DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
- 669 views
Koffie
More mense, koffie was sommer ekstra lekkkkerrr vanoggend, lieflike dag en veilige week vir julle.
Dankie Anton, maar...............
...............ek hoop die ander ouens het my lang "Goeie môre" boodskap en my versoek aan Voortrekker op die ou draad gelees.
Goeiemore
More almal. Hoop julle het die naweek geniet en is reg vir die nuwe week.
Ek het darem met die skakel gegaan na die ou draad om seker te maak ek het niks gemis daar nie, so ek het jou inset gelees Len.![]()
My oudste broer (81) is ses maande gelede met pankreaskanker diagnoseer en is nou op sy einde. Hy het gister gevra ons moet hom almal kom groet. Hy was omring van kinders, skoonkinders, kleinkinders, agterkleinkinders, broers en susters en sy vrou met wie hy 60 jaar gelukkig getroud was. Sy hele lewe was hy 'n wonderlike voorbeeld vir ons almal en selfs op sy sterfbed is hy dieselfde. Hy het vrede en is gereed om te gaan. Dit was baie hartseer.
Freda. Sterkete daar vir…
Freda. Sterkete daar vir jou en al julle familie lede - Darem 'n vorreg, al is dit baie hartseer, om iemand so te kan afsien.
Freda, sterkte vir julle. Al…
Freda, sterkte vir julle. Al verwag 'n mens dit bly dit maar hartseer. Bid die Vader se vertroosting vir elkeen van julle
Freda...............
Pankreaskanker is ongelukkig 'n dodelike siekte, maar dit moet vir jou broer (en vir julle as familie) 'n wonderlike voorreg wees om met soveel liefde omring te wees en dan te kan afskeid neem. Sterkte vir jou !
Baie dankie Voortrekker,…
Baie dankie Voortrekker, Dusty en Len. Gelukkig het hy absoluut geen pyn nie, behalwe vir die lyf wat bietjie seer word van die lê. Toe toon hy nog sy sin vir verantwoordelikheid met 'n bietjie humor daarby, fluister vir my hy het almal laat kom omdat hy voel sy tyd is naby en omdat dit Sondag is weet hy hulle is nie by hul werke nie, maar hy hoop dit is nie 'n "vals alarm" nie.
Baie sterkte vir julle Freda…
Baie sterkte vir julle Freda. Dit kan nie maklik wees nie. Ek haal my hoed af vir iemand in so posisie en nog steeds 'n sin vir humor.
Baie sterkte
Sterkte vir jou Freda en die res van die familie. Xxx
Sterkte Freda. Dit is nooit…
Sterkte Freda. Dit is nooit lekker om van n geliefde afskeid te neem nie.
Baie sterkte vir almal Freda…
Baie sterkte vir almal Freda, julle is in ons gebede, veral sy vrou van sestig jaar van saam wees.
Sterkte daar Freda.
Sterkte daar Freda.
Goeie more…
Goeie more.
Darem nie so koud vanoggend nie. Sien daar is baie reen voorspel vir die onderste punt van die kaap. Glo en vertrou dat dit daar gaan reen
Lekker dag vir elkeen
Goeie more Dusty!…
Goeie more Dusty!
Is daar nog koffie asb?
Anton, ja meer as genoeg…
Anton, ja meer as genoeg. Mens het dit nodig met die temperatuur op die oomblik
Eerstens, baie sterkte Freda…
Eerstens, baie sterkte Freda en tweedens, goeie more almal!!
Ek het darem al klaar so 2 bekers Dowe Egberts in vanoggend en is redelik reg om die dag te tackle!!
Lekker dag vir almal en skop gat!
Freda
Sterkte daar
More almal, T was lekker,…
More almal, T was lekker, nou gaan ek so beker van Dustie se koffie kry dankie.
Frik daai koffie van jou klink na iets uit die boonste gestoeltes, sal maar ander dag saam jou drink dankie.
Goeiemore
Duisende dankies aan almal vir die sterkte toewens. My broer se berusting en aanvaarding maak die familie ook rustig. Ons gaan hom mis, maar weet hy kan nie leef soos nou nie en gun dit vir hom om eerder daarvan verlos te word. Dit is wonderlik om te sien hoe hy, in die gesig van die dood, net liefde uitstraal en niks anders is belangrik vir hom nie.
Hier by ons het daar netnou 'n lieflike bui reën geval. Ons tuine was so droog en na laas week se baie reën kan jy sommer sien die plante kry nuwe lewe. Gewoonlik die tyd van die jaar, plant ons blommetjies vir die lente en somer, maar kan nie nou met die waterbeperkings nie.
Almal moet hulle dag geniet en hou die blink kant bo!





Goeie more!…
Goeie more!
Len, ek wou nie die eerste koffie draad heeltemaal vernietig nie, so hier is 'n nuwe een. In die gevolg sal ek ook die koffie skakel so progammeer dat hy na die laaste bladsy gaan.