Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -40 minutes ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -3 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -3 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -3 hours ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -4 hours ago

Maart 2022 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Nou ja dit is die begin van die 3de maand van 2022.

Geniet dié dag met jou oggend koffie (tee, sap).

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 07/03/2022 - 18:00

....... my afdakkie gekry en dit is 'n duifgrys kleur van materiaal presies soos my rally-dak  -  riptech canvas.

Ek gaan die paaltjies in Pretoria koop by RJC Caravan Spares in Motana, Pretoria  -  hier is dit te duur, selfs as jy dit self opmaak.  Ek sal later 'n foto van die opset neem.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 07/03/2022 - 20:20

......ek skat so 1,5m.  Ek beplan om maar die dun paaltjies met 'n skerp punt te gebruik, dieselfde paaltjies wat vir windskerms gebruik word.  Ek gaan ook die middelste een op die A-raam by die grease nipple staanmaak.  Sou die beskikbare paatjies te lank wees, kan ek dit afsaag op die regte lengte.  Ek glo nie dit is nodig om verstelbare pale te gebruik nie, want ek is maar versigtig vir nog gewig in die pale-kas.

Het jy die drie pale op dieselfde hoogte gehou of was die middelste een hoër om 'n nok te vorm ?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 08/03/2022 - 09:18

Het jy die drie pale op dieselfde hoogte gehou of was die middelste een hoër om 'n nok te vorm ?

Ek sal eerder die 22mm paal gebruik as die dun een want as die wind rof raak werk die dikker pale beter.

Ek het ook nie verstelbare pale gebruik nie en ook die middel een oor die "grease nipple" gesit en hy was effe hoër om 'n nok te vorm vir as dit reën.

Ek sal kyk waar is my pale en dit meet.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 08/03/2022 - 09:33

Dankie Willem.  Ek wag om van jou te hoor.

0

Môre vriende

Ek sien nou op Maroela media dat die myn naby Komatiepoort eers met 'n hofbevel gestop is. Hopenlik vlam die myn-versoek nie weer op nie.

Ek is altyd verdeeld oor sulke aktiwiteite. Wanneer laat mens mynbedrywighede toe, ten koste van die natuur. Wanneer moet ekologie en die natuur prioriteit kry bo ekonomiese vooruitgang?? 

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 08/03/2022 - 12:13

Wessel ek self spook baie met daai vraag!!!

Ons is so afhanklik van olie in ons pragtige land, en kan jy dink hoe lekker gaan ons leef as hulle hier ń groot loieveld ontdek?

Maar terwille van die natuur is "fracking"  in die Karoo gestop, en ook die "off shore" prospekteerdery op die kus.

Waar trek mens die streep, ek het geen ant?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 08/03/2022 - 15:22

Ek het nou myne gemeet en die twee kant pale is 1.8m.  Die middel een kan ek nie meet nie want hy het mos op die A raam gestaan.  Myne is die 25mm pype met die plastiek bo punte.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 08/03/2022 - 17:01

Jis, dit is heelwat hoër as wat ek gedink het.  Ek gaan maar by my eerste kampterrein kyk hoe hoog ek dit wil hê en dan die pale saag op die betrokke lengte.  Ek verstaan nou hoekom jy eerder die 22mm paal verkies want op daardie lengte sal dunner pale beslis knak.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 09/03/2022 - 05:00

Net om vir die vroeg-opstaners te wys ek kan ook : Goeie môre kampmaters !

Nou raak die tyd min, daar is nog net 44 dae oor om te doen wat gedoen moet word.  Onder andere is daar 5 staal skinkborde wat geverf moet word.  Die verf is al gekoop, maar ek het nog boggerol daaraan gedoen. En my PowrTouch rollers gly op die Exclusive se nuwe bande en Pine Joubert moet my nog laat weet wanneer ek die wa na hom kan bring vir regstelling.

Ons kry weer warm vandag  -  30º

Ek vertrou jy het 'n wonderlike dag soos wat ek van voorneme is om te hê.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 09/03/2022 - 06:40

Len, gelukkig het ek niks wat my sooo vroeg jaag of druk nie. 😉

Hier is dit ook bewolk en nou so paar druppels geval maar die plaveisel is klaar weer droog, hoop ons kry ook reën. 🌧

Gister praat ek met die baas (self) en besluit vandag sal ek moet gras sny, gelukkig speel die weer in my guns en sal dit moet oorstaan tot dit weer droog is. 😉

Julle moet julle dag geniet soos wat Len se voorneme is.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 09/03/2022 - 09:29

Gister praat ek met die baas (self) en besluit vandag sal ek moet gras sny, gelukkig speel die weer in my guns en sal dit moet oorstaan tot dit weer droog is. 😉

Ek het gistermiddag gesny. Soos vroeër genoem, reën dit heerlik by ons. Vanaf gistermiddag tot nou al 60mm gemeet. My swembad loop oor op die oomblik en ek kan nie backwash, agv "loadshedding". 

0

Middag vriende

Ons het Dinsdag namiddag tot gisteroggend 45mm gehad. Ek sien daar word ook vir volgende week baie reen voorspel vir Brits omgewing.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 10/03/2022 - 14:15

Goeie middag julle, klink of dit darem goed gaan met almal so tussen die visvang, karavaan pak, nuwe bakkies was en dan die gras sny ook. Ook lekker gereën hier by ons. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 12/03/2022 - 12:46

Ek sien Len sê hy is weer in die hospitaal met kolon probleme en sy "Wildtuin-trippie: hier kom probleme !"

Sterkte Len, glo julle sal dit maak KNPark toe.

Ek het vanoggend gou gras gesny, sien ons kry later die week reën.

Geniet jou sport dag verder.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus