Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -1 hour ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -2 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 19/03/2026 - 14:22

Die remskoene druk teen die binnekant van die drom om dit te rem. Ongelukkig moet die kasteelmoer dus losgedraai word om die drom af te haal. Dit stel natuurlik die laer bloot en dit moet oorgepak word. Dit is darem ‘n geleentheid om die laer te inspekteer. 
 

Ek sal laat weet wat dit my gekos het nadat dit afgehandel is. Dit lyk my die remskoene en twee kabels kos ongeveer R1000, maar dan kom die arbeid (en dalk nuwe laers) by. Ek maak my reg vir so R3500. Ek hoop werklik nie dit kos meer as dit nie!

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 19/03/2026 - 15:11

As ek jy is Chris sal ek in elk geval die laers vervang, dit is nou oop so dit kan net so wel gedoen word. Maak dan net seker dis "goeie" kwaliteit laers soos SKF of Timken ,nie Fong Kong nie.

Terloops, my oog het netnou op die volgende deur Wessel in die eerste plasing van die draad geval:

"Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit."

Mens moet seker by voeg ".....altwee van hulle"devil Of kruip daar nog weg erens?

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/03/2026 - 15:17

...ek was al 'n paar keer spyt oor daardie woord "eintlik", maar gelukkig gesels julle almal saam, en dis wat saakmaak.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 19/03/2026 - 19:23

Ek het vandag gebel, hulle het nog nie by die Kavango uitgekom nie. Ek het nie vooraf bespreek nie, dit maar net mooi vroeg ingevat. Ek het vir hulle gesê ons wil graag volgende Vrydag ry as ons kan, so hulle sal sorg dat dit voor dan klaar is. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/03/2026 - 19:44

Ek sny dit nooit so fyn nie. Ten minste 'n maand voor ek vêr ry moet trokkie en woonwa se foute reggemaak word. Verkieslik wil ek nog 'n toets-sleep inwerk voor ek die langpad vat. 

Ek hou duimvas.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 19/03/2026 - 20:14

Ek moes dit so fyn sny agv finansies (‘n gebrek daaraan). Ek weet darem wat vervang moet word, want ek het twee dae daaraan spandeer 23-25 Desember toe alles toe was (ook te fyn gesny weens ‘n gebrek aan tyd). Living on the edge…

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus