Goeie môre mede forumiete.
Kom ons nou by die tweede laaste maand van die jaar. Ek kan alweer nie slaap nie. Sit nou maar in die sitkamer en koffie drink.
Geniet hierdie Vrydag en 'n lekker naweek vir almal.
Sterkte Arie more forum
More aan almal sterkte daar Arie ek wens almal wat lid is vannie forum klim op en gesels vandag saam lekke dag vrede
Goeie môre almal. Tee is…
Goeie môre almal.
Tee is gemaak en die koffie is aan die gang. Moes eers gister die koffie masjien regmaak. Sy hitte skakelaar het die gees gegee.
Lekker dag vir elkeen
Goeie môre almal, geniet die…
Goeie môre almal, geniet die week breker geniet.👍
Môre sê Kampforum
Rusige oorslaap nag gehad hier hy Koppiesol, net ek in die park.
Geniet jou Woensdag voluit in vrede.
Goeie môre almal. Lekker…
Goeie môre almal.
Lekker gereen gister en so ook deur die nag. Sien alles tot hier by die kantoor is nat. Het tot gistermiddag laat so 35mm gemeet.
Tee is gemaak en die koffie masjien is aan die gang.
Lekker dag vie elkeen
More More
Ook lekker hier hy ons gereen.
Ons krag was nou die afgelope 24 uur 5 keer af. As dit lyk na reen gaan dit af.
Hulle het ons nuwe smart meters vervang met nuwe prepaid meters. Nou hoor ons dit is nie SABS goedgekeer en moet ook dalk weer uitgehaal word. Ek veg nou vir die meer as R9000 wat op my vorrige smart meter was. Dink dit gaan n lang geveg wees.
Geniet julle dag en wees veilig.
Goeie môre almal, geniet 'n…
Goeie môre almal, geniet 'n lekker koel /nat Donderdag, hier het dit ook lekker gereen. Sal net nou gaan meet.
Sterkte Harry, ja dit gaan 'n hewige geveg wees.
Goeiemôre almal hier op…
Goeiemôre almal hier op kampforum
Julle moet die dag geniet
Gister my vlugte bespreek want ek moet komende Sondag en Maandag weer in Zim wees, Bulawayo.
Môre sê Kampforum
Gaan die wa Jurgens toe vat vandag, hulle het gesê hulle sal na die inloop kyk wat steeds klap as ek wegtrek. Hoop nie hulle sê en moet met die Ford se handrem op getrek ry nie. ![]()
Geniet julle Donderdag voluit in vrede.
Goeie môre op hierdie Vrydag…
Goeie môre op hierdie Vrydag oggend.
Buite ruik dit sommer lekker skoon. Sit reeds en tee drink. Wie drink saam?
Lekker dag en naweek vir elkeen
Goeie môre almal, geniet die…
Goeie môre almal, geniet die dag en naweek. Die wat die Pad vat, wees veilig😟👍
Stoffel, ek drink saam dankie.
More More
Ek kamp darem weer die naweek saam motorhome klub. Dit is hulle kersfunksie naweek en Yvonne moet die kos maak.
Ons veg tans teen n myn wat hulle in die middel van die woonbuurtes wil oop maak. Nogal n steenkool oop groef myn. Dink net aan al die "blasting" stof, geraas en groot steenkool trokke wat hier gaan rond sluip. ![]()
Julle moet julle naweek geniet en wees veilig.
Goeie môre almal en wat 'n…
Goeie môre almal en wat 'n heerlike dag is dit nie!?
Die feit dat dit Vrydag is, is 'n bonus! Mag die voorspoed jou verveel....
Geniet die kamp Harry - kom…
Geniet die kamp Harry
- kom wys vir ons foto's asb.
Goeie môre julle goeie mense…
Goeie môre julle goeie mense, ek gaan op die pad wees maar nie om te gaan kamp nie. Die kleinseun was woensdag die 20ste 1 jaar oud en gaan saam met hom partytjie hou die naweek. Baie opgewonde en het sommer vir hom 2 persente gekoop want ek mag mos.
Dit is 'n oupa se reg, en…
Dit is 'n oupa se reg, en voorreg, geniet dit.👍
Baie opgewonde en het sommer vir hom 2 persente gekoop want ek mag mos.





Willem as jy by Jurgens is…
Willem as jy by Jurgens is vir die klap van die koppelstuk, en jy sien dalk vir Brink van Niekerk stuur groete.
Dis my skoonseun se broer, hy werk by Jurgens van die begin van die jaar as boekhouer.