Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -2 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -2 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -2 hours ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -3 hours ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago

Noordwes en Vrystaat

Vaalwater, Limpopo
Submitted by Josef Willem on
Forums

Hallo Kampeerders, ja was vir n lang ruk stil gewees, het n paar goed gehad wat gepla het by die huis en met besigheid maar hopelik is alles nou weer in orde.

Ek het n kaart op Google my drive van plekke wat ek graag vir n eerste keer wil sien of ten minste weer daar gaan draai maak, toe kom ek agter maar alles in die Kaap Provinsies en ja die kaap is maar effens wyd van hier af, kan nie gou wegglip vir n week nie, want gaan my 2 dae vat om daar te kom en 2 dae terug, net nie die moeitewerd nie.

Nou wil ek by julle manne hoor waar in die Noordwes en Vrystaat is daar lekker kamp plekke vir n tent, met mooi natuur tonele, wild lewe en lekker paaie, wil net nie by n vakansie oord op eindig nie, wil al die plekkies gaan besoek waarvan mens nie elke dag hoor nie wat versteekte juwele is.

Hoor graag wat julle terugvoering is, het 10 dae en is bereid om so 3000 km te ry, die sal natuurlik is Januarie of Februarie gebeur, Wil baie graag weer n Noord kaap en Weskus doen Maart maar gaan Kgalagadi toe in Augustus en sal dan Noordkaap en Weskus saam met dit inwerk.

Môre Josef

Dalk moet jy in die kampforum se lys kyk vir plekke. Ek weet hier is baoe plekke om Brits, maar gaan dalk nie aan jou vereistes voldoen nie, soos Dube, Bosveld Oase, Drie Berge, Klein Paradys.

Ek is natuurlik lief vir Manyane kamp in Pilansberg. Dan is daar ook Marakele, 'n SANPARK. In Warmbad omgewing is daar netso baie---Mabalingwe, Sondela, MBizi om paar te noem

In die Vrystaat kan ek net dink aan Golden Gate en Clarens omgewing. 

Ongelukkig is dit almal "vakansieoorde" moontlik volgens jou definisie 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 14/12/2021 - 08:05

Goed om weer van jou te hoor Josef Willem! Ons hoop saam jou kwessies is uitgepluis. Ek is al te lank weg uit die Transvaal om van veel waarde te wees, maar ek is seker daar is ‘n hele paar bosveld juwele. Dalk moet jy ook na Mapungubwe (SANPARKE reservaat, baie mooi en interessante geskiedenis) kyk en Alldays/Mesina en omstreke. Miskien kan jy selfs oor die grens Tuli blok toe. Jy kan ook loer na die kampe van African Ivory Route. Hulle een kamp is by Letaba Ranch anderkant Eiland Spa en dus bietjie ver van die dele wat ek voorgestel het. Een ander is naby Pafuri hek en ‘n ander in die Waterberg naby jou. Van jou af is dit nie eers ver na die pragtige mees noordelike deel van ons land toe nie. Dalk het ek nou ‘n saadjie geplant wat ‘n pragtige boom word. Ek hoop so!

0
Worcester

Wildehont

Tue, 14/12/2021 - 08:31

Ek weet ek wyk heeltemal af van die provinsies wat jy wil besoek, maar die mees noordelike deel van jou provinsie is regtig ‘n spesiale plek. As jy nog nie daar was nie kan jy gerus ‘n draai gaan gooi. Hier is ‘n hele paar voorstelle vir doendinge in Mapungubwe. 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 14/12/2021 - 16:40

Hallo Josef, jammer om jou teleur te stel, as jy die Vrystaat wil sien, stop by die Vaal rivier en kyk dwarsdeur tot in die kaap / Natal, hier is nie eers 'n heuweltjie om jou sig te belemmer niewink

Die kampeer plekke in my provinsie is maar Gariep dam, (geen wild nie en 'n vakansie oord) en dis ver vir jou?

0
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Tue, 14/12/2021 - 17:52

Oom Wessels, 

ek het gaan kyk na n paar plekke wat oom genoem het en het aanklank gevind by hulle en sommer klaar kwotasies aangevra ook, Drie berge en Dube en Golden gate sal ek verseker gaan besoek. Het die kaart bekyk en van my af al die pad op teen Botswana tot bo in Musina en terug al langs die N1 aan Botswana se kant van die N1 is maar so n 860km rit, dit doen ek sommer vir n naweek en voel vir my nog steeds te naby aan die huislaugh

Wildehond en Johann L, dankie vir julle insette, ek waardeer, het ook klaar vir Mapungubwe n epos gestuur om uit te vind oor kostes en beskikbaarheid. Mpumalanga wil ek nie graag doen nie want ek het daar groot geword en ken al die mooi plekke daar en het hom gereeld plat getoer.

Hier aan die onderkant het ek twee kaarte by gevoeg, dit is op My Google Drive, ek maak al my toere op hulle, kan verskillende Layers insit, een vir die roete, een vir slaap plek, een vir plekke om  te besoek, en plekke om te eet.

Die skakel hier onder is my toer gewees in April. Ek moet sê, dit was n lekker trip gewees en ek oorweeg dit baie sterk om dit weer te doen maar die keer anders om, begin in Oudtshoorn en eindig by Red Sands.

https://www.google.com/m…

Hierdie kaart is plekke waar ek al was (met my April toer) en ook nog nie was nie, maar soos die kaart aandui is Limpopo, NW en FS maar effens aan die droog kant vir my tipe wegbreke, Ek kan nie stil sit vir te lank nie, ekek an myself inboek by Drie Berge, dit is net 2 nagte maar ek voel net die wiele moet draai en groot afstande moet gedoen word en baie plekke moet op n pad toer gesien word, So ja volgende jaar is dan vir my n groot een, groot wegbreek in Maart (seker weer so 21 dae) en dan Augustus/September is dit Kgalagadi vir 21 Dae. Ek het n ander plan wat hier iewers weg kruip, sal maar nog n draad vir hom begin: Vanaf Limpopo na Clanwilliam!!

https://www.google.com/m…

 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 14/12/2021 - 21:21

Hi Josef, om Parys is n paar kamp plekke, soos Eastco Parys, Weltevrede lands hom en pad af is daar Umfula met wild. Buite Vredefort oppad Viljoenskroon is daar Tavalingwe ook. Daar iewers langs die rivier is ook n plekkie maar die naam het my ontgaan. Dan kan jy by Fouriesburg ook Google vir kamp plek en dan is daar Aldam ook net buite Ventersburg. Hoop jy kry ietsie om jou mee besig te hou. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus