Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Maurits Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -15 minutes ago
Veilig tuis ??? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -40 minutes ago
Triton -Honda- Nissan Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -2 hours ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -3 hours ago

Raai die Kamp Plek

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie draad om nie die "Boonste Foto" draad te kaap nie.

.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 26/08/2017 - 20:21

Freda jy is reg, die foto met die DSTV skottel voor is by Addo.

Anton, dit kon nogal wraggies Yzerfontein gewees het  -  kyk hier :

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 26/08/2017 - 20:24

Willem nee, daardie sandkamp was nie Augrabies nie, maar jy kom nader.  Dit is by Tweerivieren in die Kgalagadi Oorgrenspark.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 26/08/2017 - 21:15

Sou nie die een by Yzerfontein reg kry nie, maar die ander een wou ek raai dat dit by Kgalagadi is. Maar die een by Yzerfontein het ek iewers gesien?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 26/08/2017 - 21:30

Jy onthou goed Willem,  ja dis by Stormsrivier voor die storm ons getref het.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 26/08/2017 - 21:36

Wat van hierdie een, waar is dit ? Tip : dis 'n minder bekende nasionale park.

.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 27/08/2017 - 08:42

Dit lyk 'n bietjie na Camdeboo maar ek is nie seker nie.   Hulle het ook daai paaie met staanplekke tussen die bosse.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 27/08/2017 - 14:32

Nee Freda, dis nie Camdebo nie.  Dis naby 'n dorp wat met 'n "S" begin.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 28/08/2017 - 14:55

In die kol Freda  -  dis die Bontebok Nasionale Park naby Swellendam.  En dis van hierdie knape se voorvaders waar die park sy naam van kry.  Hierdie drie wou nie vir die kamera kyk nie !

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 28/08/2017 - 15:03

En wie weet waar is hierdie foto geneem ?

Ai, die mooi kar van my is ook in al my fotos !

.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 29/08/2017 - 17:42

Jissie, hoe jammer is ek nou ek het nie geraai nie, ek het nogal gedink dit kan Bergkwagga wees. Die ablusieblok in die agtergrond het net vir my anders gelyk as wat ek onthou.  Sorry, Len.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 29/08/2017 - 21:25

Dis nie in die Weskaap, Ooskaap, Vrystaat, Noordwes of Gauteng nie.   Die oord se naam bestaan uit vier lettergrepe waarvan die tweede letter van die oornaam 'n "e" is.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus