Nou ja dit is die begin van die 3de maand van 2022.
Geniet dié dag met jou oggend koffie (tee, sap).
Middag almal van 'n nat,…
Middag almal van 'n nat, koel Heidelberg.
Aan almal op die pad vandag; veilig ry
Om is langnaweek
Môre vriende
Ek hoop die persone wat gaan kampeer het, gaan iets met ons deel. Ten minste weet ek dat die weer om Brits die bestedeel van die naweek ideaal was. Net gister wou-wou dit stuif, en het seker tente effe nat gemaak.
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Lanklaas hier kom groet, die Ford is weer op die pad en moet vandag die 3 maande se staan stof skoon gemaak word. Dan moet die karavaan ook reg gekry word vie die midweek van Sondag af by Dinokeng Resord.
Geniet julle dag voluit.
Dinokeng Resort ...
Lyk my ons kan so effe reën kry as ons van Sondag vir die week daar gaan kamp opslaan ?
GM
Goeie môre vrinne ! Die lewe is mos 'n lied (veral met sekere vooruitsigte natuurlik).
Maar soos dit mos maar gaan, as een ding breek, dan breek ander goed in sarsies van drie. Ek is al verby die die "drie" en kom toe gister agter die swembadpomp het nie op sy regte tyd aangeskakel nie. Ná ondersoek identifiseer ek die probleem : die Major Tech tydskakelaar is dood. Oopgemaak met behulp van Google leiding, sien ek daar is 'n piep-klein 3.6V batterytjie wat op 'n onmoontlike klein plekkie op die op die ewe klein moederbordjie vasgesoldeer is en die krag hiervan het afgeneem na 2V. Maar om dit daar gesoldeer te kry, is amper 'n saak van onmoontlikheid. Ek gaan nou maar gou 'n nuwe ene koop en dan gaan hierdie bankman-pensioenaris elektrisiën speel. 'n Ligte skokkie hier en daar mag dalk net my ou probleem-dermpie behoorlik wakker te laat skrik.
So lyk die mannetjie :-

Ns. Verskoon tog die slordige bedrading, dit was nie my werk nie. Dit is darem alles binne die kragbos.
Nee man .... .... Hennie -…
Nee man ....
.... Hennie - dit is lekker!😜
Ek was gister in jou valley. Oorkant Kablejoe's geëet. Ongelukkig was die familie (skoonpa hulle) saam en wou nie jou toe kontak nie. Gister uitgery Gansbaai toe maar dit was lekker besig oppad terug.
Len, ek moes ook my…
Len, ek moes ook my skakelaar nou onlangs vervang. Die nuutste MajorTech het nie daai oorbruggings koppeling aan die buitekant nie. Slegs 3 plekke waar die drade vasgemaak word. Bly egter 'n baie maklike koppeling.
Hennie...............
.....................dankie, ja ek het dit ook reeds opgemerk.
Hennie ...
... ek het 'n ou maat in Grabouw wat graag die uitdrukking gebruik en vir jou sou sê: Donnerse man!
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Nouja, besig met alerhande goed, onder-ander om die goed op die 3B reg te kry vir die week by Dinokeng. Was gister ook heel besig gewees, moet weer die geute ook skoon kry want die doring boom mors te veel maar is te groot om hom net uit te trek.
Verder geniet jou klein saterdag.
en vir jou sou sê: Donnerse…
en vir jou sou sê: Donnerse man!
Jammer, maar ek moes daai besluit neem. sal jou met whatsapp kontak.
More Kampforum lede
Goeie more Kampforum lede. As daar lede is wat dalk in die volgende paar weke by Onrus Karavaapark gaan kamp, kom maak 'n draai by Hermanus Pietersfontein se "Markie" op 'n Saterdagoggend. Behalwe vir lekker eetgoed en wyn, maak ek en 'n vriend musiek daar. Ek sal julle graag wil ontmoet en 'n gesig agter die naam sit.
Volgende paar weke???
Môre Servaas
Tot wanneer strek die paar weke, ek is eers daar in die 1ste week in Mei.
Is die Markie in die Onrus-woonwapark, of naby in die dorp?
More Wessel. Die markie is…
More Wessel. Die markie is by die Hemel En Aarde Village. Dit is nie in die Karavaanpark nie. Dit is by die Sandbaai/Hemel en Aarde robot. Ons speel elke Saterdag daar tensy ek gaan kamp.
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Het gister die "C rail" agter op die 3B gesit vir die afdakkie om die son te keer. Oom vir my 'n auto fol maak bak gemaak. Gaan vandag die "gazebo" se kant wat ek op die Exclusive verander om op die 3B se "rally" te gebruik want die 3B se "rally" het nie 'n zip om hom aan te zip nie. Dan moet die 3B gewas word, voel al beter om nou weer aandag aan die kamp goed te geen omdat die Ford weer op die pad is.
Geniet jou dag verder.
Alfa Romeo
Hello vriende
Ek dog ek was van die weiniges wat Alfa gery het.
Len: Jip, jy is reg, die fabriek was op Brits.
Dit was sekerlik nie die mees betroubare kar nie, maar o genade daai ding het drange wakker gemaak in 'n mens.
Ek dink dit was ander voertuie jare vooruit. My Alfetta het 'n 5 spoed ratkas gehad, en dit het agter gesit om die gewigsverspreiding te verbeter. Dan het dit ook 'n hand petrol gehad. As jy jou snelheid bereik het, het jy die hefboompie getrek, tot dit die petrolkabel hak en vashou. Dan kan jy maar jou voet afhaal en laat rus.
Die ander Alfa's wat my laat kwyl het, was die 2l Super en die 3l GTV spider.





GM almal. Dit is warm hier…
GM almal. Dit is warm hier in die Kaap.