Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -2 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -2 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 22/07/2019 - 06:51

Geniet die nuwe koue week.

Meer sneeu voorspel vir more.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 22/07/2019 - 07:29

Goeie môre aan elkeen, geniet jul dag en week en vrede en vreugde.

Dit was 'n koue naweek hier, en vandag voel nie juis warmer nie..

0

Goeie more vriende! Die naweek darem lekker koud gekry op die scooter daar van Clarens se kant af.

Vandag is my dag want ek is al 6 dae lank verlos van die kloue van sigarette, voel soos n nuwe mens, sal nooit weer rook na 32 jare se verslawing nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 22/07/2019 - 07:52

Ek nou amper 10 jaar gelos Frik jy gaan sien kos proe anders en alles ruik anders sterkte byt vas

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 22/07/2019 - 07:52

Ek hoop dit gaan goed met almal op die Maandagoggend.   Die son skyn by ons maar dit bly koud.  Ek is darem baie bly dat ek nie soggens vroeg hoef op te staan en aan te trek vir werk nie!

Mooi Frikadel.  Vrydag was dit 6 maande terug wat ek opgehou het.

Geniet jul dag en 'n briljante nuwe week vir almal!

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 22/07/2019 - 07:58

Môre Frikadel

Nou moet jy vasbyt, elke dag wat jy oorwin, maak dit makliker. Al moet jy eers suiglekkers, biltong as plaasvervanger gebruik, dit bly die moeite werd.

Ek het 13 jaar terug opgehou pyprook. Daar is lewe na rook, veral vir die naby aan jou.

Wessel

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 22/07/2019 - 08:11

EK sal oor so 2 weke (1ste week Aug) 1 jaar sonder rook wees.

Wow Antie  -  al so lank  yes

Well done en sterkte daar Frikadel.   Dit is lekker om te voel hoe die afhanklikheid daaraan verdwyn. yes

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 22/07/2019 - 09:27

Goeie môre Kampforumers ! (nuwe woord).

'n Vriend van my is op die oomblik in Satara in die Kruger Wildtuin en sê dis vanoggend -1º !  Dit is presies hoe ek die Wildtuin as kind (60 jaar gelede) onthou.  In die Julie skoolvakansie moes ons eers die motorruite met water ontvries voor ons op 'n wildkyk toertjie kon gaan  -  daardie tyd was daar nog nie ontwasemers en verwarmers in karre nie.

Dis koud en vanaand kom die reën weer hier by ons en hou aan tot Woensdag  -  nog iets wat skaars geword het die afgelope jare, die dae-aaneen reën.  Hoop die weerpatrone keer weer terug soos vanouds.

Geluk en sterkte aan almal wat die rook-drang oorwin het en besig is om dit te oorwin.

Geniet 'n lekker Maandag !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 22/07/2019 - 10:01

Ek weet nie of jy weet nie, maar hier is 'n draad genaamd "Oor ditjies en datjies"  -  min belangstelling so dit lyk vir my ook nie eintlik suksesvol nie.

Onthou ek kla nie, net 'n waarneming na intense studie van die onderwerp.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 22/07/2019 - 10:28

`n Laat goeie more aan almal. was so 2 grade vanoggend toe ek by die huis weg is.

Geluk aan die manne wat ophou rook ek wens julle alle sterkte toe. Ek self verpes rook seker maar omdat ek my pa stukkie vir stukkie sien afdood het agv sy longe wat kapoet was van meer as 50 jaar se rook. Laat in sy lewe opgehou maar dit was te laat.

Vandag my laaste sessie by die hospitaal. Ek is gatvol vir die verslae mense met moedelose gesigte (Nie dat dit hulle skuld is nie) die reuk van die hospitaal die geluide wat eie is aan `n hospitaal dit word vir my net te veel.

Ek gaan van woensdag af vir 5 dae kamp al gaan vriende my wa sleep en opslaan gaan ek in die son sit in die dag en by die vuur saans.

Dis goed en `n voorreg om goeie vriende te kan hê

 

Groetnis

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 22/07/2019 - 11:45

Anton

Ek weet nie. Dis `n beloning van my vrou omdat ek ingestem het vir die chemo en dit actually klaarmaak vandag. Het maar `n stryd gehad daarmee.

Ek dink dit sal Klein Kariba of dalk Mabalingwe wees. Ek hoop dis Mabalingwe dan kan ek elke oggend pap en kaings vir ontbyt gaan eet by die resturant en elke dag vir `n wildsrit gaan.

Ek is lekker moeg en die rus gaan lekker wees....

Groetnis

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 22/07/2019 - 12:45

Middag Danie en vriende

Nadat ek bostaande insette gelees het, voel ek baie klein.

Ons korswel en terg mekaar, sonder dat ons die mens agter die skuilname ken, wat nog te praat van die person se omstandighede.

Danie, hoewel ek jou nie persoonlik ken nie, wil ek jou toe bid--- God se aanraking vir volkome genesing.

Wessel

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus