lekker koud vanoggend ek moes twee kortbroeke aantrek. Lyk my die winter is nou eers hier.

Ons het vir die eerste keer in jare `n kragonderbreking agv kabeldiefstal. Het nooit ooit loadshedding gehad nie nie eers toe die krises op sy ergste was nie. Gelukkig het ek solar krag en `n gasstoof.

Harry sulke slegte nuus is nooit lekker nie.

Ek gaan vandag pak om te gaan kamp. 

Groetnis

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 23/07/2019 - 09:18

Goeie môre Kampforumers !

Ek was vanoggend vroeg al hier, maar toe was niemand nog aanlyn nie.  Wees dus nou gegroet.

Ons het netsoos Herman-hulle 'n stormagtige nag gehad.  Vanoggend 4vm toe speel ek waterfiskaal hierbuite om soveel as moontlik reënwater op die regte plekke te stoor en om dit wat te veel is, straat toe te kry.  Moes ook die swembad uitpomp om die omliggende plaveisel te beskerm.

Ons reënoes was 30mm en daar kom nog baie reën vandag.  Ons temperatuut vir verlede nag was 13º en vir vandag 14º  -  net 1º graad uitmekaar !

Lekker dag aan almal.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 23/07/2019 - 09:22

Môre Len

Ek wil net hoor of jy, gebaseer op jou kinders se besoeke aan die Kgalagadi, vir ons terugvoer sal/kan gee. Waar hulle gebly/kamp het, hoe hulle dit ervaar het, padtoestande en dan 'n vergelyk van die voertuie se gedrag.

Brandstofverbruik, olieverbruikdevilper voertuig, stof onder kappie en al sulke verderflike dinge.

Groete

Wessel 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus