Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -1 hour ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -1 hour ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Montagu Oktober 2026 saam gesels maurits1 -2 hours ago
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -3 hours ago

Raai die Kamp Plek

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie draad om nie die "Boonste Foto" draad te kaap nie.

.

Alberton
Profile picture for user Tuinslang

Tuinslang

Thu, 24/01/2019 - 08:39

In reply to by Willem Brits

Dis die een direk langs die ablusieblok.

Lekke groot staanplek daai.  Al wat bietjie gelolhet nou Desember was die klankie wat daar rond was van die "waterwerke" af.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 24/01/2019 - 11:48

Mona Bass lake nice oord ook op my bucketlys wat ek nie afgewerk kry nie

0
Ermelo
Profile picture for user Mona

Mona

Thu, 24/01/2019 - 12:06

my bucketlys wat ek nie afgewerk kry nie

Ja Sleep Nou, dit is 'n baie mooi oord, staanplekke is lekker gelyk. die ablusie geriewe is uitstekend, lekker rustig omgewing. Jammer ek het nie nog foto's nie.

Ons het November 2017 daar gekamp vir 'n week en dit was  ons basis waar ons van gery het. Die enigste probleem vir ons was die gevreesde Moloto pad maar onthou ons het elke dag gery en goed gaan doen in en om Pretoria. Ek glo as mens daar kamp en nie rondry nie sal die pad nie pla nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 24/01/2019 - 12:33

Ons het in 2017 een aand by Bass Lake Lodge oorgestaan toe ons oppad wildtuin toe was. Sonder twyfel een van die bes-versorgde oorde wat ek ooit gesien het. Hulle ablusiegeriewe is beter as 5-ster standaard. Hulle staanplekke is van die netjieste grasperk oppervlaktes wat ek nog beleef het. Maar .... die net langer as 2km gruispad tussen die Molotopad en die oord se hek het my ongelukkig afgesit daarvan om dit weer te oorweeg om daar oor te staan. My ou wa, met sy 13" wiele het maar gesukkel met die uiters ongelyk pad. Maar dat dit 'n puik oord is - gewis!!!!

0
Pretoria

leeu

Thu, 24/01/2019 - 13:28

Ons het in Desember uitgery soontoe om te gaan kyk hoe dit daar lyk en ook besluit om nie die wa daarin te sleep nie. Die grondpad is baie sleg. Ons het toe maar liewer by Buffelspoort gaan kamp.

0
Ermelo
Profile picture for user Mona

Mona

Thu, 24/01/2019 - 15:17

Chris en Leeu, 

Ja ek stem daai grondpad na die oord toe is rof, ons wa met die venterjie en tente daar. 

Ek wonder wat Groot G te se het oor daai pad. Hy was begin januarie daar.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus