Weltevrede Oord

Resensies

Vaalpark

Johann L

Tue, 18/08/2020 - 18:25

Ons het heerlik gekamp hier, die oord is besonders netjies, met grasperke oral behalwe op die staanplekke wat geplavei is. 

Die toegangs pad vanaf die R500 is vir so twee kilometer grond, (heel rybaar met enige voertuig) by die oord se "plaas  hek",  so kilo voor die oord) begin 'n mooi geplaveide pad.

Net voor die pad 'n T maak, met links na Eastco, en regs na Weltevrede, is een helse spoed wal waarvoor mens maar moet uit kyk.

My enigste  negatiewe, is dat die staanplekke hoofsaaklik in twee reguit rye onder afdakke staan, met 'n baie bree strook plaveisel. Daar is wel paar staanplekke "eenkant".

Twee ablusies wat baie goed geleë is, is voldoende vir 'n nie te vol oord. Hengel plek is baie netjies, maar ek hengel nie.

Tydens ons verblyf was dit 'n geval van elkeen maak agter hulself  skoon na jy in die ablusie was. Samewerking van ons drie karavane wat die een ablusie gebruik het was puik.

As gevolg van winter en natuurlik die Covid virus, was ons net ses kampeerders, en was die kaffeetjie maar swak gestock.

Die eienaars is baie hulpvaardig, vriendelik en het selfs na ons vertrek, vir my 'n e-pos gestuur om dankie vir die ondersteuning te sê. Dit is puik diens.

Daar is ook 'n bos kamp vir die wat dit verkies.

 

Weltevrede
Ons het op no 1 gestaan, hierdie foto is in 'n westelike rigting rigting geneem.
Weltevrede
Hier kan mens die plaveisel sien, BAIE breed.
Weltevrede
Die kombuis opset.
Weltevrede
Jy het 'n keuse van drie braaiers, gebou of  twee verskillende grootes draagbare braaiers.

Ons sal were hier kom kamp opslaan.

Weltevrede

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Kamp Datum
14 tot 17 Aug 20
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Plaveisel
Swembaddens?
Koue Swembad
Ablusies
5uit 5
Sekuriteit
5uit 5
4x4 attraksies
4X4 boskamp
Vir kinders?
Slegs speelpark
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus