Wen R 2000 bygedra tot jou kampplek van keuse!
Dankie Harry (Cadhouse) en kampforum.co.za vir die R2000 prys borg! ![]()
Hoe werk die kompetisie?
Jy hoef nie 'n nuwe draad te begin nie. Plaas jou inskrywings slegs op hierdie draad.
Enige forum lid mag 3 foto's inskyf. Enige foto na jou 3rde inskrywing sal nie in ag geneem word nie. Jy hoef nie al 3 foto's gelyktydig te plaas nie. Foto's MOET deur jou of van jou of jou gesin / groep geneem wees. Die kompetisie sal eers eindig wanneer 15 of meer lede ingeskryf het. Forum lede word verwelkom om kommentaar te lewer op foto inskrywings. ![]()
Foto Tema: " Nou kamp ons / ek lekker" m.a.w. enige foto's van hoe lekker jy of jou gesin of groep kamp.
Prysgeld: Die R 2000 sal in die wenner se oord van keuse se rekening inbetaal word met bespreking.
kliek hier: - HOE OM FOTO's TE LAAI?
KOM LAAT ONS JOU FOTO's SIEN!
(beoordelaars is Cadhouse en kampforum) Aan die einde van die 1ste kompetisie fase sal finaliste gekies word waarvoor daar dan gestem sal word om die wenner te bepaal.
Ek het juis vir Johann…
Ek het juis vir Johann Fouche gevra om die wen foto aan te wys omdat (ek hoop) hy 'n objektiewe en nie eensydige besluit sou kon maak - tensy hy en die eienaar van die wen foto besig is om saam te sweer?
Geduldig Willem ... ![]()
Daar was 'n 2de foto ook met waarneming: " hierdie is ook 'n uitstekende foto is wat kamplewe bitterlik goed uitbeeld." .....
Spot jy nou met MY, of maak…
Spot jy nou met MY, of maak jy net aannames😂
Baie geluk Len, en ek, nou…
Baie geluk Len, en ek
, nou moet die inperking oor en verby kom.
Geluk Len! EK moet saam…
Geluk Len! EK moet saam stem, daardie foto is ook my gunsteling.
Geluk aan die wenners !!!!
Baie geluk Johann en Len met julle pragtige foto's ![]()
Johann , ek het gedink beide…
Johann , ek het gedink beide foto's is joune
Jy het darem 2de plek behaal. ![]()
Wow !
My genugtig mense, kyk nou net, my foto is wraggies die wen-foto ! Wat 'n lekker verrassing is dit nie in tye waar alles so neerdrukkend is.
Die foto is in Skukuza geneem van my jongste kleindogter tydens ons gesinskamp, saam met ons drie kinders en hul gesinne. Daardie kamp met drie karavane (almal van Kaapstad) was 'n leeftydse belewenes wat nou pragtig afgerond word met hierdie foto-prys.
Baie dankie aan Harry en Kampforum vir hierdie wonderlike geskenk !
Ongelukkig het ek pas my volgende kampvakansie in die Kruger Wildtuin in Mei 2021 ten volle betaal ! Sal maar vinnig 'n ander kamp moet reël as hierdie virus ons net wil los !
Vanaand gaan ek darem lekker slaap !
Nogmaals baie dankie aan die twee borge van die kompetisie.
Ns. Ek hoop die kompetisie gaan nog Kampforum-lesers motiveer om ook deel te neem aan gesprekke op die forum.
Verstaan ek nou verkeerd, is…
Verstaan ek nou verkeerd, is daar nou twee wenners?
Len, gaan ons die prys deel😂
Ewentwel, baie dankie aan al die deelnemers, dit is so dat daar moet meer as een deelnemer wees om iets te kan wen, jammer, almal kan nie wen nie.😀
Saak is reg Anton.👍 volgende…
Saak is reg Anton.👍 volgende een is myne ![]()
Johann , ek het gedink beide foto's is joune
Jy het darem 2de plek behaal.
Ek is nou so kwaad, het 10…
Ek is nou so kwaad, het 10 min in die kamer gaan sit en dink voor ek reageer. (Sê mos, moenie dadelik reageer nie.😀 )
Ek kondig aan: ek verlaat nou die forum, cheers, sien julle more.







Wen foto
Ek het vir JohannFouche gevra om die wen foto te kies. Johann is 'n professionele fotograaf. Hy het ook al saam met ons klompie gekamp by Mabalingwe.
Johann se opinie oor die wen foto: "Hierdie foto se beligting is baie goed, en die kontras en kleur spreek boekdele"