RSG het elke jaar tydens die Woordfees in Stellenbosch ‘n kompetisie saam met die WAT vir nuutskeppings in Afrikaans. Ek het ‘n woord ingestuur en mens kan vandag daarvoor stem. My woord - talmwalm (‘n slegte reuk wat nie wil weggaan nie) - loop tans voor. Gaan gou na www.rsg.co.za en rol so entjie af na Kitspeiling aan die regterkant van die blad en stem vir my nuutskepping asseblief.
Jammer dat ek die platform nou so misbruik maar die prys vir die woord wat wen na die naweek is vier aande by enige ATKV oord en dis mos nie te versmaai nie!
Chris, my vrou en ek...
..het ook vir jou woord gestem. Hoeveel keer mag 'n mens stem?
Dankie al die lede wat my…
Dankie al die lede wat my ondersteun! Mens kan net een keer van ‘n toestel af stem maar dinge lyk sover heel goed.
Dankie Kampforum. Nou weet…
Dankie Kampforum. Nou weet ek ook hoe dit voel om ‘n verkiesing te wen.
Geluk so meevallertjie is…
Geluk so meevallertjie is nie te versmaai nie......
Stemme loop mooi
Donderdag 12 Maart 2020
Kooikategese (seksonderrig op skool) 34% Snuiterbuiter (ouer vrou wat met jong mans uitgaan - cougar) 15% Talmwalm (slegte reuk wat nie wil weggaan nie) 48%Aantal stemme: 151
Amoré Bekker noem nou-net…
Amoré Bekker noem nou-net oor RSG dat iemand stuur 'n vertaling in van "talmwalm". Stel voor dat dit in Engels 'n "long pong" genoem word.
Gelukwense
Middag Chris-WH
Geluk met jou 1ste plek, dink nou net as jy 2de prys gekry het----2 naweke by Goudini. Jy het baie om voor dankbaar te wees.![]()
Groete
2 naweke by Goudini Dis ‘n…
2 naweke by Goudini
Dis ‘n netjiese oord. Na twee naweke daar behoort mens ‘n lekker kerrie te kan maak
Baie geluk Chris WH, geniet…
Baie geluk Chris WH, geniet jou tyd by ATKV👍
Chris B, ek hou nogal van die "long pong"😂
Natuurlik is daar niks soos …
Natuurlik is daar niks soos ‘n free lunch nie. Die prys is vir 4 aande midweek (Son tot Do) en nie oor skoolvakansies of langnaweke nie. Ek moet dit ook self gebruik en kan dit nie weggee nie. Ons sal maar moet kyk of ek genoeg verlof oor het teen November rond sodat ons dit kan gebruik voor dit verval einde Feb.





Nou 2de keer vandag gestem
Donderdag 12 Maart 2020
Kooikategese (seksonderrig op skool) 35% Snuiterbuiter (ouer vrou wat met jong mans uitgaan - cougar) 15% Talmwalm (slegte reuk wat nie wil weggaan nie) 46%Aantal stemme: 125