Kavango onderstelle
Wessel
Die pype wat weerskante van die stort is aan die onderkant is vlekvrye staal op my wa. Die dele wat uitsteek as die stort gebêre is, is swart geverf. Die bewegende dele van die pype is nie. Joune mag dalk gegalvaniseer wees. Hier onder is inligting wat ek op die 4x4community forum gekry het. Toe ek egter onder Lapskag se leiding myne (2008 model) se raam waarop die spaarwiel sit versterk het, het ek gevind dat die buffer gedeelte van my wa (wat geïntegreer is met die onderstel) ook vlekvrye staal is. Ek het nie die verf afgekrap op die res van die onderstel om te kyk of dit ook is nie.

Hi Chris WH, hoop daai raam…
Hi Chris WH, hoop daai raam van die spaarwiel hou nog, jy maar baie stil oor daai ene. Nou wonder ek ook maar.
Dan is dit presies reg so en…
Dan is dit presies reg so en baie bly. Lekker kamp saam met die familie
In die kol
presies reg so
Jou ontwerp was in die kol. Daardie raam gaan nêrens heen nie. Nie ‘n mm speling nie, 100% stewig. Weereens baie dankie!
Voltent kom aan
My voltent kom mooi aan. Ludwig reken hy behoort teen Donderdag klaar te wees. Hy sê my afdak is gerek, hy dink iemand het water laat lê daarop. Hy is ‘n perfeksionis en wil my tent laat staan soos Oom Len dit sal wil sien. Hy sê ook die seil wat Echo gebruik werk baie moeilik, want dit gly op sy naaimasjien. Ek weet nie hoe gaan ek hom bedank nie.

Terwyl die wa nie in my motorhuis is nie kon ek darem bietjie regpak ook na ek die klipskerm vir die Everest gemaak het. Ek moes ‘n “voor” foto geneem het om aan te dui hoe deurmekaar dit was. Alles wat in die houtkas is (wat ek vanoggend opgesit het) het op die werksbank gelê. Dit was ‘n gemors.


Chris, gebruik die persoon…
Chris, gebruik die persoon ripstop seil, lyk nie so nie.
Ek dink die moeilikste ding is om netheid in 'n man se werk plek te behou. Ek moet ook maar voortdurend stop, opruim, skoonmaak en weer aan gaan, kan nie dink as dit onnet om my is nie.
Ek hou baie van daai sleutel…
Ek hou baie van daai sleutel houer (regte : Afrikaans spanner sak)
(Moer)sleutelhouer
Ek hou baie van daai sleutel houer
My oorle ma het dit vir my oorle pa gemaak, en ek sluk nou trane terug as ek aan hulle dink. My pa was ‘n ongelooflike handyman en die regverdigste mens wat ek ooit geken het. Ek mis hulle verskriklik.
Echo kantseil
Môre Chris Smal
Ek moet sê, daai material wat jou kante van gemaak is, is nie die normale Echo-kant material nie. Dit lyk eerder na dieselfde as wat jou tentdak en storm tent oor die bed van gemaak is.
My Echo kantmateriaal is beslis 'n seiltipe en lyk gladnie soos my dak se materiaal nie.
Het die ou jou dakgedeelte oorgedoen, om die rek uit te haal? Dit lyk baie netjies.
Groete
Seil
Môre Wessel
Ek het kantseile gehad wat deur Echo gemaak is in 2012, wat saam met die oorspronklike afdak gewerk het. Die oorspronklike afdak het net die lengte van die opwipdak geloop. Die vorige eienaar het in 2018 die voorste tent vervang, en ‘n nuwe afdak gekoop saam met ‘n nuwe stormseil. Dis ook deur Echo gemaak en is die een op die foto.
Die ou kante werk nie saam met die nuwe afdak nie. Ludwig moes hulle dus aanpas. Echo wou nie vir hom sê waar hulle die seil koop waarvan die ou kante gemaak is nie. Hy het die land vol gesoek omdat hy nie ander seil wou gebruik sodat die tent soos ‘n laslappie kombers lyk nie. ‘n Verskaffer in Johannesburg het gesê hy kan dit kry, maar was toe vol verskonings oor vraghouers wat by die hawe vassit. Ek het toe by Cape Coaters in die Kaap seil laat maak wat amper dieselfde kleur is. Ludwig het die nuwe seil gebruik om die ou panele langer te maak aan die onderkant sodat die effense kleur verskil nie te ooglopend is nie.
Hy het nie die afdak oorgedoen nie. Hy het wel ‘n raam daarvoor gemaak met horisontale pale tussen die regop pale en ‘n skuins paal van die hoogste punt van die opwip dak tot by die middelste regop paal. Die raamwerk kan staan sonder toue, en Ludwig sê dit slaan maklik op. Ek het dit nog nie gesien nie, die wa is nog by hom. Hy het net die foto gestuur. Ek behoort die wa Donderdag te gaan haal.
"Spanner sak"
Spanner sak : As dit nie was vir Johann se verduideliking van die "spanner sak" nie, het ek nou nog gewonder waar pas hierdie swart seil op die Kavango.
Skuins paal van nok af
Hello Chris
Ek sal geduldig wag vir mooi fotos sodra jy jou wa terug het. Veral oor die hegting by die dak se hoogste punt.
Groete
Pole ball socket
Veral oor die hegting by die dak se hoogste punt.
Toe ons die planne bespreek het vooraf was die idee om ‘n pole ball socket (sien foto hier onder) te gebruik. Hopelik wys Ludwig my Donderdag hoe om die tent op te slaan, dan sal ek ‘n paar kiekies neem.
Net vir interesantheid, daai…
Net vir interesantheid, daai female paal bal sokke het sulke "locking" ringe, dit is belanrik om hulle altyd te sluit as die male in is, en los te maak voor jy die paal uit trek, anders breek die hoekies af, of die male trek uit die pyp uit.
Daai sluitringe
Middag Johann
soos jy daar sê, wat 'n gemors. Dit dien seker 'n doel om te keer dat pale loskom, maar o genade--- kan mens sukkel om die paal los te knip.
Ek draai sommer maskeerband of isolasie band om, om te keer dat paal uitglip. Baie makliker as dit by tent afslaan kom
Groete
Amper klaar
Ludwig het gisteraand vir my ‘n paar foto’s gestuur en gesê ek kan die wa Sondag gaan haal. Hy moet nog net ‘n paar lussies aanwerk en hoekstukke kry waarby die regop- en horisontale pale op die hoeke bymekaarkom.



Wildehont Chris
Daai ou wat jou help met tent op jou caravan doen regtig n ordendelike job welgedaan lyk baie mooi





Sunlight en staalwol
Môre Chris en ander
Ek moet dalk my wa se pype ook so bietjie poleer.
As dit werklik roesvryestaal pype is, sal dit baie mooi blink daarna. Ek twyfel egter of dit is, want joune lyk swart geverf. Myne lyk eerder of dit gegalvaniseer is. Ek sal maar liggies poleer om nie deur die galvanisering te dring nie.
Groete.