Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -6 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago

Penta dak Gaslifts

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Dit is nou al geruime tyd dat ek spook om die Penta se dak, veral agter bo die bed, op te lig. Vrydag besluit ek, genoeg is genoeg, ek gaan die gaslifts afhaal en toets.

Die gaslifts is nog redelik stuif,  maar vir 'n swaar dak, en ou skouers, te lig in die broek. Ek kon net by Diesel Electric reg kom met "heavy duty" gaslifts. Ek bestel vier wat teen 600n druk gepomp moet word, en kry die goed vanoggend.

Al het hulle met "elbow baljoints" uit gekom, steur ek my nie daaraan nie, ek het mos die ou ogie hake wat ek net kan omruil, kom by die huis en leer 'n les, moenie jouself  tegnies ag as jy nie is nie. Die "shaft" van die swaar diens gaslifts is dikker, en dit kos my weer terug ry Vereeniging toe om die "baljoints" met reguit ogie tipe hake om te ruil. Hulle het nie in voorraad nie!!! Bestel weer van Spring tak af en hoop om dit more hier te hê.

Wel, gelukkig gaan dit my net petrol geld kos,  dit word net om geruil. 

Volgende keer, vat ek alles saam, en maak seker die kompleet besteling is reg.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 01/09/2019 - 08:07

More Stoffel, ek het myne 6 Nm laat pomp, maar moes nuwes koop (swaar diens) want die ou gas lifts kon maks 5 Nm gaan, en was ook nie meer so "gesond" nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 04/09/2019 - 15:28

Hi Dusty

 

Ek sien jy is in Centurion. Ek het ook 2 gaslifts wat ek sal wil laat oppomp ipv om dit te vervang. Doen hulle enige gaslift of net `n sekere maak/tipe 

 Gee jy om te deel waar dit gedoen word

 

Groetnis

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 05/09/2019 - 04:47

Danie ek verstaan dat dit net die wittes is wat weer gepomp kan word.

Ek gaan myne vandag laat doen by Diesel Electric in Kerk straat-wes (ken nie die nuwe naam nie).

Sal terugvoer gee nadat ek daar was. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 05/09/2019 - 09:24

My kar se enjin kap gas lifts moet ook vervang word,  dit sal Maandag se week moet gebeur. Die kap wil nie meer oop bly nie,  en ek glo nie dit sal deur die waarborg gedoen word nie? 

Sal weer by Diesel Electric in Vereeniging moet gaan bestel, darem nie vrek duur nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 05/09/2019 - 10:01

Môre vriende

Dit is eintlik lekker om al die lekker goete te hê wat help om iets te lig en bo te hou---soos die gaslifts; tot dit pap raak.

Dalk het ek vasgehak met tegnologie ontwikkeling, of is net bloot met minder "gadgets" tevrede, maar ek wil amper sê dat ek verlig is dat my trokkie se enjinkap nog op die "besemstok" beginsel werk. Dit hou maar net aan met werk.

Blykbaar is daar 'n pilletjie wat ook herleweing kan bring in sulke gevallelaugh

Groete 

 

 

0
Hartenbos

Bouts

Thu, 05/09/2019 - 10:39

More mense,

 

Het julle al Midas probeer, hulle pomp ook die "lifts" volgens jou spesifikasies.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 08/09/2019 - 10:42

Ek het ook die bed se stutte na 400N verander. Het ook die onderste steun van die stutte verander. Die ou een het net 1 been gehad. Nou pas dit tussen 2.

Die ou steun

Ou stut

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus