Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brandstofprys Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -39 minutes ago
Nuwe boodskap-opsie Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -50 minutes ago
toeriste en toeriste Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Braai 1x Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Stem saam... Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof spekulasie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago

My ( Ons ) droom begin

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

My droom om off grid te gaan kamp waar geen mauls geen krag en myle en myle se sand ,berge en bos is val stadig maar verseker in plek. Ek en Berdien besluit met die, gaan ons n voertuig aankoop wat ons nie bang, jammer gaan wees vir n krap of twee nie. Gaan die voertuig aanpas iets soos Segkok (Deon) Ek doen huiswerk al vir so 2 jaar en het toe op n Toyota Cruiser FJ 45 bakkie besluit hy kan die rowwe terein met n smile doen. My budget so R200000 meeste kamp toerusting wat ek nou het gaan ek gebruik vir normale kamp met caravan en ook off grid. Nou is dit vir die spaar van my droom dan hieja hieja hier kom die Mollers bos toe

Vaalpark

Johann L

Mon, 19/07/2021 - 08:24

Môre sê mede lede, Shaun het my gevra om namens hom die fotos te laai, hy het 'n probleem met kabel, en kon nie self laai nie.

Ek doen dit met plesier Shaun.

Sh2

Shaun

Shaun

Shaun

Ek laaik, baie mooi en baie geluk Shaun.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 19/07/2021 - 10:27

Interessant, hierdie Ford Ranger lyk dan netsoos die ander wit Rangers !  (Die meerderheid ander het egter nommerplate op).

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 19/07/2021 - 12:36

Ek wag vir myne se nommer plaat  Len en ja hulle lyk maar die selfde hoe dink jy moet hy lyk

0

Baie geluk met die nuwe Ranger, weet jy sal hom geniet.

Ek hou ook baie van die Bushtech kappie en wou een op my Ranger sit. Ongelukkig toe ek nevraag gedoen het, het hulle my ingelig hulle gebruik nie al 4 die brackets (een per hoek) om die kappie te monteer nie, maar net die voorste 2 en sit die agterkant vas direk aan die bak. Hulle is ook nie Ford geod gekeur nie.

Groete 

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 19/07/2021 - 12:53

Daai canopy wat nie goed gekeur word deur Ford nie kan regtig n problem wees dankie vir heads up sal vanmiddag hoor wil nie iets doen en dan is my waarborg in gedrang nie 

0

Sien nou op Bushtech se webwerf hulle gebruik  nou die voorste en agterste brackets. So nou rus hy glad nie op die rand van die bak nie. Dit maak die instelasie baie beter, net soos die Ford goedgekeurde kappies en dit bekoort dan nie 'n probleem met die waarborg te wees nie. 

Bushtech is ook baie beter geprys as die kastige goedgegeurde kappie.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 19/07/2021 - 13:14

Dankie vir pointer ek gaan elkeval Ford vra het ook met Bushtech netnou gesels en hulle se soos jy se al vier brackets word nou gebruik wat sin maak

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 20/07/2021 - 07:32

Daai rims en bande gaan ek binne kort vervang die bande wat nou op is se site wall baie sag Neef

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 20/07/2021 - 07:41

Ek gaan hulle laai rak system insit ,asook hulle afskorting war die eetware , koppies en eetgerei pas plus hulle Tafel wat binne canopy inskuif

0

Ek wou so graag by hulle 'n kappie kry. Met hulle wat nou al 4 die brakets gebruik sal ek virseker hulle eerder gebruik.

Onthou net as hulle sou boor om die laai stelsel te monteer kan dit 'n probleem raak met die waarborg. Wou een in my Ranger sit en praat toe met die werkswinkel bestuurder, die reken toe indien daar ooit 'n probleem in daardie area, waar geboor is sou wees kan dit 'n impak he op die waarborg. Om met die ounes te praat is soos om met 'n politikus te praat, nooit 'n reguit antwoord nie.

0

More Shaun

Baie geluk met jou Ranger. Daai smile van jou trek nogal sterk na die bakkie se "grill".laugh

Gee tog meet inligting asb. Ons weet darem dis 'n 4x4, maar wat se enjingrootte, die 2l bi-turbo, die 3.2l of 2.2 enkel turbo.

Dankie, ek het ook jou waarskuwing oor die verkeerspolisie gekry. Gelukkig ry ek mos 'n Hilux, dus pla ek nie die manne nie. Hulle mag nie teen 'n afdraendem vang nielaugh 

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 22/07/2021 - 10:04

XLS 2,2 Diesel enkel turbo 118 kw en 385 nm kan nie wag dat ek my gat kan draai by werk caravan haak sleep en net kamp

0
Irene

Grootwind

Thu, 22/07/2021 - 10:41

Shaun, net 'n wenk. Rangers is gewilder by diefstal sindikate as HiLux'e. Stel voor jy kontak iemand soos Matthew Parker om 'n paar modifikasies te doen. Hy is gesetel in Fourways maar kom wel uit na ver plekke as die aanvraag daar is. Hy vra sowat R500 om die bestuurder se deurslot te "disable", die alarm se sirene te skuif ens. Ek het 'n paar ekstra veranderings by iemand anders ook laat doen. Kyk ook na die webblad My Ford was broken into South Africa

https://web.facebook.com…

Jy sal Matt daar kan kontak. My vorige Ranger het deurgeloop onder 'n gepoogde diefstal en 'n jaar later was hy toe gesteel....nie lekker nie. (Die veranderings wat Matt doen het geen impak op die waarborg nie maar maak dit baie moeilik om die tipper te steel)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus