6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -4 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -6 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago

Welkom "Tuis" Freda & Colin

Centurion
Submitted by Voortrekker on

yes

Vaalpark

Johann L

Thu, 03/08/2017 - 17:42

Freda, welkom "terug", noudat die lang kamp verby is, glo ons jy gaan tot ruste kom oor die kinders ding.

Dit gaan lank vat, maar mens raak dit gewoont as dit moontlik is.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 03/08/2017 - 19:52

Dit is nou baie gaaf van julle om my terug te verwelkom by my huis.  Baie dankie.  Ons het 14.30 hier aangekom en toe eers net die belangrikste goed uitgepak.  Ons het gister en vanoggend iemand gekry by Willows wat die karavaan van binne silwerskoon gemaak het en ook die tente pragtig skoongemaak het.  Alles is netjies weggepak.  Al wat ons nou moet doen is om die karavaan van buite te was en politoer.

Die kinders het die huis skoon en netjies gelos maar ons moet nou al ons eie goed terugpak in die kaste.  Hul het heelwat goed hier gelos, wat hul nie kon saamneem nie en ons moet nou daarvan ontslae raak.  Om dit te sien het toe natuurlik die hartseerkrane oopgedraai.

Voortrekker, ja, die huis voel luuks en baie gerieflik na meer as 5 maande in 'n karavaan. Ek glo my eie bed gaan lekker slaap vanaand.

Johann, ek het gister omtrent heeldag gehuil en vandag ook kort-kort het die trane geloop.  Ek gaan die kinders ontsettend mis en hoop maar jy is reg, dat dit met tyd beter sal word.  

Hulle is op die oomblik op OR Tambo.  Hul vlug na Sydney moes 7.10 vertrek maar is met 95 minute vertraag.  Vandaar vlieg hul dan na Auckland.  Gelukkig het hy hul huis reeds ingerig met hul eie meubels, beddens is opgemaak, so hulle sal dadelik tuis wees.

Nogmaals dankie dat julle aan my gedink het. smiley

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 04/08/2017 - 07:31

Ek weet hoe dit voel raad aan jou is hou jou besig kontak hulle gedurig en onthou die mooi sterkte vir jou

0
Bosveld

Gryswater

Sat, 26/08/2017 - 16:58

Nou wonder ek of auntie Frieps eeendag vir ons 'n paar beloofde fototjies van hulle permanent kamp avonture hier gaan kom plaas?

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 26/08/2017 - 17:44

Ek het netnou probeer 'n foto plaas op die draad waar mens raai watter kampplek dit is en kon nie regkom nie.    

Ons het eintlik nie veel foto's geneem tydens die 5 maande nie.  Slegs so hier en daar.

Maar ek sal nog regkom met die foto-ding!  smiley

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 03/10/2017 - 08:13

Freda toe ek nou Gert se welkom draad lees en hoe hulle nou gaan laaaaang kamp, toe dink ek aan jou en Colin wat terug is by die huis.    

Verlang julle nie na die kamp nie?    Jy het ook gese julle gaan dalk nog 'n maand kamp inwerk voor krismis -  is dit nog in die planne?

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 03/10/2017 - 09:09

Yep, ons gaan kamp.  Op 16 Oktober trek ons weer in by Van Stadens vir 30 nagte.  Toe ons in Maart daar was, het ons besluit om te bespreek.  Die rede daarvoor is dat ons gunsteling staanplek  nooit beskikbaar is vir 30 nagte nie.  Toe besluit ons om dit lank voor die tyd te bespreek.  Die staanplek het 'n baie mooi uitsig van die lagoen, duine en see.  Sy eie kraan, is naby die ablusie, het 'n boom en mooi gras.   Dit sal dan ons laaste kamp wees vir die jaar.  Ons is besig om te besluit waar ons wil gaan Februarie/Maart.   Op die stadium oorweeg ons Strandskloof in Gansbaai vir 'n maand, met oorslape by oorde oppad soontoe en terug.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus