Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -44 minutes ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -3 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -13 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -15 hours ago

Desember planne en kampeer

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van Chris se waarskuwing oor Covid en seevakansies, dit kom mos in golwe aangerol, wonder ek wie beplan wat se Desember vakansie. 

Tot en met 2010 het ons see toe gesleep vir 3 weke, want hulle universiteitprogram en eksamens was die bepalende faktor. Nou kan ek gelukkig die vertrapping aan die kus vermy. 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 12/12/2021 - 10:48

Ek ruil ons voertuie se bande elke 15 000 km, balanseer en doen wielsporing. In die verlede het ek net voor na agter geruil. Toe het ek oorgeslaan na reguit van voor na agter en oorkruis van agter na voor.

My eerste voertuig, 'n 1974 Mazda 1300 (so 'n kanariegeel enetjie splinternuut vir R2 274 gekoop) het nog met kruislaag-bande uitgekom. Die handboekie het aanbeveel dat die bande gereeld (afstand??) geruil moet word, maar dat die spaarwiel (vir die taalpuriste - "noodwiel") ook in die ruilproses ingebring moes word. Dit het as volg behels:

Spaarwiel gaan links agter op. Links agter gaan regs voor. Regs voor gaan regs agter. Regs agter gaan links voor en links voor gaan na spaar.

Ek het met latere voertuie dieselfde gedoen (met straallaagbande) totdat ek deur 'n bestuurder van 'n bande-besigheid meegedeel is dat straallaagbande  altyd in dieselfde rigting moet draai - totdat ek later by Prof Google verneem het dit is 'n wolhaarstorie.

Sedertdien is ek terug op my "ou Mazda-manier" deur die spaarwiel in te bring. M.a.w. ek gebruik al 5 bande in my rotasiestelsel en haal met groot gemak 120 000 km uit 'n stel van 5 bande. Ek handel dus nie meer 'n voertuig in met 'n ongebruikte spaarwiel nie - ek gebruik dit tot my voordeel.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 12/12/2021 - 11:00

Onderaan die verslag wat TWT vir mens gee wat die lesings voor en na wielsporing aandui beveel hulle aan dat wielsporing elke 10 000km gedoen word. Ek ry nie so ver in ‘n jaar nie, en doen die rotasie, balansering en wielsporing een keer ‘n jaar op dieselfde tyd. As ek kyk na die lesings was my Fordjie se wielsporing redelik uit, al het dit nie na ‘n kant toe getrek nie. Ek is egter nie verbaas nie, want afgesien van Kgalagadi se rowwe sinkplaat het ek ook twee redelike rowwe 4x4 roetes gery sedert die vorige wielsporing. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 12/12/2021 - 11:57

Middag vriende

Ek hou by die bande manne se teorie, bande moet in dieselfde rigting draai. Dalk maak dit nie so erg saak op 'n bakkie, as op 'n hoë verrigting sedan nie.

Ek sal maar my trokkie se spaar oorplaas na die Kavango en een van sy 3 wiele as "nuwe" spaar op die nuwe trokkie inspan. Ek gaan steeds probeer om my 5 ou wiele te behou.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 12/12/2021 - 13:25

Wessel 120k uit n stel bande is ongelooflik. Ja, party bande het n anderste komponente, en maak dat hulle langer hou, maar 120k.. Ek kry gemiddeld so by 40k. Ons gemiddelde pad is altyd vol draaie, en ek glo het al gewoond geraak daaraan, en ry dus effe vinniger deur die draaie. Seker die rede dat my bande nie hou nie. Ek roteer ook, maar die spaarwiel is nie betrokke nie, vervang die bande waarmee dit van die vloer gekom het.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 12/12/2021 - 14:50

Ek moet dadelik byvoeg dat ek die 120 000 km met Bridgestone Dueler kry. Ek het dit ook met Michelin gekry. Maar ek kon dit nie regkry met Good Year Wrangler nie - skaars 50 000 km gekry.

Dan moet ek ook byvoeg dat ek baie ligvoets ry - daarom ook brandstofverbruik wat baie mense beswaarlik glo.

So min soos wat ek nou met die Hilux ry sal die bande seker vervang moet word weens ouderdom lank voor ek by 120 000 km uitkom. Ralie se Hondatjie doen nou meeste van die rywerk.

Sy't die Amaze reeds 4 jaar in September gehad. Die diensintervalle is 15 000 km of 12 maande. Die afgelope September het die Honda reeds sy vierde jaarlikse diens gehad - m.a.w. gelykstaande aan die 60 000 km diens. Maar die karretjie het nou slegs 21 000 km op die klok. Ter wille van die 5-jaar waarborg moet dit egter maar gebeur.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 13/12/2021 - 07:09

My gat jeuk nou lekker vir 'n bietjie toer.    Ek is lus om die pad weswaarts te vat, sonder enige bespreking of beplanning, en dan sien waarheen dit lei.   Ek wil graag teen die weskus gaan draai, daar waar daar nie veel is nie.   Voorlopig sal ons teen die 30ste die wiele laat draai -  wielsporing en ballansering is reg wink

Wat gewoonlik gebeur as 'n mens die pad so vat en ander kampeerders raakloop (kamp) wat van die teenoorgestelde rigting kom, dan vertel hulle waar hulle vandaan kom en hoe dit daar was ens.   Dit verg dan net 'n telefoon opproep om uit te vind of daar dalk 'n gaatjie is vir nag of 2.   Ek het darem al bietjie rond gesnuffel en met paar plekke gesels om net 'n oppinie te kry of hulle dalk 'n gaaitjie sal hé en sovêr lyk alles baie belowend.   Daar is vir my niks so lekker as om die oggend wakker te word, op te pak en begin ry sonder om 100% seker te wees waar die volgende kampeerplek gaan wees nie.  Gelukkig teen die weskus is daar heelwat 'wild camping" area's as 'n mens vasdraai vir 'n dag of 2.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 13/12/2021 - 07:59

Dit klink heerlik Anton! Ek is self lief vir ‘n lekker toer. Ek geniet selfs die ry. Maar ek moet sê ek sien uit daarna om vir 14 aande kamp op te slaan en op my “stoep” te sit onder die gazebo voor die wa se tent, na die see te kyk en daarna te luister snags en so min as moontlik te ry.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 13/12/2021 - 08:11

.... moet jy dit nou invryf. Ek sit ook op my stoep en luister na die reen. Ten minste kan ek sonder moeite droog braai, my gras netjies sny, die kante trim met 'n skaapskêr en winkelhaak. laugh

Ek gun julle en almal wat vakansie hou, en heerlike breek.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 13/12/2021 - 09:46

op my “stoep” te sit onder die gazebo voor die wa se tent, na die see te kyk en daarna te luister snags en so min as moontlik te ry.

Ek sal baie gelukkig wees as ek die sit en kyk gedeelte enigsins regkry. My werklike ervaring gaan aansienlik anders lyk want daar gaan twee kabouters saam wat my baie besig gaan hou (veral tot Salomien by ons aansluit). Ek sien egter vreeslik uit daarna ook en hoop ek kry genoeg tyd saam met hulle want ek weet daar gaan maatjies gemaak en baie fiets gery word. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus