TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74400 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Reis vir ontspanning is nou wettig! Red Ons Kampeerbedryf Wildehont -7 hours ago
Braai (ers)… Huis se binnebraai Willem Brits -9 hours ago
Addo se Web-Cam Foto Addo se Web-Cam Foto's Willem Brits -9 hours ago
Nossob se Web-Cam Foto Nossob se Web-Cam Foto's Willem Brits -9 hours ago
Braai Huis se binnebraai Harry Du Randt -9 hours ago
Satara se Web-Cam Foto Satara se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago
Orpen se Web-Cam Foto Orpen se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago

c

Lag 'n slag

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Mon, 04/12/2017 - 18:13
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 06/04/2020 - 10:05

Ek weet nie wie hierdie geskryf het nie, maar dis bitter snaaks!*

GHOUT!

Ai, niks in die lewe bring groter vreugde vir 'n moeë Kapenaar met 'n vis-en-hoenderdieet as 'n langnaweek in die Karoo of Vrystaat nie. 
Die oggend, middag en aandvleisvure brand hoog en die vet drup uit die vakansiebaarde, dis 'n geil besigheid man, geil sê ek jou, geil. Jou beker loop oor.

Soggens is dit skaapniertjies, middae skaaptjops en saans ietsie kleins soos 'n steak of varkboudjie. Hier beteken 'n gebalanseerde dieet 'n tjop in elke hand. Tussendeur word daar aan springbokbiltong of geelvet beesbiltong gekou om die kieste in oefening te hou.

Maar soos met alle goeie dinge kom daar 'n einde aan alles.
Die terugtog Kaap toe kom soos 'n dief in die nag. Daar word uitgestel en weggepraat maar vader tyd het gesê dis Sondagmiddag en so sal dit wees.

Na 'n skaapvleis ontbyt word die langpad gevat met skaapboud-toebroodjies, biltong en droëwors vir padkos. Voetslepend en klaend word die tasse gepak en gelaai en met stroewe gesigte word die familie gegroet.

Die stilte in die motor is oorverdowend wanneer ons die N1 vat terug Kaap toe. Edenburg, Trompsburg, Colesberg, Spietkop, Hanover, Spietkop, Richmond, kamera-flits die dorpe verby. Drie Susters……… amper halfpad en die Sondagmiddag trek lang skadu's oor die Groot Karoo. Ai, as ons maar al die skapies langs die pad kon saamvat vir die mense in die Kaap. Hulle weet nie wat hulle mis nie. Glo mos net aan vis en hoender. Hoender is mos die nasionale voël van die Wes-Kaap.

Na Drie Susters kom ek agter daar is fout. Groooooot fout!!!! 'n Pyn van epidermiese proporsies skiet my regterenkel binne. Dit moet 'n beroerte wees!!! Ek sweer dis 'n hartaanval……… my hart sit juis in my skoene. Kry mens miskien 'n voetaanval, bosluisvoet of slangvoet?

Die moontlikhede is legio. Die pyn neem alles oor. Die kinders wonder of pa krismis gaan haal. Liefie wil weet of ek koors het. "Bel die dokter," is al wat ek uitkry terwyl ek stotterend asem probeer kry en my lewe by my verbyflits. Ek trap die petrol dieper in met my linkervoet terwyl trane saggies oor my wange rol. Hoekom is die Kaap so vêr??

Vroulief bel die dokter wakker uit sy Sondagmiddagslapie. 
Dis NOOD broer. Sy vertel in kort, afgemete sinne wat haar diagnose is. Dok vra hieroor en daaroor en waar die pyn is en of daar ou rugbybeserings is in die regtervoet. Dan 'n lang stilte. Ons albei verwag die ergste en ek ry stadiger om die skok beter te absorbeer.
"Nee" sê Dok, "as dit so pyn en die pyn daar is en julle die en daai geëet het, daar geen koors is nie, die pyn nie "loop" nie, dan lyk dit na ghout."

"Wat het jy in die kar? Het jy enige iets vir kinders vir karsiek?"
Dankie tog, dink ek, ons is al by die merrikasie, ons vorder. "O, setpille" hoor ek vroulief sê. "Hy moet ten minste 100mg inkry." 
"Maar ek het net 15 en 20mg pilletjies," hoor ek vroutjie sê terwyl ek hard dink hoe ek die klomp pille in my gat gaan opkry. Synde Dok op "loudspeaker" is, kan ek darem self in my toestand uitwerk hoeveel keer gaan ek die prosedure moet doen.

Toe Dok aflui staan ek dadelik vas – my hol is 'n "one-way" en ek het ook 'n binneste – "Sal wag tot op Beaufort-Wes, daar behoort 'n noodapteek te wees," sê ek kortaf en handel daarmee die gesprek af ter wille van die kinders.

Op Beaufort-Wes is 'n noodapteek so skaars soos reën. Niks oop op 'n Sondagaand nie. "Druk maar deur Kaap toe," kners ek tussen my tande uit. Ek sit nou al kaalvoet met die lugreëling vol oop op my voet. Vroulief maak die kinders en haarself onder kombersies toe maar sê eerder niks nie. Ek wil my voet vries sodat ek hom kan afbreek en in die kar se boot terug Kaap toe ry. 'n Man het sy trots en ek is geen hoender wat klein pilletjies agterstevoorom pik nie.

Op Leeu Gamka is al my manlikheid moer toe – alles is wit van die pyn. "Vrou gee maar – dit is nou of nooit, en ek "nou" liewer as "nooit". Vroulief fynkam haar "toolbox" en kom met die fantastiese nuus – "Hiers nog 'n 100mg setpil". Dankie tog. Elke pyn het sy eie gewig. My pyn voel baie swaarder as 100mg maar met pilletjie in die hand bestorm, of was dit nou bekruip of huppel ek na die plek van verligting by die Ultra City.

Hierdie ding moet net werk, dink ek by myself en probeer moed skep en myself opwerk en motiveer vir dit wat voorlê. Ek worstel en sweet, maar ek weet hy MOET in, my moed gaan dit nie 'n tweede keer maak nie. Dit voel vir my of ek die "bulls eye" van 'n dartboard van die agterkant af op een been moet kry terwyl ek die ander mense in die kleedkamer met fyn en sagte kreungeluidjies vermaak. Die ding voel soos 'n pynappel. Na dit vir my gevoel het soos ure se gesukkel is ek terug kar toe en ons vat die pad verder Kaap toe. Die kinders wil weet hoekom pa se oë so groot is en of ek vir hulle Rooikappie en Wolf gaan opvoer om die pad om te kry. Niemand sê verder iets nie en tot vroulief bly tjoepstil, sy weet wanneer vraetyd verby is. Dit is so stil in die kar dat die kinders snoesig aan die slaap raak. Ek sit nogsteeds met my pyn en trap die petrol al hoe dieper om in die Kaap te kom. 
My voet pyn en my hol brand soos 'n koeëlwond. Ek voel vuil, soos iemand wat verkrag is en die gebeure in die toilette op Leeu Gamka is vir ewig in my geheue ingeprent. Wonder of ek nie 'n sielkundige moet gaan sien as die pyn eers weg is nie?

By Laingsburg probeer vroutjie 'n geselsie. "Voel jy al beter, Skat?"
"NEE, fok maar dis 'n skerp pil daai." Ek is sommer die moer in vir als wat wit jasse dra. "Wat bedoel jy met 'n skerp pil?" wil vroulief weet. "
Daar is dan fokken alluminium om die pil man. Ek moes die pil omtrent pannelbeat om die meeste van die skerp kante plat te kry. As ek die ding net so in my hol gedruk het sou ek my teen die tyd al inwendig doodgebloei het" verduidelik ek.

Die volgende oomblik smaak dit vir my vroulief het as selfmoord-bomplanter by Elkaida gekwalifiseer. Sy ontplof dat die kinders se lyfies so ruk en hulle met hulle handjies bokant hulle koppe gryp in hulle slaap. Ek het haar laas so hoor lag toe sy gehoor het van haar eerste swangerskap. Sy sien die moerse vraagteken op my voorkop en sy bulder dit uit: "JY MOES DIE ALLUMINIUM AFHAAL, JOU POEPOL!!!!!!!!!"

Met die trek sy haar selfoon nader en ek weet die kak word nou weer vir al haar vriendinne vertel. Dat die verskriklikste pyn in my voet en 'n brandpyn in my gat nou vir iemand so snaaks kan wees. Ek moes myself verdedig. "Maar ek dog dit werk soos 'n kapsule. Mens breek mos nie 'n kapsule oop nie, netnou vergiftig jy jouself met 'n oordosis, die besigheid moet mos stadig mens se sisteem bekruip." My manlikheid en intellek is daarmee heen. Die hele wêreld gaan dit ook nou weet. Vroulief mishandel behoorlik die selfoontjie om die nuus oor die heelal te versprei terwyl sy saggies, amper geheimsinnig giggel en geluidjies van plesier maak.

Ek kry simpatie met mans wat hulle vrouens moer. Dok is natuurlik die eerste om van my ongelukkie te hoor. Hy kan sommer my lyding oor die internet uitblaker en die eer kry vir die beste mediese joke van die maand. Dokters is almal etters. Geen setpil sal ooit weer dieselfde wees nie. Hoe gaan ek die wêreld weer in die oë kyk? 
Gaan ek ooit herstel van my ure van lyding en vernedering in die toilette op Leeu Gamka? Ek raak hartseer en verlang terug na die tere liefde en simpatie van my moeder.

Volgende oggend is ek natuurlik 'n "celeb" by die werk. Almal wil net bemoedigend aan my vat of 'n ou geselsie aanknoop. Wil weet of ek nou 'n "stainless steel silencer" het. Ha ha ha – lag vir jou gat man! Ek wens julle kry die pyn wat ek in my voet gehad het in julle "silencers", dan praat ons weer. Ek weet nou nog nie of die setpil gewerk het nie. Ek sal moet wag tot al die aluminium "corode" het...

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 09/04/2020 - 14:04

Ek weet mens moet in die huis bly, maar ek het dit gewaag om bietjie uit te gaan vandag en het in my straat gestaan en begin sing..........
Die bure het my gegooi met aartappels, tamaties, wortels en uie.......
Ek gaan vanmiddag dit weer doen want ons het vleis nodig