Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -1 hour ago
Bome omwaai November 2026 Geert -7 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -20 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -21 hours ago
Hael November 2026 Geert -21 hours ago

Die Smalle Tuinroete en Karoo Des ‘21

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn vir terugvoer oor ons vakansie van 14 - 28 Des by Dwarswegstrand, 28 -29 Des in Oudtshoorn en 29 Des - 2 Jan by Karoo NP.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 16/12/2021 - 09:55

Ek sien nie stormtoue nie, het jy dit nie nodig op daai mooi staanplek nie.

Wessel, met die raamwerk staan my tent stewig. Ek sit wel ankertoue elk met twee bene wat 90° van mekaar vasgemaak word met Maxcon tipe penne op die twee hoeke weg van die wa af, en ‘n enkele tou ook met n Maxcon tipe pen op die middelste paal weg van die wa af. Al drie pale se onderste punte kom in ringpenne.As wind ‘n moontlike probleem is sit ek ‘n enkele stormband oor die lang sy van die dak weg van die wa af. Dit, tesame met die ankertoue wat met Maxcon tipe penne vasgemaak is en die ringpenne waarin die pale se voete staan voorkom dat die raamwerk kan oplig of die pale kan skuif en uitglip onder die dak. Ek sien baie mense sit die stormband oor die middel van die dak, halfpad tussen die wa en die buitenste pale. Dit keer seker dat jou seil bol staan, maar gaan nie help keer dat die pale oplig en skuif en sodoende dalk veroorsaak dat die tent inmekaar val nie. 
 

Gisteraand was hier redelike rukwinde en swaar reen en my tent staan vanoggend nog soos toe ek dit eergister opgeslaan het. Daar het wel water ingeloop onder die grondseil oor die plaveisel, maar die tent is redelik droog. Ek moet net weer die slope in die dak waarin die horisontale pale van die tent skuif se nate seel. Hier en daar het daar bietjie water ingekom. Genoeg dat die ou homself tuisgemaak het onder die asblik se sak. Ek het een van daardie asblikke wat net ‘n plastiek raam het waarin ‘n sak hang. 
 

A

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 16/12/2021 - 10:38

Hello Chris

Met die dat jou dakpale in slopies is, sou dit maklik gewees het om by elke poot bloot net 'n tou aan die dakpaal te bind, na 'n lekker pen [nr7] in die grond. Dan is jou raam goed geanker, maar die plaveisel gaan dit bemoeilik.

Gelukkig was jou gas nie 'n slanke reptiel nie. Hulle kruip gewoonlik tussen die grondseil en die onderkant van die tentflappe in.

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Thu, 16/12/2021 - 13:17

Wildehont, so van die os op die jas.

Ek het vir my stormbande gemaak van Ruflette wat jy op gordyne sit (77mm wyd). Dit word van nylon geweef en prys so R4.00 'n meter ( dink met afslag het ek R 3.50 betaal). Ek het net die wit toutjies uitgetrek.

Die vroue het lusse aan die punte gestik en Ek het verstelbare toue op elke ent vasgemaak en dit werk soos 'n bom.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 16/12/2021 - 13:25

Ek het vir my stormbande gemaak van Ruflette wat jy op gordyne sit

Dis ‘n slim plan! Ek het maar die gekoopte een wat van nylon webbing is met ‘n verstelbare ankertou op elke punt. Ek het ook ‘n stormnet, maar vind dis onnodig vir my tent. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 16/12/2021 - 13:28

Met die dat jou dakpale in slopies is,

My raamwerk (horisontaal en vertikaal) sit aan die binnekant van die tent met plastiek koppelstukke waar pype bymekaar kom. My tentmaker het staal driehoek ogies by die nok en hoeke gewerk waaraan ankertoue met carabiners vashaak.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 16/12/2021 - 14:12

Ek het al by 'n vorige geleentheid genoem dat ons bykans nooit 'n voltent opslaan nie. Ons gebruik bykans uitsluitlik net die stoeptent - selfs as ons lank kamp (2 maande plus soos by Eiland Spa). Die gewone stoeptente kom gewoonlik uit met slopies slegs waar die pale aan beide kante tussen die hoekpale en die wa se sykant inpas. Ek het egter vir my nuwe stoeptent ook slopies vir die middelpaal laat maak, sowel as slopies aan die voorkant, weerskante tussen die middelpaal en die hoekpale.

Gewoonlik het stoeptente nie pale wat tussen die middel- en hoekpale pas nie - met die gevolg dat die stoeptent aan die voorkant maar lekker kan wapper in die wind. Ek plaas nou twee verstelbare pale aan weerskante deur die slopies tussen die middel- en hoekpale - en gebruik plastiek koppelstukke by die middelpaal en beide hoekpale.

Ek het lussies in die middel aan weerskante van die middel- en hoekpale aan die stoeptent se voorkant laat aanstik. Ek plaas 'n verstelbare paal reg onder elke lussie - m.a.w. die stoeptent het nou drie pale aan die voorkant en ek trek die dak styf met verstelbare toue.

Vandat ek hierdie stelsel gebruik het ek nog nooit weer nodig gehad om stormbande te gebruik nie - selfs in sterk wind.

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Thu, 16/12/2021 - 15:56

Chris ek het ook vir my pale gemaak vir die middel van die rally tent. Ek het sommer van daardie clips gekry wat oor die pyp klamp so ek kan my dwarspale skuif na waar ek dit nodig het.

Ons gebruik soms 2 patio tente. Ek het threeway pipe connectors gekry met spiggots aan wat lekker deur die tente se ogies pas. Maak dit makliker om altwee op te kry

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 16/12/2021 - 16:06

.... om te noem dat my pale ook die clips aanhet as joune Stephan. Ek gebruik dieselfde "connecters" as op foto.

Dit neem 'n paar minute langer om die stoeptent op te slaan, maar die stewigheid teen wind is deur en deur die moeite werd.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 16/12/2021 - 21:07

Ek plaas nou twee verstelbare pale aan weerskante deur die slopies tussen die middel- en hoekpale - en gebruik plastiek koppelstukke by die middelpaal en beide hoekpale.

My voltent werk op dieselfde beginsel en het ook die drie-rigting pas stukke op elke hoek. Die middelste een skroef vas aan my nok-paal wat van die hoogste punt van die opwipdak af kom. In die wildtuin Julie en Kgalagadi verlede Desember het ons net die afdak en kantseile opgesit. Lg gee bietjie privaatheid en keer die ergste wind. Ek verkies dit ook bo die voltent. Waar daar gure weer is soos tans, kom die voorste seile ook op om meeste goed droog te hou.
 

Vandag se weer was weer erg wispelturig. Swaar reën en wind deur die nag. Sonskyn vir ‘n uur vanoggend, toe motreën, toe weer sonskyn vir amper twee ure se strand tyd. Toe sous dit weer vir ‘n uur, toe kom die son weer uit maar ‘n koel wind waai, toe trek dit weer toe en hier het flussies ‘n buitjie van so 40 sekondes uitgesak. Hierdie is vir seker nie ‘n tipiese somer nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 17/12/2021 - 06:56

Ek lees gister op Netwerk24 dat die weerkundiges verwag dat die Wes-Kaapse kusgebiede 'n abnormale somer (wat reën aanbetref) vanjaar kan verwag.

Ten minste sien ons son vandag, maar die oostewind waai asof hy betaal word.

Sterkte teen die elemente daar by Dwarswegstrand.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 17/12/2021 - 07:51

weerkundiges verwag dat die Wes-Kaapse kusgebiede 'n abnormale somer (wat reën aanbetref) vanjaar kan verwag.

‘n Weerkundige het verlede week op RSG ook gesê ons weerdiens en oorsese kenners het ‘n abnormale nat somer voorspel weens een van die verskynsels met n Spaanse naam en dat mense nie moet dink hulle gaan kus toe kom om te sonbruin nie. Gelukkig is lg die laaste ding wat ek wil doen, en hierdie weer se uitdagings gee ‘n geleentheid om maniere uit te werk om dit die hoof te bied. George het ‘n Outdoor Warehouse waarby ek ‘n draai gaan maak om ‘n paar benodigde te kry as die weer weer te goor is om buite iets te doen hier. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 17/12/2021 - 09:09

hierdie weer se uitdagings gee ‘n geleentheid om maniere uit te werk om dit die hoof te bied.

Dis die regte gees waarmee gesoute kampeerders 'n vakansie aanpak !

Ns.  Ver van julle af, daar in Shingwedzi, sien ek Willem-hulle spook ook maar met aanhoudende reën (en my reëntenks hier Brackenfell bly leeg !) 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 17/12/2021 - 14:57

Ten minste sien ons son vandag, maar die oostewind waai asof hy betaal word.

Ons kon netsowel in Kleinmond gewees het. Ons was vanoggend George toe en ek het ‘n geel gelykmaak blok gekoop en naatverseler. Ek en Jnr het die wa opgedomkrag aan die lae kant en die geel gelykmaker ingeskuif. Nou staan dit perfek waterpas. 

Ek het ‘n tou geryg deur die lussies van die flappe aan die voorkant van die tent en die tou weerskante vasgemaak en styfgetrek aan die penne van die ankertoue. By die tent se deur het ek die tou vasgekap teen die grond met L-penne sodat ons nie daaroor struikel nie. Die tou help darem. Ek het ook die een kantseil se twee lussies vasgekap met L-penne. Solank die deur toe is staan die tent mooi. As die deur oop is ruk die wind die seil aan die windaf kant erg rond. Ek kon nie die naatverseler aanwend nie want die wind waai te erg. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 17/12/2021 - 16:06

Middag Chris S

Jy kon mos maar netsowel 'n los lê baksteen gesoek het, en onder die wiel gesit het. Ek vermoed jy wou elkgeval so 'n geel gelykmakerblok aanskaf.smiley

Die ding bied nogal sy eie uitdagings met staanmaak en weer regmaak vir ry. Belangrikste is nou om die links na regs te meet voordat jy afhaak, en dan kan jy net die wa optrek as die staanplek en manier van rangeer dit toelaat. Moontlik is jou manier met die domkrag die maklikste. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 17/12/2021 - 16:24

Met ons Exclusive is daardie geelblokke absoluut onmisbaar.

Ek ry die wa met die "mover" agteruit op die blokke met die nok van die twee blokke presies in die middel van die twee wiele.  Ek moet agteruit opry want die rollers draai op die agterwiele en as ek vorentoe probeer opry, is die wiele met rollers in die lug.  Af is maklik, ek hak sommer en ry af.

.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 17/12/2021 - 17:45

middag Len

Nou besoedel ons ou Chris se gesprekslyn lekker. 

Ek moet dalk ook my elektiese neuswiel begin gebruik. Ek ry die ding oral saam, maar gebruik dit selde. Dit behoort darem my Kavango opgetrek te kry. Dan natuurlik tree dit sommer soos 'n goeie rem op, sodra die krag ontkoppel is.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 17/12/2021 - 18:44

Ek het vanmiddag met ‘n gesukkel my stormnet oor die tent gespan. Lg kyk Suid, en die Oostewind raak net al hoe erger. Dit waai so woes dat dit my opwipdak probeer platdruk, en dan is daar elke keer ‘n nare kreun geluid saam met die geflap van die seile. Dit is nou werklik nie ‘n plesier nie, maar al buig van die pale in die wind staan my tent nog. 
 

Wessel, ek het nog nooit ‘n gelykmaker blok benodig nie. Hier is dit na drie aande egter nie meer lekker as die kind wat die aand langs my slaap my teen die seil vasdruk na ‘n paar bewegings nie. Ek het selfs gister die wiel aan die hoë kant se band afgeblaas na 2 toe, maar dit het ook nie gehelp nie. Ek weet darem nie van ‘n los baksteen nie. Die handrem werk mos nie agtertoe. nie, en dit sal darem nie lekker wees as die wa van ‘n baksteen afrol nie. Dit sou dalk die hoekstut beskadig het ook. Ek kan aan beter maniere dink om R400 te bestee, maar daar sit die blok nou. Vanaand gaan dit ruk en pluk gaan hier. Hopelik gaan dit môre beter. Om een of ander rede is die foto onderstebo. Dalk het die wind ons op ons dak gewaai. 
 

A

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 17/12/2021 - 19:07

Kamp is d0nners lekker, maar wind kan dit onplesierig maak. Dit is 'n geykte sêding dat jy die beste van omstandighede maak. Maar as ek moes kamp met die suidoos wat ons die afgelope paar dae (veral vandag) teister, sou ek maar bietjie "down" gevoel het.

Ek vertrou weersomstandighede verander spoedig.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 17/12/2021 - 19:44

Soms wind, storms en reën is alles deel van die kamplewe, maar as dit vir dae aanhou soos Chris-hulle aan die Kaapse suidkus en Willem-hulle in Shingwedzi, dan raak dit onaangenaam en maak dit mens moedeloos.

Ons het al storms en erge wind beleef, maar nog nooit vir langer as twee dae nie.

Sterkte vir julle en ek hoop die weer verbeter.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus