Watter model het jy Stoney?…
Watter model het jy Stoney? Myne is ‘n 2008 en sukkel glad nie. Dalk oor die seels al saamgepers is?
Kavango dak
Môre Stoney
Jy sal so effe meer detail moet gee. Wat is die "canopy", die sytent-dak of die stormtent voor. Is dit los[op hulle self], of in toeritssakke wat buite bly hang?
Ek weet baie mense sukkel met die knippe aan die binnekant. Die goed moet oor die seilwerk hak. Dit kan wees dat jy die lengte daarvan moet stel, veral as jou daktente in die ritssakke is.
My tentdakke is in die sakke, en ek moet altyd baie seker maak dat dit nie 'n verdikking veroorsaak, of van die material vasknyp tussen die dak se oorhang en die plat dak deel nie. As die voorkant van jou dak nie plat genoeg kom nie, gaan jy die knippe moet verstel.
Ek sit normaalweg 'n tou tussen die dak handvatsel en die vasmaakgate op die vloer, bloot as veiligheidsmaatreel. Ek het 'n Extreme 2016 model.
Groete
Ek praat van die sytent se…
Ek praat van die sytent se dak, myne nie in n sak nie en nogal moeilik om die rally alleen op te rol. Ek het reeds die knippe in die binnekant verstel maar die dak maak nie "flush" toe nie, staan so 20mm bokant die res van die karavaan se profiel. Ek maak ook van n band in die binnekant gebruik as voorsorgmaatreel vir opwip/waai maar is bang vir stof as hy nie goed toemaak nie.
My sytent rol net op en maak…
My sytent rol net op en maak met drie Velcro bande (waarvan die een naaste aan die agterkant weg is) vas onder die dak se oorhang. Dit verhoed nie toemaak nie maar agv die een band wat weg is moet ek dit net mooi indruk sodat dit nie onder die dak uitsteek nie.
Die vorige eienaar het ‘n nuwe sytent en tent voor op die klap opgesit (die ou sytent het ek bygekry, dit het nie met Velcro vasgemaak aan die voortent nie, maar ingeryg aan die kant van die wa langs die skuins voorste sy waar die voortent se klap oopmaak. Die ou sytent was dus kleiner/korter. Ek vou net die deel van die nuwe sytent wat verby die voorkant van die wa aan die voortent vasmaak terug op die deel wat onder die dak se oorhang vasmaak en rol dit dan op. Ek kan egter dink dit gaan moeilik gaan om dit alleen mooi styf op te rol.
Die vorige eienaar het fris horisontale knippe aangebring aan die dak se voorkant buite op die wa wat die dak stewig toehou. Ek sluit hulle sommer met slotjies ook en maak dus glad nie die dak aan die binnekant vas nie. Ek dink ek het een keer vir Wessel ‘n foto daarvan gestuur maar dit was op my ou foon so ek het nie nou een by my nie.
Kavango tent/dak
Middag Stoney
Daar is 3 dinge wat kan keer dat jou dak sak;
die voorste stormtent, die sytentdak en die pale aan regterkant.
Wat ek gewoonlik doen, met die bêre van die sytentdak is om die dak letterlik effens te laat sak. Dan rol ek die tent op sodat dit inpas in die tentsak, sodat daar nie 'n verdikking vasgeknyp kan word nie.
In jou geval moet jy sekermaak dat jou rolle nie te dik en styf is nie. Dink daaraan om eerder die beskikbare ruimte onder die dak oorhang te vul, sonder om dit te vul met rol wat te dik is vir die beskikbare gaping hoogte. Dink daaraan as [a] 'n ronde rol met te groot diameter, teenoor[b] 'n meer ovaal vorm wat breedte het en kleiner hoogte maat.
Het jy al gekyk wat gebeur as jy byvoorbeeld die voorste stormtent eers laat uitbly. Met ander woorde ---wat ter van genoemde 3 dinge veroorsaak dat jou dak nie sak nie. Byvoorbeeld, het jy al die pale effe vorentoe of agtertoe geplaas, en het dit 'n effek?
Ek en beterhelfte rol maar saam op, maar ek doen die meeste swets werk. Ek kan my indink dat manalleen jy gaan sukkel om dit op sy plek te kry.
Groete
Kavango badkamer dak
Middag Stoney
Daar is 'n 4de factor, die badkamer se daktente. Myne is ook in 'n sak wat ek sommer bloot verwyder om die dak toe te maak.
Wat is die kans dat jou badkamertent bo-op die pale te lande kom en dit verhoed dat jou dak mooi insak.
Groete
Kavango tentsak
Middag Stoney
Ek gaan prober om 'n foto aan te heg van my wa met die tentsak, vir wat dit werd is. Dit behoort vir jou 'n idee te gee of dit dalk 'n oplossing vir jou probleem kan wees.
Groete
Hier is die knip wat my dak…
Hier is die knip wat my dak toehou.

Verkoelingsgate
Middag vriende
Die laaste werk/veranderinge is verlede Saterdag aangebring. Pieter Barnard het dit sommer by my huis kom doen, wat natuurlik heel gerieflik vir my was.
Hy het ventilasiegate aangebring in die kaste waarin die batterye, die laaisisteem en die omsetter ingebou is. Sodoende kan die hitte wat opgewek word, ontsnap.
Hy beveel ook aan dat die kas onder die voorste bed, waarin die koel/yskas geberg word, sulke ventilasiegate moet kry. Dit is veral belangrik as mens jou koelkaste aangeskakel hou terwyl jy ry. Daardie kas is nogal redelik dig en kan hitte vasgevang word. Blykbaar is die compressor en die gas redelik gevoelig vir hoë temperature.
Myne het so 'n klein deurtjie aan die stortdeur kant, wat ek maar op 'n manier gaan laat oopbly terwyl ek ry.
Sommer so bietjie raad, vir wie daarop wil agslaan.
Groete
Dankie Wessel. Waar word jou…
Dankie Wessel. Waar word jou batterye gehuisves? Ek sal bietjie voel of daar hitte opbou in my yskas kompartement want ek ry met hom aan.
Battery kas
Middag Chris
My batterye is in die kas, soos jy inklim die 1ste ene regs onder die sitplekke.
Heel moontlik is joune ook daar, die kas wat die beheerpaneel in het.
Groete
Ek het....
Ek het nou nie 'n Kavango nie, maar ek het self gesorg vir behoorlike ventilasie toe my Exclusive se battery geskuif is van die A-raam na onder 'n bank tydens die installering van my "mover".
Ek het ventilasiegate in die batteryboks gemaak en toe ook luginlate in die bank se muur.


My batterye staan tans in…
My batterye staan tans in die huis en het sopas vir 4 ure elektrisiteit voorsien tydens beurtkrag. Die inverter laai hulle nou al vir so 25 minute en hulle is glad nie warm nie. Is die ventilasie dus werklik nodig?
As Pieter......
As Pieter Barnard sê batterye het ventilasie nodig, dan gee jy daardie batterye ventilasie sonder om te argumenteer - hy weet waarvan hy praat.
Ventilasie
Môre Len
Jou uitleg lyk sommer netjies en professioneel.
Ek verstaan egter nie, die Deltec battery in die kas is dan nie in die swart plastiek batteryboks nie.
Ek het besluit om in die toekoms oor te slaan na die AGM batterye wat nie vloeistof in het nie. Dit is net om doodseker te maak dat daar nie batterysuur per ongeluk in die kas beland nie.
Chris: Onthou jy noem "in die huis", sekerlik dan in 'n oop vertrek en nie in 'n toe kas nie.
Groete
Wessel......
Ek het die battery uit die batterykas gehaal om die gate daarin te boor en om die foto te neem. Daarna het ek die batterykas in die vloer vasgeskroef, die battery daarin teruggeplaas en die deksel opgesit.
Len se batterykas
Hello Len
Dit maak sin. Nou is jy sommer ook verseker dat daar nie per ongeluk 'n druppel batterysuur op jou vloer in die bankkas kan mors nie.
Groete





Nog Kavango raad asseblief
Al rol ek die "canopy" so styf moontlik op, sukkel ek nog steeds om die dak behoorlik te sluit. Is daar n ander tegniek wat ek mis?