Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -2 hours ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -3 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago

Raai die Kamp Plek

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie draad om nie die "Boonste Foto" draad te kaap nie.

.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 05/09/2017 - 14:23

Deon ek het die foto al so bekyk en het nie 'n clue nie. Glo nie ek was al daar nie.  Kan dit dalk naby bosbou gebied wees? Lyk soos Winter tyd.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 05/09/2017 - 14:57

WilSur se foto :  dit moet naby 'n dam of rivier wees wat soms oorstroom  -  kyk hoe hoog is die kragbokse geplaas.  Ek weet net van Gariepdam waar die kragbokse so hoog geplaas is.

Deon : ek het geen idee waar dit kan wees nie.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 05/09/2017 - 15:31

Dit is in die winter gewees. Daardie bome lyk pragtig in die somer. Gras is altyd groen en het altyd vuurmaak houd verniet gekry, soveel as wat jy wou hê. Swembad is seker die lekkerste warm water waarin ek nog ooit geswem het.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 05/09/2017 - 15:49

Ken nie een van die twee oorde nie,  gaan sommer 'n wilde kans vat?

1. Willen se foto is Willems Rus? 

2. Deon, joue is KZN iewers, of Oos Transvaal.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 05/09/2017 - 16:42

Len, ja dit is naby 'n rivier, dink aan wat ek gesê het.

Hy lê tussen ons en is nou wel so bekend op die forum.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 05/09/2017 - 17:36

Terwyl ek nou so sukkel met WilSur en Segekok se fotos, hier is solank iets om aan te herkou.  Waar is dit ? :-

.

Hier is nog 'n foto van dieselfde plek :-

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 05/09/2017 - 18:52

Willem, nee dis nie aan die Indiese Oseaan nie !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 06/09/2017 - 06:53

Ai maar julle sukkel met my ou twee fototjies hierbo !  Julle ou spulletjie daar bo in die noorde moet meer hier in die Kaap kom kuier sodat julle op hoogte van sake kan kom !

En my mede Slapenaars, dis nou opstaan tyd en sê daardie klompie daarbo waar die twee fototjies geneem is. (Indien julle nog sukkel om die slaap uit die oë te kry, albei fotos is van dieselfde kampplek).

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus