Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -5 hours ago
wapen lisensie My nuwe voertuig Wessel Strydom -5 hours ago
Pragtige fotos 2025 Wonderland 45 Geert -5 hours ago
Dapper pa! 2025 Wonderland 45 Rona du Plessis -5 hours ago
Goeie Hout Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -6 hours ago
Raai wat's vir aandete vanaand. Nog lekker hoender resepte Goeie Hout -6 hours ago

Kavango raad

Brits
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete

Middag Chris

Nog nie, maar PBE is besig om stelsel te voltooi, hulle is net baie besig. Ek probeer geduldig wees, want hulle het groot kontrakte en tussenin help hulle seker maar individue.

Ek sal as my wa oop is kyk wat se info ek kan kry. Ek het dit erens gebêre. Ek het 2 eenhede buite, die ene sit in die neuskas by die gasbottel, en die ander met die waaiers, sit onder sy pens, ongeveer regoor die linkerkant se instapdeur.

Ek gaan sommer sonpanele laat byvoeg sodat ek ongeveer 260watt het, dan ook 'n inverter laat insit.

Lekker kamp op Jongensfontein. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 21/11/2019 - 18:17

Daai eenheid klink soos die wat Johan van Caravan Cooling doen.  Syne in sy Excusive is ook so, 3 split.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 21/11/2019 - 20:02

Syne in sy Excusive is ook so, 3 split.

En baie kompak, dit vat omtrend geen spasie in die neuskas nie. Ek was baie beindruk met sy stelsel. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 21/11/2019 - 21:38

Gelukkig het jy nie planne om binnekort te sleep sover ek onthou nie so jy kan bekostig om geduldig te wees. En as alles klaar is gaan jy darem lekker kampeer!

Ek kan nie nou lank gesels nie, moet nog ‘n paar dinge regtrek sodat ons môre vroeg genoeg kan wegkom. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 22/11/2019 - 09:24

Nouja julle ouens met die grênd nuwer waens, sonpanele, inverters en wat nog, ek hoop julle kamp netso lekker en probleemvry sonder 220V soos ek (by onder andere Balule en Tsendze in die Kruger Wildtuin) met my stokou Exclusive.  Ek het ligte wat brand, waterkraan wat werk, 'n yskas en vrieskas wat alles lekker koud hou en 'n gasstoof om koffiewater te kook.

Maar ek gee ook darem iets prys, my mikrogolf en lugversorger werk ongelukkig nie sonder elektrisiteit nie, maar daarsonder leef ek maklik.

Ek dog ek sê maar net.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 22/11/2019 - 09:34

Wat van die warm stort ?  wink

0

Môre Len

Jy is weer besig om vriendskappe te vertroebel.

Ek sou eintlik nog steeds met my Palma wou kamp, maar moes daarvan ontslae raak. Ek het heerlik in Balule gekamp, met die yskas/vrieskas wat met gas kon werk, en sy normale TV-battery in die neus. Hopenlik kan ek nou die foto aangeheg kry.

Die boswa het op my pad gekom, met die luukses, dus kan ek nou, NIE soos Arie daarvan hou, sonder sukkel my vakansies genietlaugh

Die inverter is om die beterhelfte gelukkig te hou, want ten minste kan dit 'n haardroër aandryf.

Waarom hoor ons niks van die Montagu-kamp nie, was die KWV nader aan 'n papsak???

Groete  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 22/11/2019 - 09:59

Warm stort :  Willem, ek weet jy stel vir my 'n slagyster om in te trap, maar ek gaan nie.  Daar is lieflike storte in die ablusie by Tsendze en Balule met lekker warm water.

Haardroër afwesigheid : Gelukkig het my Pathfinder 'n sondak  -  Mammie steek net haar kop daaruit en dan gaan ons vir 'n "game drive".  Binne 'n ommesientjie is daardie hare droog en daar word nie weer van 'n gebrek aan haardroër-fasiliteite gepraat nie.

Die Kavango met luukses : Is dit nou die "luukses" wat Pieter Barnard moet oor doen om dit alles aan die werk te kry ?

Montagu-kamp : Die onderwerp van die draad is Kavano raad, nie waar nie ?

0

Dag Len

Nou is jy op dun ys, gehoorsmiley

Jy is heeltemal reg, beheerpaneel moet oorgebou word, sodat dit in veiligheid die luukses kan bedryf. Eintlik gaan dit bloot om net die laaistrome/spannings tussen 220v/ sonpanele/batterye ordentlik te doen.

Dis die seer van 2de hands koop, en waar daar getorring is aan stelsels, sonder grondige kennis. Ek is steeds van mening dat as my wa se stelsel "stock standard" was, ek nie probleme sou hê nie.

Groet

0
Worcester

Wildehont

Sat, 23/11/2019 - 21:25

Ek het vandag my Kavango se stort op die proef gestel en is baie tevrede. Die druk is goed, die water lekker warm en selfs my 1,98m lyf pas gemaklik daarin - met die seil dakkie op. Ek kan nie wag om dit iewers in die bos te gebruik sonder die seil dakkie nie. My beste stort is in die buitelug in die bos. 
Gister oppad hierheen dink ek toe aan iets. Die Kavango het ‘n 30l geyser wat seker met ‘n soort ball valve vol bly. Indien jy dit nie laat leegloop het by die vorige kamp nie, het die Kavango dus 150l water aan boord as die tenk vol is. Stem jy saam Wessel?

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 24/11/2019 - 06:56

Môre Chris, ek kan jou nie antwoord nie, behalwe om te sê, as jou tenk 120L, en die gieser nog 30L hou, is dit 'n volle 150Kg wat jy ekstra gewig sleep, (indien jy die tenk vol het) nogal baie.

Maar, as jy in die bos gaan kamp, kan daai water handig te pas kom.

0

Môre Chris

Ek is nie seker van die 30l nie. Dalk het my 2016 model 'n ander tipe gieser in. Ek vermoed myne is 'n stadige deurvloei verhittings tipe.

Ek sleep meestal my 120liter[kg] water van die huis af saam. Dit verminder so bietjie die neusgewig. 

Ek is bly al jou stelsels werk effektief en korrek. Soms dink ek die eersre modelle het beter tegnologie in. 

Ek neem vanmiddag my wa na PBE vir die heelmaak. 

Groete

0
Worcester

Wildehont

Sun, 24/11/2019 - 12:04

Myne het volgens die handleiding ‘n 30l geyser en hy raak redelik vinnig met elektrisiteit vuurwarm en bly dan so. Met gas vat hy so halfuur om warm te raak en 2 keer se warm maak van yskoud af en ‘n naweek se gasstoof het 500g gas gebruik. Ek het al gelees ouens sê mens moenie die geyser laat leegloop nie want hy sukkel om te prime. Ek aanvaar dus hy bly vol en die tenk het nog 120l. Ek het hierdie keer nie tuis volgemaak nie maar ander gewig op die as gesit en ook gewig uit die neuskas gehaal om neusgewig af te bring en het lekker gesleep. 
 

Sover werk alles goed en is ons baie tevrede. Ek hoop joune is ook 100% na jy dit terugkry. Ek weet hoe krap dit as iets nie na behore werk nie. 

0

Middag vriende

Wil net meld dat my wa veilig terug is op sy plek. Ook net betyds voor die groot reën wat vanaf more verwag word. Ek het die wa by Pieter Barnard Enterprises gehad, waar hy persoonlik die volgende gedoen het;

12 volt laaistelsel herontwerp en nuwe gebou

220volt bedrading deur die hele wa vervang met korrekte dikte drade, vir swaarder stroom.

alle 12volt bedrading wat yskas, ligte, waterpomp, geizer, toilet, sonpanele en elektriese neuswiel bedien, vervang met groter stroom gradering.

"inverter ingebou om lae drywing goetjies te gebruik.

opgradering van sonpanele na 260watt uitset.

herstel van waterpomp, met byvoeg van beskerming teen af/aanskakel pulse

Ek kan noem dat die werk getuig van kwaliteit en proffessionele afronding. Ek het uiteraard nog nie gekamp met die verbeterde stelsels nie, maar het beslis baie meer gemoedsrus nou in die elektriese werke/bedrading van my wa. 

Ek sal later probeer om fotos van die beheerstelsel te laai.

Groete

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus