Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -1 hour ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Goeiemôre!  ☀️☀️☀️ Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -2 hours ago
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

November 2019 - Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Kom ons nou by die tweede laaste maand van die jaar. Ek kan alweer nie slaap nie. Sit nou maar in die sitkamer en koffie drink. 

Geniet hierdie Vrydag en 'n lekker naweek vir almal. 

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 09/11/2019 - 13:51

Goeie môre Kampforum-maters !

Ai, dis maar 'n moerse gesukkel om Kampforum-mense aan die gesels te kry.

Ten spyte hiervan, geniet maar tog jou naweek.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 09/11/2019 - 15:54

Maar die oubaas raak omgekrap smiley

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 10/11/2019 - 05:15

Goeie môre almal hier op die Sondag oggend. 

Sit nou met 'n beker koffie voor my en luister na die oggend lied. Reën gekry deur die nag. Ek glo dat ons nog heelwat gaan kry.

Geniet die Sondag terdeë. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 10/11/2019 - 06:48

Goeiemôre!  Hier in Israel is dit al "Maandag" die eerste dag van die week, want gister was die Sabbat.  Die paaie wemel al  vroeg soos mense die werk week begin.  Vandag gaan ek noorde toe ry vir 'n vergadering.

Geniet julle dag! 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 11/11/2019 - 01:57

More julle ek skink maar n koffie wie drink saam dis soms maar n gesukkel met die slaap lekke dag vir almal vrede

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 11/11/2019 - 05:59

Nuwe week met nie dinge.

Lyk of ons werk weer stadig begin inkom.

Vir die laaste 2 maande het ons net 50%  van ons begroting gehaal. Gelukkig het ons geld weg gesit vir sulke maande. Ons het n baie groot projek van Australia verloor aan die Chinese. Hulle arbeid is seker goedkoper as hier by ons. Ons word mos dood ge Tax.

Ons gaan darem weer kamp oor twee weke. Sien nogaal baie uit.

Julle moet julle dag geniet en wees veilig

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 11/11/2019 - 09:24

Goeie môre Kampforum !

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 11/11/2019 - 11:15

Dagsê al die lekker mense. En.. ons gaan komende donderdag Gansbaai toe, en n aand in Agulhas N Park oorslaap, wil die nuwe chalets gaan traai. Nog n rede is die beste calamari en chips kry jy in Agulhas se take away viswinkel. Kom Sondag terug, sal vir Lennie hooter blaas waneer ons  Motagu deurkom.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 11/11/2019 - 14:35

Ja neef daai viswinkel het ons ontdek toe ons die eerste keer daar aangedoen het en steeds is dit ons eerste stop vir calamari.  Ons erf word daar bo met een ry huise geskei van die park se gronde.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus