Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -8 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -8 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -9 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -9 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -10 hours ago

Die Lapskag se Kaapse tuin roete toer

Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag
Submitted by Lapskag on
Forums

Na baie lugkastele bou, dag drome as ons kamp en aande se denke as ek wakker lê, het van die beplanning gebeur om die Kaapse tuin roete te toer en te bekyk. Van Mosselbaai Kaap toe ken ons glad nie en van die dele tot by Port Elizabeth het ons al gesien maar nog nie gekamp nie.

Baie inligting gekry op Flip en Tilla se web, by Chris Boucher en by Chris Small en alles in plek. Ons plan is om van Bloemfontein oor Graaf Reinette te ry tot in PE, Jeffreysbaai, Buffelsbaai, Klein Plaas by Oudshorn en dan na Glentana, Jongensfontein en Gansbaai. Van daar terug draai na Franshoek en Karoo Nationale Park toe. Ons gaan Montagu en Robertson mis weens Paasnaweek wat hulle volbespreek is en sal daar langs gaan met die volgende toer.

Weens omstandighede buite ons beheer, was die toer amper uitgestel tot later, maar my dogter hulle het aangedring daarop dat ons die pad moet vat en lekker kom vakansie hou, ons eerste kamp toer en ons het al die karavaan al amper 6 jaar.

Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 17/03/2021 - 20:51

Willows is baie rustig soos gesê, so 12 staanplekke met privaat ablusie waar ons nou staan, skoon en redelik gelyk. langs die staan plekke is die rondawels en so entjie verder is die ander deel van die karavaan park met n skoon netjiese gesamentlike ablusie blok. Hier is een winkeltjie maar nie met veel in nie. Jy moet maar inry vir groter aankope. Ek sal weer terugkom om rustig vir langer hier te staan. Net gety poel swem plek maar nie swem strand hier nie. Soos die fotos wys is hier baie rotse.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 17/03/2021 - 20:52

Ek kan net dink hoe lekker raak julle vanaand weg met die see se gesels in julle ore. 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sat, 20/03/2021 - 20:05

Ons kamp so lekker dat ek skoon vergeet om te groet hier. Donderdag het ons so vinnig verhuis tot in Jeffreys baai. Net geeet en oorgeslaap daar want ons wou eintlik hier inBuffelsbaai kom afpak. Ons is so beindruk met die natuurskoon hier dat ons met niemand anders gesels nie. Nellie is mal oor die plek en het toe sommer besluit dat ons Oudshorn en Kleinplaas op n volgende keer gaan besoek. Ons het sommer die 2 dae ekstra hier gevat. Maar oë wee, gisteraand toe kom maak die wind ons bymekaar tot laat aand toe. Moes toe maar vinnig wind seile opsit en sommer die voorkant ook toe maak. Vandag was die weer mooi tot agtermiddag, so vinnige reen bui wat die temperatuur sommer laat daal hier. Buffels baai is lekker stil en skoon, veilig hier en ablusies is mooi skoon en kleurvol wat dit aantreklik maak om sommer weer te gaan stort. Knysna net oor die 2de bult ssou jy iets nodig kry. Gaan reeds more groente kry vir n lekker hoender pot en potbrood saam met die pot.  Groete eers vir nou tot ons weer gesels, sal more kyk vir n foto of 2 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 20/03/2021 - 21:05

Alhoewel ek geen persoonlike ervaring van Buffelsbaai het nie (ek het by twee geleenthede net daar gaan inloer) het ek verneem dat dit 'n idilliese oord is - AS DIE WEER SAAMSPEEL. Maar klaarblyklik, indien jy die kort strootjie sou trek, kan dit 'n erge "windgat" plek wees. 

Maar ons wag vir daai foto's.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 22/03/2021 - 08:09

Môre Lapskag, dit lyk mos nou lekker rustig.

Ja die ablusies is wel nie meer nuut nie, maar word baie netjies skoon en instand gehou. Kry julle ook 'n sleutel vir dit?

Toe ons daar was het elke kampeerder sy eie sleutel vir die ablusie gekry en ook 'n remote "sleutel" vir die "boom" om te kan ingaan. Toegang van die strand af was oop, maar ons het nooit onveilig gevoel nie. 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 23/03/2021 - 07:59

Goeie môre, Johann ons het nie sleutels gekry nie,  2 blokke is oop vir gebruik. Die dame by die hek maak maar oop en toe.

Gister 'n baie snaakse ding ondervind, dooie gety sê hulle vir my. Met die wind wat weer aan die gang was het dit laagwater gebly gister middag. Ken dit glad nie.

Ander hartseer ding beleef, my buurman van Piketberg se druiwe boere braai met stukke olienhout en ons betaal duur vir so stukkie hout om iets te maak. Waar gaan die mensdom heen vra ek jou. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 23/03/2021 - 14:42

Middag vriende

Tog jammer dat die windlaaiers so onaansienlik is, en dan dreun die goete mos gedurig. Daar is darem baie meer voordele aan skoon stil kernkrag opsies.

Groete

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 24/03/2021 - 09:14

Dit maak my hartseer om na die foto's te kyk want ek is ook nie daar nie, mooi bly mooi.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 24/03/2021 - 09:55

... hoe gedra die wind hom daar by julle?

Hier by ons in Kleinmond roer die oostewind ons al vir 'n paar dae onderhoudend. Gewoonlik is Maart een van die beter maande langs die Kaapse kus, maar vanjaar is dit bietjie anders. Ons het reeds 142 mm reën tydens Maart ontvang - baie ongewoon.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 26/03/2021 - 20:44

Dit bly maar lekker hier in die Kaap. So groet die wind ons op die laaste ook lekker en waai dat die biesies bewe. maar braai het ons gebraai, kruip maar agter die karavaan weg. Ons bure van Piketberg het sy voertuig so in n "L" vorm getrek en toe laat waai ons. Ja Chris die wind was maar moeilik so party dae maar anders eitlik heel skaflik.

Die oggend toe ons daar moet ry is dit n pragtige oop windstil dag. Tot die dolfyne het daar verby geswem om ons te groet. Ons toe maar op die pad na Glentana.

By Glentana aangekom is daar wel n paar lang staan bejaardes wat op ons wag en n paar bleek kolle van langstaaners wat reeds weg is. Die plekkie baie beskut, mooi skoon en netjiese ablusie blokke, maar voel vir ons soos 'n tronk of sommer net 'n ouetehuis park. Heelte mal te stil en net so 'n paar spinnekop vroutjies wat net rond drentel en baie klets. Die boepens omies het nie hemde nie en loop krom soos kieries, lyk of hulle Glentana se sorge rond dra. Gelukkig net 2 aande daar gestaan. O ja en die rondloper katte wat daar is is eintlik 'n pyn en pla maar in die nag.

Nie regtig 'n park vir ons gewees nie. Die restaurant by die hek is oop maar verkoop net op naweke draai roomys, wat 'n teleerstelling.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 26/03/2021 - 20:52

So ry ons maar verder uit die ouetehuis van oggend oppad Jongensfontein toe. Tannie google gee ons 'n kortpad en ons beland toe op n stuk grond pad. Skoon boos vir die gedoente, ry toe maar stadig want is net 'n paar kilometers. Sal beslis beter huiswerk moet doen om so iets te voorkom. 

Hier aangekom (net voor die kantooer dame met ete gaan), kon ons maar gaan kyk waar ons wil staan en kan later die middag kom sê en betaal vir die 3 nagte. Vat toe staanplek 88, voor in die ry sodat ons darem die see goed kan sien. Na Buffelsbaai is ons mos nie meer bang vir die wind nie. Sommer klaar gereed gemaak daarvoor ook. 

Kon darem lekker vleisie braai sonder om skuiling te soek en kon vir almal om ons kyk terwyl die lekker takie verrig word. Gaan weer lekker slaap met die see wat gesels so in die voorgrond.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 26/03/2021 - 23:12

Hoe verlang ek nou na Jongensfontein. Geniet dit daar! Gaan braai by Skulpiesbaai in Stilbaai as julle tyd het. Soos jy na die hawe toe ry draai daar ‘n sandpad weg na regs net voor jy teen die see kom. Draai daar af en kies ‘n braaiplek. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus